Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
31 May 201030 May 2010

Verjaarsdag, 31 Mei: T.T. Cloete

TT Cloete
TT Cloete

T.T. Cloete, een van ons mees senior digters – in jare sowel as in statuur – vanjaar vandag. Mag hierdie nuwe lewensjaar ‘n produktiewe jaar wees, Professor. En natuurlik, mag u veel vreugde en goeie gesondheid geniet …

Vir die plesier van u vele lesers plaas ons die gedig uit u verskamer hieronder.

Vriendelike groete,

Marlise & Louis

 

Identiteit

 

Tongues are separated by words,

The natures of persons as well;

And their skins are made different

So you can distinguish the peoples.

(“Achnaton’s Hymn to Aton”, vert. J.L.Foster.)

 

Praat is menslik, maar vir mekaar

is ons soos die diere as ons praat

onderling onverstaanbaar.

 

Party kyk met amandels, party skreef

horisontaal, ander is skeel

of die oë lê soos die wolf s’n skeef.

Snaaks, ons almal, aan die mossie verwant,

is bipedies, maar elkeen met sy eie trant.

 

Duisende ander dinge onderskei

ons van mekaar. Tog weer, aan die ander kant,

op dieselfde manier berei

is almal se uitskot ‘n houtbruin brei

met dieselfde afstootlike geur.

Deur die chemie van die nier

het almal se urine die kleur

van goed gebroude Black Labelbier.

En dan veral, hoe die variasies ook varieer,

ons gryns as ons huil en treur

dieselfde sout en speeksel … Die variasies

wat die reënboog ekstrapoleer

varieer op die tema van die nasies …

 

Dié winddun asempie: identiteit,

ons raak dié glibberige ding eenders kwyt.

Almal slaak dit met ‘n laaste sug

en stort dan in die oer-Een terug.

 

Haal ons die ideaal

!ke e: /xarra //ke

volmaak alleen as ons ophou asemhaal?

 

 

Uit: Versindaba 2007 , Marlise Joubert [samesteller], Protea Boekhuis, 2007

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Joan Hambidge. Kerstyd 2024
  • Joan Hambidge. The upturn palm
  • Albi Prinsloo. Verlossing
  • Retha van Deventer. ekwilibrium
  • Hennie Maartens. Water

Nuutste bydraes

  • Elmarie Nienaber Van Kampen. trapklip no 12
  • Nuwe bundel van Miel Vanstreels
  • Marthé McLoud. 31 Desember 1997
  • AVBOB Persverklaring
  • Digtersprofiel: Daniel Hugo

Nuutste kommentaar

  1. Rina Cascione on Nini Bennett. My Octopus Teacher5 December 2025

    'n Allerlieflike gedig oor 'n wonderlike dokumentêr. Dankie Nini! Jy het dit met soveel verbeelding vasgelê.

  2. Johan on Sanette Scheepers. Vrykoop5 December 2025

    Ek hou daarvan en ek verstaan die inhoud.

  3. Ben Nel on Andrea Sieberhagen. Ontsnapping5 December 2025

    Andrea, jy is ‘n rots Baie dankie vir jou bydrae tot die samelewing! Groete Ben

  4. Schalk Botha on Andrea Sieberhagen. Een helder ster4 December 2025

    Dis dalk nie die beste aand om hierdie impakvolle gedig te lees en te bedink nie; veral om uit ‘n…

  5. Marthé McLoud on Johann Lodewyk Marais. Johann de Lange in Sunnyside en Pretoria.3 December 2025

    Ek geniet die artikelreeks oor Johann verskriklik baie. Baie interessant. Dankie daarvoor.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d