Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
2 June 20102 June 2010

Joan Hambidge. “gom uit die sipres” (Fanie Olivier)

Fanie Olivier
Fanie Olivier

My blou bundeltjie van Fanie Olivier se lieflike debuutbundel Gom uit die sipres is met plastiek oorgetrek. Buite-om is die prysomslag: ‘n manuskrip van hierdie bundel is bekroon met die Reina Prinsen Geerligs-prys in 1971 en binne-in is daar ‘n foto van die digter wat ek uitgesny het van ‘n jong, laggende Stefaans Olivier. My naam in blou in ‘n ronde vetskrif met die datum: 1975. My eerstejaar aan die US. Die prys: R3, 50.

Die waarde van hierdie bundel: duursaam – prysloos.

Daar is min bundels wat so met my gepraat het as hierdie debuut van Olivier. Dat so ‘n jong mens ‘n stem kon hê, het my aangegryp. Boonop het ek gevoel dat hy alles presies verwoord soos wat ek as ‘n jong mens gevoel het. En die surrealistiese gedig “vroeë mis” (10) het ek uit my kop uit geken. Daardie eekhorinkies wat die verakkerde tone wegdra, het dae lank by my gespook. En die spel met Totius kon ek via my blou Groot Verseboek-uitgawe ook opspoor, lank voordat intertekstualiteit ‘n mode-woord was. Veral die gevoel dat hierdie digter nie bang was om sosiale ongerymdhede aan te spreek nie, het my ook aangespreek. Sy trefseker verwoording van jeugdige melancholie en nostalgie het my verder bekoor. Soos ook die gedig “jeugliefde” (34) waar die spreker bely:

 

maar ek sal bewend oor ons stil geheim die fraai

blou petrea tot blink helikopters draai.

 

In my bundeltjie is daar regmerkies en aantekeninge in die kantlyn met ‘n potlood. “Hebban olla vogala” (30) kan ek steeds opsê:

 

lief lief

ek tree die ringmuur wit-wit

af; staan by die hek

en sien die duiwe parend

op die gewel sit:

het alle voëls hul nessies reeds begin lief lief

behalwe jy en ek?

 

En die gedig “eerste aand” (25) bly maar ‘n klein klassiek in Afrikaans, net soos “kyk god ek bou vir jou ‘n katedraal”(24) ‘n gedig wat my nooit verloor het nie, al het ek later in daardie einste 1975 my geloof verloor, begin dobbel met die Eksistensialisme, die NG-Kerk verlaat het weens hul diskriminasie teen mense soos ek. Genadiglik toe ek later, via die Boeddhisme, weer kon terugkeer na die spirituele, het hierdie gedig voor my opgedoem:

 

kyk god ek bou vir jou ‘n katedraal

met my gebarste oë en vingertoringpunte

wat 18 duim kan oorhel in die wind.

kyk god ek gaan vir jou my visnet haal

 

om mense mee te vang en met die taal

te huisves in die baiewoningskerk.

(…)

 

En die digter blokkie met sy raket se snare ‘n klein dorpstoneel.

Die liriese aard en binnespraak het my altyd bygebly:

 

bring die doek en bring die kis

ons kyk die hele lewe mis (15)

 

Daar is maar een Stefaans Olivier en met sy suiwer debuut het hy die jongmensellendes vir my verklank. Die hel is nie ander mense nie. Die hel is ‘n plek sonder digters soos Olivier.

 

Joan Hambidge

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Digstring: Joan Hambidge. In die skadu van Machu Picchu
Joan Hambidge. Sokker →

3e gedagtes oor “Joan Hambidge. “gom uit die sipres” (Fanie Olivier)”

  1. Desmond Painter says:
    16 June 2010 at 17:52

    As ek reg onthou is daar ‘n baie mooi stuk oor Gilliland in Ernst van Heerden se ewe mooi Ligtende Trein.

    Reply
  2. Joan Hambidge says:
    16 June 2010 at 02:33

    Ek is self ‘n Barnard Gilliland-bewonderaar. Ek onthou weer iets soos “orals waar ek my voet sit is water”, of soiets. Van Wyk Louw het hom ook as ‘n belofte beskou.

    Reply
  3. soetlief says:
    12 June 2010 at 13:35

    Is dit nou nie verfrissend dat een digter ‘n ander soveel lof toeswaai nie? Paais en vree in die tempels van die hogere digkuns, gespel met of sonder die omklink.
    Hoe ook al, dit het my herinner aan ‘n ander debuutbundel waarop ek graag ‘n kransie sal wil lê: Veelhoek van Barnard Gilliland. Dit het verskyn geruime tyd voor Breytenbach se Ysterkoei ons so laat sweet het.
    Vir my was hy die begin van Sestig.
    Hy het ondigterlike gegewe (as daar so iets is) tot gedigte omskep. Hy het my met nuwe oë laat kyk na die mense en veral die gesaghebbers rondom my en die worsteling van elke jongmens met skyn en werklikheid verwoord:

    My jeug ook was ‘n leuen,
    ‘n gladde blinkgeslypte leuen, ge-olie en snelglippend deur my dae.
    Ek weet dat alles ongenadig lieg…

    en wat daarop volg.

    Of hy soos Brink later, deur Hart Crane beïnvloed is, sal ek nie weet nie:

    Dan vlag die koerant oop en wapper
    oor ons eeu ‘n oomblik in die wind
    deur die busvenster.

    Sy haikoes onthou ek vandag nog uit my kop.

    Die dae spyker my hart aan ‘n deurkosyn,
    en saans hang ‘n roesrooi Afrikaner
    wolkloos aan sy stingel.

    Onthou hierdie debuutbundel uit ‘n ander bestel en dink aan ‘n talentvolle lewe wat kortgeknip is in hierdie jubeljaar.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d