Desmond Painter. Ferlinghetti se bofbalgedig

Ferlinghetti

Ferlinghetti

Ek het gister belowe om vanoggend ‘n sportgedig deur Lawrence Ferlinghetti op hierdie blog te plaas. Ferlinghetti is natuurlik nie spesifiek bekend vir gedigte oor sport nie, maar hy het ten minste een klassieke gedig oor bofbal geskryf. Ag, eintlik handel sy “Baseball Canto” oor soveel meer as bofbal… Dit is myns insiens ‘n briljante gedig oor die ineengevlegtheid van sport en politiek, sport en ideologie, en sport en verskillende soorte maatskaplike identiteite en aspirasies. En aan die ander kant gebruik Ferlinghetti sport en bofbal bloot as metafoor vir ‘n besinning oor kultuurpolitieke kwessies in die VSA van sy tyd. Lees maar self:

 

Baseball Canto – Lawrence Ferlinghetti

Watching baseball, sitting in the sun, eating popcorn,
reading Ezra Pound,
and wishing that Juan Marichal would hit a hole right through the
Anglo-Saxon tradition in the first Canto
and demolish the barbarian invaders.
When the San Francisco Giants take the field
and everybody stands up for the National Anthem,
with some Irish tenor’s voice piped over the loudspeakers,
with all the players struck dead in their places
and the white umpires like Irish cops in their black suits and little
black caps pressed over their hearts,
standing straight and still like at some funeral of a blarney bartender,
and all facing east,
as if expecting some Great White Hope or the Founding Fathers to
appear on the horizon like 1066 or 1776.
But Willie Mays appears instead,
in the bottom of the first,
and a roar goes up as he clouts the first one into the sun and takes
off, like a footrunner from Thebes.
The ball is lost in the sun and maidens wail after him
as he keeps running through the Anglo-Saxon epic.
And Tito Fuentes comes up looking like a bullfighter
in his tight pants and small pointy shoes.
And the right field bleechers go mad with Chicanos and blacks
and Brooklyn beer-drinkers,
“Tito! Sock it to him, sweet Tito!”
And sweet Tito puts his foot in the bucket
and smacks one that don’t come back at all,
and flees around the bases
like he’s escaping from the United Fruit Company.
As the gringo dollar beats out the pound.
And sweet Tito beats it out like he’s beating out usury,
not to mention fascism and anti-semitism.
And Juan Marichal comes up,
and the Chicano bleechers go loco again,
as Juan belts the first ball out of sight,
and rounds first and keeps going
and rounds second and rounds third,
and keeps going and hits paydirt
to the roars of the grungy populace.
As some nut presses the backstage panic button
for the tape-recorded National Anthem again,
to save the situation.

But it don’t stop nobody this time,
in their revolution round the loaded white bases,
in this last of the great Anglo-Saxon epics,
in the territorio libre of Baseball.

Bookmark and Share

3 Kommentare op “Desmond Painter. Ferlinghetti se bofbalgedig”

  1. Marlise :

    Dis ‘n goeie vers! Wens Ferlinghetti kon ‘n vers skryf oor my waarnemings vanoggend. Ek vat die pad na die Verkeersdepartement om my motorlisensie te hernu. Alles gaan alte jollie daar, want daar is spinternuwe masjiene wat al die werk vir hulle doen. Oogtoets: Met ‘n tipe Playstation stangetjie druk jy net links,regs, op of af om te bevestig in watter rigting die groot E gedraai is op die skerm. Daarna weer aan watter kant die wit liggie flits. Alles is reg, my oge getoets en hulle is perfek. [As hulle maar weet dat ‘n boom soms vir my soos ‘n koei lyk…] Ek moet ‘n vingerafdruk gee deur op ‘n klein boksie te druk wat dit nou gaan afneem vir die rekenaar. En wat op die nuwe lisensie gaan kom. Hy laat my in alle rigtings die duim indruk, maar die rekenaar wil niks registreer nie. Hy merk my pampiere met ‘No print’ en sêg dis alles okei, die duimafdruk is eintlik nie so belangrik nie.
    My aansoek slaag dus, ek betaal die fooi en sal nou 6 weke lank wag vir die nuwe een. Oppad terug ry ek verby motors met wapperende vlaggies bo die dakke, op die stertkante, op die voorkante. Elke derde motor het ‘n langsvlag op! Gelukkig hoor ek geen vuvuzelas nie. En sommige het boonop sulke vlag-jassies wat oorgetrek word op die truspieeltjies langs die deure. Is daar regtig poetry in die voetwerk van sokker? Want so lees ek iewers op die internet – iemand verklaar sy passie vir sokker en meen dis alles absolute suiwer poësie. Maar al waaraan ek kan dink is die miljarde wat gemors word op ‘n titaniese absurde euforie wat nie lank gaan duur nie en stadions wat later dolleeg gaan staan. En kindertjies wat iewers in krotte slaap met of sonder ‘n kombers, met honger magies droom oor ‘n mooi huis eendag, eendag…Ek sou veel eerder hierdie miljarde wou sien gaan vir die armes, die werkloses, die verhongerdes.
    Is ek die enigste een wat so dink?

  2. Desmond :

    Marlise, eerstens: ek het ook daar my lisensie gaan hernu, en ek is bly om te kan skryf dat klokslag, ses weke later, was dit gereed vir my om te gaan afhaal. Selfde ding met my paspoort; lyk my daardie soort dienslewering raak beter, of ten minste dan in Stellenbosch.

    Wat die sokker WB betref, ek het gemengde gevoelens. Dit is moeilik om nie ‘n klein bietjie opgesweep te word deur die hype en die spektakel van dit alles nie, maar ja: dit is ‘n immorele mors van geld. En ergste van alles, wanneer die tydelike werksgeleenthede wat nou geskep word oor ‘n maand of wat weer opdroog, betaal die arme Somaliers en Malawiers weer met hulle liggame en hulle lewens daarvoor. Ons het mos nou weer genoeg nasionalistiese sentiment opgewek vir xenofobie om sy nare gesig te wys…

    As ‘n mens internasionale solidariteit deur middel van sportgeleenthede wil bevorder, waarom kan ons nie dink aan “sustainable sporting events” nie? Dit hoef mos nie te ontaard in ‘n kapitalistiese orgie nie?!

  3. Marlise :

    Ja, Desmond, lyk my tog dienslewering in hierdie Bos het verbeter… ek het toevallig ook 3 weke gelede my nuwe paspoort ontvang, presies na 6 weke soos hulle belowe het. Natuurlik geniet ons almal so bietjie die ‘groot kleurvolle show’ van ‘n opening soos hierdie WB sokker. Nuuskierig is ek ook immer. Maar ek kan onmoontik ooit meegaan met die miljarde wat hierop spandeer word nie! Ons is ‘n derdewêreldse land met ontsaglike sosio-politieke probleme wat juis nou ten alle koste voorkeur moes gekry het. “Sustainable sporting events” soos jy noem – ja, daarmee kan ek akkoord gaan!

  •