Andries Bezuidenhout. Toe ek nog ʼn emo kid was

Oraait, daar was nie emo kids in 1990 nie. Dis die jaar toe ek Stellenbosch toe verlang het. Twintig jaar oud. Nóg ʼn prent uit die stapel papiere uit my jeug dus. Ek was toe ʼn eerstejaarstudent in die lettere en soos enige ernstige student het ek Nietzsche gelees – in vertaling, helaas. Ek het steeds nie veel van Nietzsche verstaan nie, maar darem ʼn pretensieuse aanhaling of twee kon opspoor vir ʼn emo prent, omdat ek so verskriklik verlang het. Oor sommige goed kan ek nie skryf nie, net teken. Soos woorde, moet ʼn mens seker maar jou inkpen ook beheer, sodat die hart nie so kaal op die mou klop nie. Jare later, dink ek, is ek egter bly dat ek iets daarvan op die papier kon neersit – swart ink op papier en gesmeer deur ʼn vinger voel spoeg. In 1990 het ek met ʼn swart tong rondgeloop. Beat that, emo kid!

Bookmark and Share

Een Kommentaar op “Andries Bezuidenhout. Toe ek nog ʼn emo kid was”

  1. Bibi :

    ek hou van die prentjie, andries… ek dink ek kwalifiseer nog so semi as ‘n kid – so dis my verskoning.

  •