Desmond Painter. David Trinidad se popkultuur verwysings

David Trinidad

David Trinidad

David Trinidad, ‘n Amerikaanse digter wat in 1953 gebore is en sedert sy debuut in 1981 al by die 15 solobundels gepubliseer het, fassineer my op die oomblik met sy gebruik van popkultuur verwysings. Wat my veral opval, is dat Trinidad dikwels nie op die (by nabetragting) belangrike momente en kultuurprodukte van ‘n era (dikwels die 1960s) fokus nie, maar juis op die skynbaar banale gebeurtenisse, TV-reekse en liedjies, wat nogtans die klankbane van ons lewens geword het. Dinge wat ons nou op ‘n ironiese afstand betrag, maar wat nogtans, en dikwels nostalgies, as geheue-objekte funksioneer; dinge wat ‘n verbygegane era en verlore ervarings beliggaam en op ‘n manier herhaal (en so tydelik bestendig), soos die refrein van ‘n popliedjie. As Trinidad in SA gewoon het, sou hy seker oor Pop Shop, Het van Verlangekraal en Noot vir Noot geskryf het! In ‘n resensie van sy bundel The Late Show wat in die New York Times verskyn het, skryf die resensent dat kitch vir Trinidad funksioneer as “muse, source of ironic consolation, lens through which all experience passes.” Hy is in ‘n sekere sin dan ook die meester van die gemedieerde ervaring — deur ‘n natuurgedig te skryf, byvoorbeeld, wat volledig bestaan uit rolprenttitels…

In die gedig wat ek vanoggend plaas maak Trinidad baie effektief gebruik van die herhalende versvorm, die pantoen (dis my eie vertaling: ek weet nie hoe mens “pantoum” in Afrikaans spel nie, en my woordeboek en Literêre Terme & Teorieë het nie vanoggend gehelp nie…). Die pantoen bestaan uit ‘n reeks kwatryne waarvan die tweede en vierde versreëls van elke voorafgaande kwatryn telkens as die eerste en derde reëls van die daaropvolgende herhaal word. Die titel van die gedig, “Movin’ with Nancy”, is ook die titel van ‘n TV-reeks wat in die 1960s in die VSA uitgesaai is. “Nancy” is natuurlik Nancy Sinatra. Ek dink dit is ‘n pragtige gedig!

 

Movin’ with Nancy – David Trinidad

It is almost time to grow up
I eat my TV dinner and watch
Nancy Sinatra in 1966
All boots and blonde hair

I eat my TV dinner and watch
The daughter of Frank Sinatra
All boots and blonde hair
She appears on “The Ed Sullivan Show”

The daughter of Frank Sinatra
She sings “These Boots are Made for Walkin'”
She appears on “The Ed Sullivan Show”
The song becomes a number one hit

She sings “These Boots Are Made For Walkin'”
She sings “Somethin’ Stupid” with her father
The song becomes a number one hit
She marries and divorces singer/actor Tommy Sands

She sings “Somethin’ Stupid” with her father
She sings “The Last of the Secret Agents”
She marries and divorces singer/actor Tommy Sands
She sings “How Does That Grab You, Darlin’?”

She sings “The Last of the Secret Agents”
She sings “Lightning’s Girl” and “Friday’s Child”
She sings “How Does That Grab You, Darlin’?”
She sings “Love Eyes” and “Sugar Town”

She sings “Lightning’s Girl” and “Friday’s Child”
She puts herself in the hands of writer/producer Lee Hazelwood
She sings “Love Eyes” and “Sugar Town”
She co-stars with Elvis Presley in Speedway

She puts herself in the hands of writer/producer Lee Hazelwood
Three gold records later
She co-stars with Elvis Presley in Speedway
She rides on Peter Fonda’s motorcycle

Three gold records later
She has developed an identity of her own
She rides on Peter Fonda’s motorcycle
The wild angels roar into town

She has developed an identity of her own
Nancy Sinatra in 1966
The wild angels roar into town
It’s almost time to grow up.

Bookmark and Share

4 Kommentare op “Desmond Painter. David Trinidad se popkultuur verwysings”

  1. Joan Hambidge :

    Pantoem of pantoen (wisselvorm). Jou reis na Kuba het wonderlike herinneringe vir my teruggebring. Wat ‘n plek.
    onlangs die vers geskryf:

    Kuba

    ‘n Ballade

    In Kuba op soek na die Buena Vista Social Club
    loop ek my vas in agterstrate
    waar vroue sit met haarkrullers
    gemaak uit bruin toiletrolle,
    en ou Chevs uit die vyftigerjare
    soos haaie deur die strate swenk.

    In Kuba op soek na die Buena Vista Social Club
    troef deurskynende waters en die Cayo Coco,
    die Jardines del Rey
    die reisiger se T-hemp waarop ‘n jong Che
    neffens Hemingway
    soos sterjagters pronk.

    In Kuba op soek na die Buena Vista Social Club
    slingerswaai sigaarrook
    – hei, dis Havana dié – uit ‘n Fidel Castro-ewebeeld
    se opgetofde bitterbek so Spaans, Havaans
    soos ‘n bitterboon verbou langs twak
    op ‘n mitiese, verseëlde eiland.

    L’envoi

    In Kuba deur Wim Wenders verlei
    lig ek ‘n daiquiri
    (“’n Druppel gal in die soetste wyn”)
    en sien die mengelmoes
    van Spaanse style:
    kreools en beslis nie meer gekoloniseer.
    Op jou Havana:
    stad van die latter-day!

    Joan Hambidge

  2. Desmond :

    Dankie, mooi gedig. Ek hou baie van: “op ‘n mitiese, verseëlde eiland.” Inderdaad ‘n plek wat ‘n mens gryp en nie sommer laat los nie. ‘n Teenstrydige plek. Dit is baie maklik vir my om dit te romantiseer; dit is immers so wonderlik om net in daardie warm (op soveel maniere) strate rond te loop, maar ‘n mens moet ook seker die “hardship” nie ontken nie. Ek het net na my terugkeer destyds Pedro Juan Gutiérrez se Dirty Havana Trilogy gelees: dit is regtig die moeite werd, ‘n drieluik vol grit en hopeloosheid. Maar aan die ander kant is daar Silvio Rodriguez se musiek, die revolusie se sagsinnigste troebadoer, ‘n Latyns-Amerikaanse ikoon en nog steeds ‘n ondersteuner van die Castros. Ek moet nog ‘n blog oor hom skryf; het toevallig ‘n paar van sy CD’s daar gekoop en eers later besef hoe beroemd en geliefd hy is in die Spaanssprekende wereld. Miskien moet ‘n land nie net gemeet word aan sy aakligste realiteite nie, maar ook aan sy grootste drome en beloftes. Soos ons tog met die VSA maak…

  3. Joan Hambidge :

    Ek het tuis gegaan in die Hotel Inglaterra en elke middag het ‘n orkes heerlike Spaanse musiek op die stoep gespeel.
    Die besoek aan die Hemingway-huis was vir my ‘n hoogtepunt nes die kroeg-roetes wat rondom hierdie groot skrywer gevorm is.

  4. Desmond Painter :

    Joan, ‘n lekker ‘whodunnit’ (maar wat ook eintlik veel meer is as ‘n blote ‘whodunnit’) wat rondom die figuur Hemingway en die Hemingway-huis in Kuba afspeel, is Leonardo Padura Fuentes se Adios Hemingway. Ek beveel dit aan!

    Ek het nie in ‘n hotel gebly nie, maar in ‘n privaatkamer in ‘n Kubaanse paartjie se huis. Ek het elke oggend ontbyt gekry en kon kies of ek saans saam met hulle wou eet, of in die stad. Hulle het ‘n kragopwekker gehad, so wanneer die krag afgegaan het het die res van die straat almal met hulle ketels opgedaag om te kom water kook! Verskriklike vriendelike mense, veral nadat ek geleer het om ferm ‘nee’ te s^e wanneer elke tweede persoon sigare aan my wou verkoop op straat…

    Ek het ook die koffie in Kuba baie lekker gevind, en het ongeveer ‘n jaar se voorraad saamgebring. Ek verlang nou nog na daardie koffie. Dit was egter nie so goed soos die koffie wat ek op die lughawe in Panama gekoop het nie. Dit was gewoon hemels. Glo omdat dit baie hoog bo seevlak teen die hellings verbou word.

  •