
My vorige inskrywing op hierdie blog het gehandel oor die Amerikaanse digter en skrywer Dennis Cooper. Benewens sy eie skryfwerk is Cooper ook bekend vir die tydskrif Little Caeser. Dit word op Cooper se webblad beskryf as ‘n “literary journal with an anarchist, punk rock spirit.”
“From its humble beginnings as a skinny, low-tech zine dominated by poetry, it grew into a book sized magazine featuring poetry, fiction, portfolios of art and photography, essays, special theme issues, and interviews with a wide range of writers, artists, and pop culture figures (ranging from teen idol Leif Garrett to musicians like Johnny Rotten and Gram Parsons to porn director Toby Ross, to name but a few).”
Daar het altesaam twaalf uitgawes van Little Caeser tussen 1976 tot 1982 verskyn. Met bydraers wat Andy Warhol, Lou Reed, Nico, Debbie Harry en Brian Eno ingesluit het, is dit seker nie vreemd dat hierdie uitgawes vandag versamelaarsitems is nie. Volgens Cooper se webblad: “These days, issues of Little Caesar are highly sought after and have sold on the collector’s market for as much $800.” Cooper se inleiding tot Little Caeser 1 laat my nogal dink aan Loftus Marais se “Die digter as rockster”, en aan die besprekings oor die verhouding tussen die digkuns en rockmusiek in Afrikaans wat daarop gevolg het:
“I have this dream where writers are mobbed everywhere they go, like rock stars and actors. A predilection? You never know. People like Patti Smith are subtly forcing their audiences to become literate, introducing them to Rimbaud, Breton, Burroughs and others. Poetry sales are higher than they’ve been in fifteen years. In Paris ten year old boys clutching well worn copies of Apollonaire’s ALCOOLS put their hands over their mouths in amazement before paintings by Renoir and Monet. Bruce Lee movies close in three days. This could happen here.”
Daar is ook niks nuut onder die son nie! In elk geval, vir diegene wat in kultuurfenomene soos Amerikaanse little mags uit die 1970’s belangstel, is daar goeie nuus: Jy het nie $800 nodig om jou hande op Little Caeser te kry nie. Jy kan ‘n hele paar van hulle in pdf-formaat hier besigtig en aflaai, op Cooper se webblad. Hier is ook sommer nog een van Cooper se gedigte; ‘n heel gepaste een, dink ek, siende ons vanoggend rondgedwaal het in ‘n amper vergete, heel marginale argief:
Time is a construct – Dennis Cooper
Invented so we wouldn’t miss
mass and meals,
births and bombing raids,
weddings and wakes,
meetings and monied accounts.
What is time?
A false finite; a blasphemy on forever.
Ek sal die BY-artikel in die hande kry en die skakel hier plaas.
Mis-dade in ‘n vorige lewe noop my tot die momnaam. Boonop is dit meer akkuraat; my ouers kon tog nie weet dat ek ‘n wysneus nie.
Ek sou graag die BY artikel wou lees. Is dit beskikbaar iewers op hierdie wêreld-wye-spinnerak? ‘Regs’ is natuurlik nie orals dieselfde nie. Afrikaanse, Amerikaanse, Engelse en Russiese regses is verskillende dinge.
Linkses is linkses is linkses. (glimlag, knipoog)
Hehe! Ek weet nie wie jy onder jou vermomming is nie, maar as jy op Saterdae BY in die hande kry het jy seker laasweek die artikel oor links en regs geniet?
As mens dit ‘n rympie noem, ipv ‘n gedig, dan stel jy jouself nie bloot aan kritiek nie. Jy kan sê, ag dis net ‘n rympie. Dit rym nou wel nie, so ek noem dit ‘n pie.
Aangaande jou voorstelle, miskien:
…and if right is wrong,
then before you know it
there is nothing left
to redistribute
except redistributed
redistributions,
redistributed
forever
en dalk ‘n einde wat klink soos:
“…but right is wrong,
and before you know it
there is nothing left.”
Inderdaad, Carina. Wysneus, is dit jou gedig? Miskien moet jy dan “good” en “evil” vervang met “left” and “right”, in daardie volgorde. Net ‘n voorstel!
Time is a construct.
Constructed to give to us
knowledge of good and evil,
the hard way.
But before you know it,
time is up.
stunning slotreël!