Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
30 August 20106 September 2013

Desmond Painter. Die dood van die flâneur

I

Terug in my hotelkamer (in Notting Hill) na ‘n dag van baie stap. My voete en my bene pyn behoorlik. Ek het ‘n vae idee gehad van waar ek heen wou loop (van Bloomsbury na Trafalgar Square; van Trafalgar na die Tate Modern; van die Tate na die Southwark Cathedral; van Southwark met die moltrein na Islington, om dan daar redelik doelloos maar deeglik te eksploreer). Nie net het ek die afgelope twee dae groot afstande per voet deur die stad afgelê nie, maar sekerlik ook kilometers opgestapel deur van een uitstalkamer na ‘n ander te loop in die National Museum en die Tate Modern.

 

II

I wander thro’ each charter’d street,

Near where the charter’d Thames does flow.

And mark in every face I meet

Marks of weakness, marks of woe.

(William Blake, uit London)

 

III

Dit bly ‘n voorreg om die bekende skilderye van Vermeer, Rembrandt, Monet, Picasso ens. te kan sien (reproduksies in boeke is maar net nie dieselfde nie: jy moet die kwashale kan síén) maar daar is ook so baie wat vir my totaal nuut is – veral in die manjifieke Tate Modern. ‘n Stel skilderye wat my vandag besonder getref het, is die Duitse kunstenaar Gerhard Richter se post-ekspressionistiese reeks Cage (1-6). Dit bestaan uit ses groot doeke (seker amper 3mx3m) waarop die skilder laag op laag verf eers aangebring het en dan telkens weer deels afgekrap het, om sodoende verrassende en onbeplande patrone en kleurskakerings te onthul. Die reeks is na die Amerikaanse komponis John Cage vernoem omdat Richter, soos Cage, probeer werk met kans en toevallige kombinasies. Hier is ‘n interessante aanhaling deur Richter: “I don’t know what I want; I am inconsistent, non-committal, passive; I like the indefinate, the boundless; I like continual uncertainty.”

 

IV

 

Dansend in Londen
Dansend in Londen

 

 

V

Besef pas ek het nog nie ‘n geprek met ‘n ander mens gevoer sedert ek Vrydagmiddag in Stellenbosch vir Claire totsiens gesê het nie. Ek praat nou nie van interaksies met kelners en so aan nie, maar van werklike gesprekke. Dit is asof ek vastend is. Ek is besig met ‘n gespreks-detox. Almal het dit nou en dan nodig. Almal moet soms ‘n vreemde stad invaar. Of ‘n bekende stad herontdek. Laat jouself meesleur deur die skares; soek die stil strate op waar jy jou voetstappe kan hoor op die teer; hou mense dop met nuuskierigheid en ‘n vrygewige verbeelding. ‘n Stad is meer as monumente en museums. ‘n Stad is mense en mobiliteite, al die miljoene trajekte van weggaan, besoek en tuiskoms, al die vullis en  verdwaal, al die eenselwighede en al die skitterende klein verrassings.

 

VI

Op die oewer van die Teems
Op die oewer van die Teems

 

 

VII

“Not to find one’s way in a city may well be uninteresting and banal. It requires ignorance – nothing more. But to lose oneself in a city – as one loses oneself in a forest – that calls for quite a different schooling. Then signboards and street names, passers-by, roofs, kiosks, or bars must speak to the wanderer like a cracking twig under his feet, like the startling call of a bittern in the distance, like the sudden stillness of a clearing with a lily standing erect at its centre.” (Walter Benjamin)

 

VIII 

Protesaksie in Londen
Protesaksie in Londen

 

IX

In ‘n land soos ons s’n, Suid-Afrika, met sy gebrekkige openbare vervoer, dikwels onderontwikkelde (en gerassifiseerde) openbare ruimtes en endemiese geweld, is hierdie soort stappende toe-eiening van ‘n stedelike ruimte, die terugdwing van stedelike ruimte tot ‘n (mede-)menslike skaal, hoegenaamd moontlik? Of is hierdie net ‘n eurosentriese nostalgie?

 

X

Hy’s glo getref deur ‘n dwaalkoeël –

maar wie weet uit watter geweer?

Daar op die sypaadjie in ‘n poel

bloed lê hy: die flâneur.

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Andries Bezuidenhout. Die geskiedenis se engel
Desmond Painter. Boulez, oorspronklikheid en tradisie →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Elisma van Zyl. Tydloos
  • Paul Kloppers. hemelrog
  • ND Cronjé. navigasie
  • Digtersprofiel: Vincent Oliphant
  • ND Cronjé. wiskunde

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d