Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
26 September 201016 May 2011

Charl-Pierre Naudé. Halleluja-blues vir Mzansi

 

Halleluja-blues vir Mzansi

 

Suid-Afrika,

jy probeer te hard.

 

Waarom nie terugstaan

dat almal op grond kan loop wat nie jy is nie

of kamstig aan jou behoort?

Waar op dees aarde

kom jy aan jouself? Skei uit, man.

Ons het opgehou om jou raak te sien.

Jy vra te veel.

Jy dink iemand praat met jou.

 

Jy is in die pad.

Gedurig is daar mense wat in jou vasloop.

Maar dis jy wat moet bes gee, dis jy, dis jy.

 

Jy is ‘n hangkas vol pruike uit ‘n nare droom.

En jy noem jouself ‘n samekoms?

Vaderland!

Jy is ‘n rinkelende, toeterende, murmererende

side-show

op ‘n Saterdagagtermiddag.

Weliswaar, ekstaties.

Maar dis wanneer ek slaap;

waarom sal ek myself laat tsjap met jóú?

 

Maar laat ek jou bedank.

Dis jy wat my die suiwerste, onverdunste, hoogste,

nee, swewendste, mees suurstof-ontdane ervaring

van my lewe besorg het:

Uitputting.

Waar de fok is jou diepte?

Sit gerus ‘n duiklong se prop in jou mond

as jy volgende keer praat,

dan sal iemand jou dalk eendag verstaan.

 

Jy is ‘n nar, man,

tienduisend narre.

Jy is die varke van Gadara

(gepraat van meerderheidsregering).

Jy is niks meer as ‘n pampoenspook

maar sonder wete

van pampoenspoke se oorsprong.

Dus, minder as jouself.

Dit sê iets van jou rigting.

 

Mzansi,

jy dink iemand praat met jou.

Dis tyd vir ophou komplimente kry,

nie waar? (Verskoon laasgenoemde woord

wat so sleg by jou pas.)

Iémand word daarvoor

onder die tafel betaal.

 

Hoor hier,

jy dink iemand praat met jou.

Maar dis nie ek nie.

 

Jy’s g’n eers ‘n Playstation-weergawe

van patria nie.

Ek hoop die krag sny uit.

Jy, jý: Sny uit!

Dan het ons minstens

dit wat ons is:

swart Afrika.

 

(En noem my nou net eenmaal, éémaal

rassisties, as jy kan.)

 

Jy dink iemand praat met jou,

Mzansi?

Suster?

 

Hoor iemand

die veraf gesug van die vertrapte eiertjies?

En die vlieërs

aan toutjies, hul hoopvolle kleure, 

waarmee ons land gehardloop het op haar kleintydse verjaardag?

Dit het nooit teruggekom aarde toe nie.

 

Die handpalmgrootte vlammetjies wat ons

in die optogte

in die vleesblakers van ons hande vasgehou het,

rue teen die verlede in gedraai,

koesterend, koesterend teen die wind?

‘n Soort heilige Mis was dit;

 

suisend natgereën nou in albei hande,

soos gestorwe troetelmuisies.

 

Soos katoë

wat in die donker beweeg,

word ons liggies uitgedoof.

 

Mzansi,

die probleem lê by jou sonbrille.

By jou kak styl.

Mens sou sweer jy raak wit,

suster.

 

Die vyand is sonbrille.

Die vyand sien swart.

Smelt dit alles in ‘n vuur!

Laat dit alles krampagtig, sissend inmekaartrek

soos rigor mortis onder ‘n giftige rookkroontjie,

 

van pragtige, sieklike silwer,

 

en stol dan die produk in Bovril-botteltjies

vir die vinnige afsmeer op jou eersgeboortereg,

op jou recycled, nouveau-riche reklame-demokrasie,

‘n geliegde ideaal gepuur uit eie reste,

tot skaamte van die voorvaders

wat selfs onder apartheid regte vleis geken het –

jou afgeleide, verbrande, verkwanselde, bedorwe toekomsdis

van niks!

 

Mzansi,

jy dink ek praat met jou.

Maar jy bestaan nie.

 

Ek kan jou nie bereik nie.

Jy het al ons treinwaens

aan China verkoop.

 

Ek hoor jy wag op transformasie.

Maar reeds beplan jy om Ovidius te verban.

Dink jy nie jou probleem

is dalk kosmeties nie?

 

Is jy eensaam?

Ek gaan dit nooit weer sê nie:

Ek mis jou.

 

Mzansi,

Dis so pynlik

maar ek mis myself.

 

 

[© Charl-Pierre Naudé. Voorlesing by die US Kollokwium in die SASOL Kunsmuseum, Stellenbosch, op 17 September 2010]

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Joan Hambidge. Kerstyd 2024
  • Joan Hambidge. The upturn palm
  • Albi Prinsloo. Verlossing
  • Retha van Deventer. ekwilibrium
  • Hennie Maartens. Water

Nuutste bydraes

  • Elmarie Nienaber Van Kampen. trapklip no 12
  • Nuwe bundel van Miel Vanstreels
  • Marthé McLoud. 31 Desember 1997
  • AVBOB Persverklaring
  • Digtersprofiel: Daniel Hugo

Nuutste kommentaar

  1. Rina Cascione on Nini Bennett. My Octopus Teacher5 December 2025

    'n Allerlieflike gedig oor 'n wonderlike dokumentêr. Dankie Nini! Jy het dit met soveel verbeelding vasgelê.

  2. Johan on Sanette Scheepers. Vrykoop5 December 2025

    Ek hou daarvan en ek verstaan die inhoud.

  3. Ben Nel on Andrea Sieberhagen. Ontsnapping5 December 2025

    Andrea, jy is ‘n rots Baie dankie vir jou bydrae tot die samelewing! Groete Ben

  4. Schalk Botha on Andrea Sieberhagen. Een helder ster4 December 2025

    Dis dalk nie die beste aand om hierdie impakvolle gedig te lees en te bedink nie; veral om uit ‘n…

  5. Marthé McLoud on Johann Lodewyk Marais. Johann de Lange in Sunnyside en Pretoria.3 December 2025

    Ek geniet die artikelreeks oor Johann verskriklik baie. Baie interessant. Dankie daarvoor.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d