Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
7 October 201016 May 2011

Pieter Odendaal. noord-namibië

noord-namibië

 

duisende klippe lê rondom ons

soos nuuskierige oë

kafferbrak  sê pa deur sy baard

as ons verby ’n padstal ry

 

die geribde dier vreet aan ’n droë akkedis

ovambo’s kyk grootoog na ons bakkie

’n seuntjie draf angstig nader om ons uit te nooi

pa kyk stip voor hom

 

  pa  vra ek

       ja

 

die stal verdwyn agter ons

en die klippe lê tot teen die lug

eendag sal als woestyn wees

en die bakkie die brak die ovambo’s ons

sal toegewaai onder die sand lê

 

  het pa ooit iemand op die grens

           

 nee

 

sy vingers trek styf om die stuur

hy kyk stip voor hom   

en ons bakkie skuurpapier die landskap vol stof

 

die stilte groei tussen ons soos ’n gedig

 

 

(Uit: Versindaba 2010, Protea Boekhuis, 2010)

© Pieter Odendaal

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Pieter Odendaal. 16 Desember 2009
Desmond Painter. Tot lof van ou mans… →

6e gedagtes oor “Pieter Odendaal. noord-namibië”

  1. Sandra Plekker says:
    11 October 2010 at 13:36

    So mooi!

    Reply
  2. Desmond Painter says:
    9 October 2010 at 16:38

    Inderdaad ‘n pragtige gedig. Mal daaroor.

    Reply
  3. Pieter Odendaal says:
    9 October 2010 at 14:05

    Dankie vir die kommentare. Dit doen mens goed as jy hoor dat die swoegsessies nie verniet was nie.

    Reply
  4. Lewies Botha says:
    8 October 2010 at 21:09

    Hou van; duim op

    Reply
  5. Melt Myburgh says:
    8 October 2010 at 20:16

    Ek stem, Marlise!

    Reply
  6. Marlise says:
    8 October 2010 at 06:15

    ‘n Fantastiese gedig Pieter, wat ‘n hele geskiedenis in ‘n handvol woorde vasvat. Veel meer laat resoneer as wat daar staan. Die laaste twee reëls se beeldspraak eenvoudig hartrukkend. Ek sou meer oor hierdie vers wou sê, maar helaas, ek is nie goed met literêre disseksies nie. Al wat ek wil oordra aan jou is dat die vers my getref het as iets besonders.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Koos de Wet. vóór die smelting
  • Digtersprofiel: Gert Vlok Nel
  • Meyer van Rensburg. Spieëlkamer
  • Margaret Cordier-Biermann. Verlossing
  • Wynand J Booysen. koue afgrond

Nuutste kommentaar

  1. Miel Vanstreels on Miel Vanstreels. Voorlopig1 August 2026

    Dankie, Marieta

  2. Conrad on Hans du Plessis. Psalm 121 (Stemgreep)30 July 2026

    Goeie middag ek is n koorleier van die VGK Kerk Kraaifontein en is op soek na die SATB Blad musiek…

  3. Marieta McGrath on Miel Vanstreels. Voorlopig30 July 2026

    Stout gedig! Baie snaaks!

  4. Bernie on Rainer Maria Rilke. Almal wat Jou soek, beproef Jou (vert.)29 July 2026

    Kan die vertaler dalk verduidelik waarom hy hoofletters gebruik in sy vertaling terwyl Rilke kleinletters gebruik.

  5. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Plaagbeheer28 July 2026

    Ja, hoe beheer ‘n mens die plaag waarvan in die slotreël gewag gemaak word …?

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d