Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
10 October 201016 May 2011

Jo Prins. Na Ginsberg

Na Ginsberg

 

Met ‘n opgerolde pienk mannetjies-leeu uit my gatsak snuif ek jou lyne op, Suid-Afrika.

Trek ek diep aan die reënboog agter tralies.

Brul ek van plesier!

Brul ek, want Jesus min my lot ook salig hier.

Al is ek ook swak en blind van rowers wat my vrou in die nag uit ons bed pluk en my harsings koevoet, nogtans noem jy my jou kind, Suid-Afrika.

En ek noem jou Heer en Herder, Saligstaker.

Staan ek hier met dié woorde, tone in die grond – skoorsoekend want ek weet die tribunaal gaan my teen ‘n muur laat staan.

Want ek is in besit van ‘n uiters geheime dokument – na my toe gepos deur ‘n mol wat ‘n spook ken.

Nou sit ek hier met die waarheid en wag vir jou.

Wag vir jou om my helder oordag tienmansterk te kom arresteer, want ek wéét van jou, Suid-Afrika.

Ek sal op die voorblaaie van Huisgenoot en You sien hoe dit met jou gaan, Suid-Afrika.

Jou sterre sal op eksotiese eilande trou en eksklusief sweer.

En minder eksklusief rondslet en Zanu-PF-partytjies hou met Bob – aan elke gewrig ‘n Breitling.

Ek weet nie, Suid-Afrika, moet ek maar net aanhou braai?

My bek hou en braai want alles sal mos regkom, Vader Jakob?

Jy blouligbende my, Suid-Afrika.

Druk my onbenullig van die pad en loer agter jou donker, koeëlvaste glas verbaas hoe ek durf ‘n vuis in jou rigting bal.

Is dít maar hoe die kaarte val, Suid-Afrika?

Dat ons toe oë sonder troewe moet speel?

 

© Jo Prins. Okt 2010

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Koos de Wet. vóór die smelting
  • Digtersprofiel: Gert Vlok Nel
  • Meyer van Rensburg. Spieëlkamer
  • Margaret Cordier-Biermann. Verlossing
  • Wynand J Booysen. koue afgrond

Nuutste kommentaar

  1. Miel Vanstreels on Miel Vanstreels. Voorlopig1 August 2026

    Dankie, Marieta

  2. Conrad on Hans du Plessis. Psalm 121 (Stemgreep)30 July 2026

    Goeie middag ek is n koorleier van die VGK Kerk Kraaifontein en is op soek na die SATB Blad musiek…

  3. Marieta McGrath on Miel Vanstreels. Voorlopig30 July 2026

    Stout gedig! Baie snaaks!

  4. Bernie on Rainer Maria Rilke. Almal wat Jou soek, beproef Jou (vert.)29 July 2026

    Kan die vertaler dalk verduidelik waarom hy hoofletters gebruik in sy vertaling terwyl Rilke kleinletters gebruik.

  5. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Plaagbeheer28 July 2026

    Ja, hoe beheer ‘n mens die plaag waarvan in die slotreël gewag gemaak word …?

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d