Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
12 October 201016 May 2011

Melanie Grobler. Lemoenbloeisels

Lemoenbloeisels

 

Historical amnesia is a dangerous phenomenon, not only because it undermines moral and intellectual integrity, but also because it lays the groundwork for crimes that lie ahead.

– Noam Chomsky –Hopes and Prospects

 

 

1.

 

ek dog mirakels bestaan nie meer nie, maar nee sê die vigslyers

met ʼn knip van die oog volg hul die man met ʼn kleurvolle vlieër

 

nooit sal hy weer lemoenbloeisels ruik nie.  ʼn skoot deur die hart

ekstaties hoog word hy nou op skouers deur modderige stegies gedra

 

die vroue ween en die wit duif vee die hemel met sy vlerke

hoër en hoër die wit geskilde lemoen van sy vlerke, die vlerke

 

van vrede wat vlieg.  in die middag as die slapelose digters

om die graf vergader sal die wit duif slaap

 

2.

 

die bloeisels is die dodemars van die sneeu

maar die politikus skil die lemoen en sê dis die son

 

3.

 

asof daar uit geweldadige rye getree word

val die grys gefluister op die grond

 

die vonnis staan op die magistraat se dorpsbef geskryf

en alles verander na ʼn grommende gerug

 

hierdie brose niks, hierdie vormlose angs wat ons

snags bedreig.  god hurk oor die huis van my kinderdae

 

en ek bid ʼn falsetto gebed, bewe soos ʼn hond

in die duisternis van ʼn laat naggedig

 

4.

 

koringbrood van moord en mielies van geweld, rogvelde

van dood.  dwarsoor die dorsland van transformasie

 

loop mans na fabrieke en mynskagte.  tussen geweerskote

en sonsondergang buk werkers agterdogtig oor

 

gerugte van gevangenisskap van skoenlappers.  die land is hoog

en die land is laag.  nou is die vers die pad van rewolusie

 

wat lei na beddings gevul met plakkers huisies versteen teen die ewigheid

 

5.

 

waar christus se varkblom blom

hang die verwonde maan oor die plakkerstad

 

by die kruispad van verbeelding is my hande

twee duiwe wat spartel.  brand weer saam met my

 

my lief, as jy afrika aanvaar kan jy hier sterwe

 

6.

 

dwalend van genesis tot die apokalips, langs lyne

en sirkels na die diepte van die labirint

 

die ou vrou, beskerm deur die waansinnige skadu

van ʼn sambreel, struikel in die straat.  as die wit duif

sy oë knip sien sy die mars van die werkers

 

o gebalde vuiste wat glimmer in die geweldadige

middagson.  o twee duiwe wat spartel buite my hande

 

 

 

© Melanie Grobler.  Ongepubliseerde gedigte. Oktober  2010.

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Digstring: Melanie Grobler. Die eerste vrees is hier
Digstring indeks →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d