Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
14 October 20104 September 2013

Andries Bezuidenhout. Moenie vir Pappa nog sjerrie verkoop nie

Sol Plaatje

Vandag weer deuntjies in my kop. “O brandewyn laat my staan, want ek moet nou huis toe gaan.” En: “Oom Kalie steek ʼn stywe dop en slaan sy vrou met die handsambok…”  Dan daardie een van die Briels waarvan Koos du Plessis so gehou het: “Moenie vir Pappa nog sjerrie verkoop nie.” Koos du Plessis self: “Oor die rand van die glas lyk dit als nommerpas/ en deur die glasie se steel lyk die wêreld weer heel…”

Ek wonder soms oor wat ʼn mens moet maak van die einde van Sol Plaatje se lewe. Hy’t ʼn afskaffer geword. Na al sy briewe oor die ontneming van grond, sy vertalings van Shakespeare in Setswana, sy politieke deputasies en agitasies, word hy ʼn afskaffer. ʼn Militante een.

Is daar iets te leer uit die geskiedenis van alkohol in Suid-Afrika? Van Riebeeck wat arak aan die Khoi-Khoin verskaf om hul beeste af te rokkel, die dopstelsel in die wynlande, Sammy Marks wat drank aan mynwerkers verskaf sodat hulle nie hul lone spaar en huis toe gaan nie, gesubsidieerde alkohol in die weermag, die vulgêre rol wat Skotse whisky en Franse sjampanje vir die nuwe politieke elite speel. Dan, ons land se grootste en mees suksesvolle multinasionale maatskappy – ʼn brouery.

Hoe ons alkohol verbruik (m.a.w. alkohol as kulturele faktor), verklaar dalk veel meer van die geweldsvlakke in ons droë land – op paaie, op straat, in huise – as wat ʼn mens sou dink. Het Sol Plaatje dalk iets besef wat ons nou nog sukkel om klein te kry?

Ek dink dis my volgende langtermynprojek: Die geskiedenis van alkohol in Suid-Afrika.

Cheers!

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

1e kommentaar op “Andries Bezuidenhout. Moenie vir Pappa nog sjerrie verkoop nie”

  1. Desmond says:
    21 October 2010 at 10:36

    Kyk bietjie hierdie onlangse plaaslike boek oor bier en manlikheid:

    http://www.loot.co.za/product/anne-kelk-mager-beer-sociability-and-masculinity-in-so/lstz-1367-g910

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Johan Myburg
  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig
  • Jasmyn Beetge. Delikaat
  • Hennie Maartens. oorskot

Nuutste kommentaar

  1. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  2. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  3. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

  5. Karin on C Fritze. Boodskap aan die see13 July 2026

    Dié gedig praat met my hart en met my siel. Ek verlang na die klank en die reuk van die…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d