
Die Amerikaanse musikant Sufjan Stevens skryf pragtige lirieke oor persoonlike gebeure, sy godsdienstige oortuigings en plaaslike geskiedenisse. Sy albums vorm hegte, deurgekomponeerde eenhede: die liedere op Michigan (2003) en Illinois (2005) hou byvoorbeeld met mekaar verband deurdat hulle tematies by die onderskeie state aansluit. Die album Enjoy Your Rabbit (2001) bevat weer 12 liedere – een vir elke dier in die Chinese sodiak. ‘n Maand gelede het hy ‘n nuwe album vrygestel, getiteld The Age of Adz, wat volgens sy platemaatskappy, Asthmatic Kitty Records, geïnspireer is deur die werk van die skisofreniese kunstenaar Royal Robertson.
Ek het gister The Age of Adz deurgeluister en was effens (net effens) teleurgesteld – dis nie meer Stevens se kenmerkende klanklandskap nie. Vergeleke met die vorige albums het die lirieke minder om die lyf en daar is na my mening heeltemal te veel elektroniese effekte op die nuwe album.
Om myself te troos het ek weer na sy ou albums toe teruggegaan en opnuut besef dat hierdie man deur en deur ‘n digter is. Die gerekende musiekkritikus Andy Gill van The Independent het die volgende oor Illinois te sê:
Stevens’ album [is an] idiosyncratic collection of mini-operettas, musings upon historical figures and legends, evocations of architecture, skylines and landscapes, ruminations upon localised industrial development, and even more arcane matters whose pertinence is not immediately obvious. All rendered in a weird, pan-stylistic blend of alternative country, minimalism and American brass band music, as if John Philip Sousa, Steve Reich and Bonnie “Prince” Billy had together stumbled across the clippings-file of some mid-west small-town newspaper and decided to set it to music.
Stevens speel self die meeste van die instrumente op Illinois, insluitende die kitaar, banjo, sitar, klavier, xilofoon, Engelse horing en hobo. Hy het ál die lirieke self geskryf en dit is op hierdie punt waar Stevens verdien om in dieselfde asem as Dylan of Cohen genoem te word. Sy beskrywings is konkreet en treffend, hy het ‘n goeie oor vir rym en halfrym en die einde van sy lirieke is vuishoue.
Sien byvoorbeeld sy roerende liriek “Casimir Pulaski Day” hieronder. Ek plaas ook sy liriek “John Wayne Gacy, Jr.” oor die reeksmoordenaar uit Illinois. Luister gerus na die klanklêers op YouTube (Die skakels verskyn telkens onder die lirieke. Regskliek op die skakel en kies “Open in new window” om terselfdertyd die lied te luister en die lirieke te lees)
Casimir Pulaski Day – Sufjan Stevens
(Casimir Pulaski Day word jaarliks in Illinois op die eerste Maandag in Maart gevier ter ere van die gelyknamige Pool wat ‘n belangrike rol tydens die Amerikaanse Rewolusie in Illinois gespeel het – dankie Wikipedia.)
Golden rod and the 4-H stone:
the things I brought you
when I found out you had cancer of the bone.
Your father cried on the telephone
and he drove his car to the Navy yard
just to prove that he was sorry.
In the morning through the window shade,
when the light pressed up against your shoulder blade,
I could see what you were reading.
Oh, the glory that the Lord has made
and the complications you could do without
when I kissed you on the mouth.
Tuesday night at the Bible study
we lift our hands and pray over your body,
but nothing ever happens.
I remember at Michael’s house
in the living room when you kissed my neck
and I almost touched your blouse.
In the morning at the top of the stairs
when your father found out what we did that night
and you told me you were scared.
Oh, the glory when you ran outside
with your shirt tucked in and your shoes untied
and you told me not to follow you.
Sunday night, when I clean the house,
I find the card where you wrote it out
with the pictures of your mother.
On the floor at the great divide
with my shirt tucked in and my shoes untied
I am crying in the bathroom.
In the morning when you finally go
and the nurse runs in with her head hung low
and the cardinal hits the window.
In the morning in the winter shade
(on the first of March, on the holiday)
I thought I saw you breathing.
Oh, the glory that the Lord has made
and the complications when I see His face
in the morning in the window.
Oh, the glory when He took our place,
but he took my shoulders and he shook my face
and He takes and He takes and He takes.
Skakel: http://www.youtube.com/watch?v=9EzeW5KoPUI
John Wayne Gacy, Jr. – Sufjan Stevens
His father was a drinker
and his mother cried in bed;
folding John Wayne’s T-shirts
when the swing set hit his head.
The neighbors, they adored him
for his humor and his conversation,
look underneath the house there –
find the few living things
rotting fast in their sleep of the dead.
Twenty-seven people, even more,
they were boys with their cars, summer jobs, oh, my God.
Are you one of them?
He dressed up like a clown for them
with his face paint white and red
and on his best behavior
in a dark room on the bed he kissed them all.
He’d kill ten thousand people
with a sleight of his hand
running far, running fast to the dead.
He took off all their clothes for them,
he put a cloth on their lips,
quiet hands, quiet kiss
on the mouth.
And in my best behavior
I am really just like him –
look beneath the floorboards
for the secrets I have hid.
Skakel: http://www.youtube.com/watch?v=otx49Ko3fxw&feature=related
Ek gee Alela Diane ook ‘n two thumbs up! (Danksy Danie, wat my aan haar bekendgestel het. Wel aan haar musiek in elk geval.)
Danie, miskien sal die regte letters van jou fantasie-cover-voorstel soos ‘n swerm onmoontlike voëls oor die kuberruim swiep en op een of al die dames hier bo se ooglede gaan sit en jeuk. En dan sal hulle krap en soos een vrou dink dis ‘n vars, blink idee wat by hulle opgekom het. Voor jy kan sê ‘abominably’ is die album op die rakke, en kan ons aan suurlemoene suig terwyl ons daarna luister. Intussen sal ek solank na jou link gaan luister.
Beatrice, jy’s reg. Dis moeilik om ‘This Side of the Blue’ sonder Newsom se vreemde stem voor te stel en hier werk dit ook vir my absoluut. En ja, dit sou wonderlik gewees het as Gabriel een van haar songs aangedurf het. Hy’t verstommende goed op ‘Scratch my Back’ reggekry. Maar ek wens ook Lucinda Williams, Alison Krauss, Natalie Merchant, Emmylou Harris en/of Gilian Welch wil Newsom cover. Dit sal nie anders as uitstekend kan wees nie.
Terloops, ‘n folk-sirene waaroor ek mal is, is Newsom se vriendin Alela Diane. Kyk en luister bv. hier: http://www.youtube.com/watch?v=sJFZUpmv62c
Hierdie reëls is teen my muur opgeplak:
And the signifieds butt heads with the signifiers,
and we all fall down slack-jawed to marvel at words!
While across the sky sheet the impossible birds,
in a steady, illiterate movement homewards
(en as ek dit lees hoor ek dit in daai “dun elfie-in-asemnood-stemmetjie”)
Peter Gabriel moes haar dalk op ‘Scratch my Back’ gesit het?
Andries, daai song waarin Joanna Newsom “Camus” rym met “blue” bly my gunsteling. Hoe baie ek ook al in beginsel van haar hou, met daai dun elfie-in-asemnood-stemmetjie wanneer sy opgewonde raak, kan jy my jaag. Ek kan nie wag vir ‘n goeie tribute album met ander stemme wat haar beste materiaal interpreteer nie. “This Side of the Blue” werk m.i. juis so goed omdat sy kalm, ironies en afstandelik bly.
Elk geval, hier is die lirieke:
This Side of the Blue
Svetlana sucks lemons across from me,
and I am progressing abominably.
And I do not know my own way to the sea
but the saltiest sea knows its own way to me.
The city that turns, turns protracted and slow
and I find myself toeing th’embarcadero
and I find myself knowing the things that I knew
which is all that you can know on this side of the blue
And Jaime has eyes black and shiny as boots
and they march at you, two-by-two (re – loo – re – loo);
when she looks at you, you know she’s nowhere near through:
it’s the hardest heart beating this side of the blue.
And the signifieds butt heads with the signifiers,
and we all fall down slack-jawed to marvel at words!
While across the sky sheet the impossible birds,
in a steady, illiterate movement homewards.
And Gabriel stands beneath forest and moon.
See them rattle & boo, see them shake, see them loom.
See him fashion a cap from a page of Camus;
see him navigate deftly this side of the blue.
And the rest of our lives will the moments accrue
when the shape of their goneness will flare up anew.
hen we do what we have to do (re – loo – re -loo),
which is all you can do on this side of the blue.
Pieter, ek hou ook baie van “Futile Devices” en “Veusvius” op die nuwe Sufjan, maar ek reken Sam Richards slaan die spyker op die kop met haar 3 ster-resensie van The Age of Adz in Uncut. Sy eindig met: “… is [he] one of the most important songwriters of his generation or just an infuriating, neurotic show-off. This album provides plenty of evidence for both arguments.” Nog ‘n raak opmerking is: “The downside of Stevens’ inward journey is that it seems to have eroded his confidence, leading to a maddening tendency to sabotage his best tunes.”
O ja, Beatrice, ek wou nog noem dat Joanna Newsom oulik rym. Dis net Amerikaners wat “Camus” en “blue” kan laat rym! Ek s^ dit met deernis.
Pieter, dis daai instrumental dele wat my ontstel het. In die kar geluister en vinnig begin skip. Dit het soos die houtbanke van die NG Kerk van my jeug gevoel, of die dominee wat net nie wil ophou praat en praat en praat nie. Dalk was my bloedsuikervlakke te laag om dit te waardeer.
Desmond, dis presies hoekom Different Trains een van my gunstelinge is: Die skielike tempo-veranderings, en die dele waar die treinfluit kans kry om ‘n melodie te speel. Sal bietjie kyk of ek duet in die hande kan kry. Double Sextet klink bevange. Kan nie wag om dit te hoor nie.
Beatrice, vergeef. Dan het ek jou verkeerd verstaan. Dankie vir jou kontekstualisering. Dit het gehelp om die sakie vlugtig uit te klaar. 😉
Beatrice, ja, eintlik stem ek saam. Ek het haar stem nie so ‘n groot probleem gevind op haar eerste album nie, maar ek het pas na die nuwe uitreiking begin luister en op een of twee plekke is dit vir my bietjie erg… Ek moet darem bieg, selfs Dylan is soms vir my bietjie erg — daai supernasale effek waarvoor hy soms gaan! Maar dat Newsom ernstig opgeneem moet word, dit betwyfel ek nie. Ek was baie opgewonde toe ek haar eerste album ontdek het.
Ken jy die jong Britse komponis, Thomas Ades? Hy is glo ‘n groot fan van Newsom, en hy is beslis ook die moeite werd om na te luister.
Pieter, die nuwe Reich is “Double Sextet” en sluit ook ‘n ander werk, 2 x 5, in. The Independent skryf: “’Double Sextet’ is built on the urban pulsing of pianos and vibes, with violins sawing like thread shuttled across a loom. High woodwind cracks the canopy, breaking only for a middle section of petrified string shimmers. ‘2×5’ features Zappa-esque chordings, doubled slightly out of sync to produce a jerky vibrato effect, over which lines of guitar motifs are neatly stitched.” Gramophone skryf: “Steve Reich’s smartest, most sonically nourishing recording for years…[Double Sextet is] a seamless return home to familiar Reich territory, and the ensemble Eighth Blackbird’s muscular and thoughtful playing is just what’s needed here. No cross-cultural conceit to be traversed. Just enjoy.” Eight Blackbird is die een ensemble; die ander een wat hier speel is Bang on a Can.
Ek is ook mal oor Different Trains; veral oor hoe die musiek die ritmes en pouses van die natuurlike stemme volg, eerder as dat die stemme by die musiek ‘ingekomponeer’ word. Ek het nie die Kronos Qt se opname nie; myne is deur The Smith Quartet, en hulle speel ook twee ander wonderlike stukke: Triple Quartet en Duet (laasgenoemde opgedra aan Menuhin.)
Oe hokaai… Ek het niks oor musiek-studente geïmpliseer nie – dis als puur Joanna! Die konteks is dus: sy het as jongeling reeds ‘n stewige klassieke opleiding ontvang in musiek, en gehoop om daarop uit te brei op universiteit, maar toe sy daar aankom is dit vreeslik avant-garde: klomp mense met geen musikale agtergrond wat elektroniese geluide maak en geraas opneem ens. En vandaar haar ontsteltenis.
Desmond – ek hou juis van daai geknypte voëlstemmetjie van haar. Dis iets soos wat jy te sê gehad het oor Bob Dylan en die stem as instrument. Hare sal verseker nie sag op alle ore val nie, maar dis super wat sy alles daarmee aanvang.
Desmond, wat is die nuwe Reich-album se naam? Ek hou besonders baie van sy Different Trains en Electric Counterpoint (Die Kronos Quartet het ‘n wonderlike opname daarvan). Luister op die oomblik na Music for 18 musicians.
Reich se invloed op Stevens kom myns insiens die sterkste op Enjoy your rabbit na vore. Ek het die Osso String Quartet se Stevens-weergawes op YouTube opgespoor. Dink dis baie knap verwerk en uitgevoer.
http://www.youtube.com/watch?v=l6zA9gxtjrs&feature=related
Kliek op die regterkantste paneel om die ander songs te hoor. Geniet!
Ja, ek dink die Sufjan Stevens – Steve Reich vergelyking wat jy tref is ‘n sinvolle een, Pieter. Terloops, ‘n nuwe werk van Reich het pas op CD verskyn, ge-‘score’ vir ‘rock instrumente’: dromme, bas, klavier en twee elektriese kitare. Ek sien uit om daarna te luister.
Joanna Newsom is soms worderlik (wat sowel musiek as liriek betref), maar is nogal geneig om bietjie geaffekteerd (of dalk sommer net skril…) te sing. Maar dis beslis die moeite werd om na haar te luister!! Haar nuwe album is ‘n 3-CD knewel van ‘n album.
Beatrice, ek moet bieg dat ek nie vir Joanna Newsom ken nie. Sal haar bietjie gaan youtube. Klink belowend.
En pasop vir wat jy oor musiekstudente impliseer. Ek het baie musiekvriende en hulle sal nie be-indruk wees nie! 😉
Andries, watter songs op Illinois pla jou? Ek hou juis van die instrumental-dele met die herhalings. Laat my baie aan van Steve Reich se goed dink. Dit het amper ‘n trance-agtige kwaliteit (in die religieuse sin van die woord, nie die dansdansdans sin nie).
Danie, ek hou wel vreeslik baie van “Futile devices”, “Now that I’m older” en “Vesuvius”, almal songs wat sterk by sy vroeëre werk aansluit.
Ek hoor wat jy sê oor musiek wat gedefinieer word deur wat dit nie mag of wil wees nie. En tog erken Stevens in ‘n onderhoud wat ek onlangs gelees het dat hy bietjie moeg is vir sy narratiewe lirieke. Mag dit wees dat hy ge-sell-out het?
Asthmatic Kitty Records beskryf die album as volg: “[A] pop-song extravaganza, augmented by heavy orchestration, and maybe even a few danceable moments. Enjoy Your Rabbit meets the BQE. But with songs. Verse, chorus, bridge, backbeat. Gated reverb. Space echo. Get your boogey on.”
En dis nie net die voorspelbare akkoordprogressies en elektroniese perkussie wat my afsit nie. Die lirieke het net nie dieselfde intensiteit as van sy vorige goed nie. En dis ironies, veral as jy sy eie opinie oor die nuwe lirieke lees:
“I just wanted to be straightforward, and it was necessary for me to shake it up a little bit. It is more personal, because I didn’t have an object to project meaning on to, so I was left with my own instincts, my own emotional impulses. I was very consciously refining the language . . . Well, not refining it, but reducing it to core, fundamental principles about love and loneliness. It was about allowing myself to express those feelings in very matter-of-fact, almost cliched terms.”
Hy moes van Breytenbach geweet het en in godsnaam nie oor die liefde geskryf het as hy oor die liefde wou skryf nie. Dis amper of hy van ‘n budding poeët gedevoleer het na ‘n emosionele tiener wat gedigte in haar dagboek neerpen. Kan dit wees dat die dieselfde ou wat John Wayne Gacy geskryf ook die volgende sing?:
When I die, when I die
I’ll rot
But when I live, when I live
I’ll give it all I’ve got
Ai.
Gelukkig is daar nie juis ‘n populêre mark vir poësie nie. Anders het baie digters seker al lankal ingegee en uitverkoop.
A ha! Ek het nogal gewonder oor “This side of the blue” se liriek, met signifieds, signifiers, Camus en so!
A
Joanna Newsom is nog ‘n kunstenaar met ‘n M in kreatiewe skryfkuns wat bedonnerde mooi lirieke skryf. Sy het haar M in musiek opgeskop en eerder gaan skryfkuns studeer omdat die musiek studente te pretensieus was na haar sin. Hiehie.
Hier is ‘en gallop’ van The Milk-Eyed Mender:
This place is damp and ghostly
I am already gone
And the halls were lined
With the disembodied
And the dustly wings
Which fell from flesh
Gasplessly
And I go
Where the trees go
And I walk
From a higher education
For now and for hire
It beats me
But I do not know
And it beats me
But I do not know
It beats me
But I do not know
I do not know
Palaces and stormclouds
And the rought, straggly sage, and the smoke
And the way it will all come together
In quietness and in time
And you laws of property
oh you free economy
And you unending afterthoughts
You could’ve told me before
Never get so attached to a poem
You forget truth that lacks lyricism
And never draw so close to the heat
That you forget that you must eat
Hierdie twee verse van Casimir Pulaski Day maak my ieder maal by die aanhoor heel gelukkig:
In the morning through the window shade,
when the light pressed up against your shoulder blade,
I could see what you were reading.
Oh, the glory that the Lord has made
and the complications you could do without
when I kissed you on the mouth.
Andries – wat van ‘Concerning the UFO sighting’ – vervreem dit jou ook? Ek verbeel my ek kan ballet doen as ek dit luister.
Lekker blog, Pieter. Ek vind “JW Gacy Jr” spookagtig mooi en diep onstellend. Ek kan dit oor en oor en oor luister, beslis ‘n classic. Maar ander dele van “Illinois” vervreem my heeltemal, amper soos aanvalle op die oordromme – veral die stukke eentonige herhaling.
Ek het baie gehou van Seven Swans.
Ek sukkel ook met The Age of Adz, Pieter. Dis interessant en oudergewoonte ambisieus, maar tref nie soos Seven Swans of Illinois nie. Dis m.i. die probleem met werk wat meer gedefinieer word deur wat dit nie mag of wil wees nie, as wat dit is en wil wees. Terloops, Stevens het ‘n M.A. in kreatiewe skryfkunde en ek het ‘n onderhoud geleees waarin hy sê hy beskou homself in die eerste plek as mislukte romansier en nie as sanger-liedjieskrywer nie. Maar ek dink met ballades soos dié wat jy hier bo aanhaal (ook twee van my gunstelinge) wys hy juis watter uitstekende verteller hy is.
Sufjan Stevens is inderdaad fassinerend. Jammer hy sal (waarskynlik!) nooit sy projek, om ‘n album te maak oor elk van die state in die VSA, voltooi nie — ek sou nogal graag twee albums met die titel “Nebraska” wou besit! wat ek nogal graag wil hoor is die Osso String Quartet se verwerkings (wel, hulle het dit opgeneem; die verwerkings is eitnlik deur ander komponiste gedoen) van sy album “Enjoy Your Rabbit”. Hulle album se titel is “Run Rabbitt Run”…
Beatrice
Ek weet dat Annie Klopper haar M oor Fokofpolisiekar se lirieke gedoen het, alhoewel ek twyfel of mens kan sê dat hulle gedigte skryf wat as liedjies paradeer.
Van Hunter Kennedy se lirieke is in Nuwe Stemme 4 opgeneem, alhoewel hulle na my mening nie op dieselfde standaard as van die ander gedigte in die bundel was nie. Ek dink byvoorbeeld aan Lewies Botha, Marius Swart en Annie Klopper se verse.
Pieter, lekker blogs man!
John Wayne Gacy Jr is ‘n liedjie wat al heeljaar by my spook. Ek het gaan oplees oor die ou (John Wayne G nou, nie Sufjan nie) en dis baie grillerig, maar die liedjie is eenvoudig hartverskeurend.
Ek dink dis ‘n goeie idee vir iemand om te begin met ‘n M-studie oor lirieke as digkuns… daar is so baie fantastiese gedigte wat paradeer as liedjies.
Lekker blog verder.
Beatrice