Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
19 December 20104 September 2013

Andries Bezuidenhout. Vosburg se NG Kerk

Op Vosburg praat mense oor die pad. Die plan is al lank daar, maar die regering se kontrakteurs het nog nie aanstaltes gemaak om te begin nie. Nou praat hulle oor middel Januarie. Die vraag in die hotel se kroeg is of hulle aan Carnarvon se kant, of Vosburg se kant gaan begin teer. Iemand noem dat die gastehuise al besprekings gekry het, so dalk begin hulle by Vosburg.

Laatmiddag en ons gaan stap. Dis ʼn pragtige dorp. Alhoewel dit eers in die laat-1800s as dorp geproklameer is, is hier huise wat duidelik uit die middel- en dalk vroeë-1800s kom. Groot dennebome gooi koel skaduwees en die wind suis, suis, suis. Reënwolke pak saam.

Ons kom by die kerk. Op die werf is ʼn olyfboomboord. Ek soek die koelte hier op en gebruik die hoek om ʼn foto van die kerk te neem.

 

Vanuit ʼn ander hoek kan ʼn mens die stormwolke sien aankom. Hulle dreig, maar bly droog in die lug hang.

Die kerk het ʼn mooi toring. Vreemde kombinasie van Goties met neo-klassieke elemente van die tyd. Dis in 1909 gebou. Die hoeksteen lees:

DES HEEREN TEMPEL
ZACH. 6: 12
GELEGD DOOR
DS. J.D. LOUW
27 NOV. 1909

W.H. FORD
ARCHITEKT
KEATING & CO.
BOUWMEESTERS

Die dominee kom uit die pastorie aangestap en wil weet of ons die kerk van binne wil sien. Hy oorhandig ʼn massiewe sleutel, wat een van die houtdeure oopsluit. Kyk na die preekstoel, sê hy. Die inspirasie is blykbaar ʼn seilboot. Bring die sleutel terug pastorie toe as julle klaar is.

Sowaar, selfs die ouderlinge en diakens klim aan boord voor die diens begin. Hulle het hul eie sitplekke met deure teenaan die preekstoel. Die dominee is die stuurman wat die boot reg in die rigting van die gemeente laat vaar, die orrelpype wat die wind van agter aanblaas. Hier is meer detail:

Vosburg kry sy naam van die vanne De Vos en Van Rensburg. Dis die twee prominente families hier. Ek stap met die trappe op na die balkon toe. Die lig hierdie tyd van die middag is pragtig. Ek hou van die eenvoud van die loodglas.

 

Die Kerkbode in die ingangsportaal praat oor onlange statistiek van mense wat die NG Kerk verlaat. Klein dorpies word in ʼn krisis gedompel as die bank toemaak, sê een van die berigte. Op die balkon self is die lig ook baie mooi.

In die kloktoring, van onder af, lyk dit só. Die ketting wat die klok laai lui hang hier:

Teen die kerk se toring maak swaeltjies nes.

Die lug is vol swaeltjies. Hulle dink dit gaan reën. Die mense in die dorp sê dit het verlede week goed gereën, maar dit moet nóg reën om die droogte behoorlik te breek. Ek dink aan Philip Larkin se gedig “Church Going”:

But superstition, like belief, must die,
And what remains when disbelief has gone?
Grass, weedy pavement, brambles, buttress, sky,

A shape less recognisable each week,
A purpose more obscure…

Ek vat die sleutel vir die dominee terug.

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

6e gedagtes oor “Andries Bezuidenhout. Vosburg se NG Kerk”

  1. Esme Koen says:
    21 June 2013 at 19:27

    Hi Andries.. Dit is ‘n pragtig kerk wat julle het. Ek wil graag weet wie het die preekstoel en banke gemaak vir daardie kerk…. Ek verstaan dat dit n Mnr. Snyders was, maar ek wil dit net bevestig… en dan wil ek weet is daar dalk enige iemand wat die Snyders familie sal kan onthou?? en of iemand dalk miskien nog lewe… Ekt twee name…. Christine Conradi (Snyders) en Willa (snyders) …. hulle was 6 of 7 susters… ASSEBLIEF LAAT MY WEET PER EPOS. Ek sal dit baie wardeer…. eks op soek na baie ver langse Snyders familie.

    Reply
  2. Andries Bezuidenhout says:
    5 March 2011 at 16:10

    Dankie Koos!

    Reply
  3. Koos Olivier says:
    5 March 2011 at 11:53

    Dag Andries, Ek woon op Vosburg, het ‘n plaas buite die dorp waarop my seun nou boer. Ek wil graag iets sê oor die horlosie in die toring: die een foto wat jy vertoon waar ‘n mens so opkyk in die toring, sien jy ‘n gewig wat hang aan kabels. Dit is wat die horlosie aandryf en moet twee keer per week opgewen word deur middel van ‘n slinger wat lyk soos jare gelede se slinger waarmee die model T Fordjies aan die gang gesit was. Daar is twee stelle trappe wat geklim moet word om by die horlosiemeganisme te kom en dis die koster se werk om die horlosie op te wen. Na al die jare werk ons horlosie nog besonder goed!

    Reply
  4. Rozitta Bezuidenhout-de Villiers says:
    3 January 2011 at 14:39

    Hi Andries. Dankie vir die mooi fotos en heerlike kommentaar. Ek het op Vosburg groot geword en jou artikel het my sommer huis toe laat verlang. Terug Karoo toe, waar die dinge wat ‘n mens in die stad bekommer, skielik nie meer saak maak nie.
    Ps.Leon, die oreliste is nog daar en Sondae roep die kerkklokke jou vroeg oggend om na die pragtige orelklanke te gaan luister.

    Reply
  5. Andries Bezuidenhout says:
    21 December 2010 at 14:15

    Ja, Leon, dis ‘n tragedie. Bosmanstraat se NG Kerk se orrel is darem deur UP gered en is nou in die Aula, as ek dit nie mis het nie. Anthony Melck se inisiatief.

    Reply
  6. Leon Retief says:
    19 December 2010 at 13:48

    Pragtige foto’s Andries. Ek wonder wat word van die orrels in die plattelandse dorpe. Toe ek nog op skool was in Wepener het die kerk ‘n orrelis gehad, soms die musiekonderwyseres, soms iemand anders wat kon orrel speel, maar daar was altyd iemand. Deesdae is orreliste so skaars soos hoendertande en verval die orrels in onbruik. Wat ‘n jammerte!

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Johan Myburg
  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig
  • Jasmyn Beetge. Delikaat
  • Hennie Maartens. oorskot

Nuutste kommentaar

  1. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  2. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  3. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

  5. Karin on C Fritze. Boodskap aan die see13 July 2026

    Dié gedig praat met my hart en met my siel. Ek verlang na die klank en die reuk van die…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d