Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
7 January 20114 September 2013

Andries Bezuidenhout. Die Louw-huis in Sutherland

Sutherland bly een van my gunstelingdorpe in die Karoo. ʼn Belangrike rede hiervoor is seker Karel Schoeman se boek Hierdie lewe, ʼn hartroerende roman wat dokumenteer hoe Afrikanerboere in die omgewing hul grond bekom het, hoe hulle hulself uit armoede uit opgewerk het en hoe hulle die landskap begin domineer het. Dit is seker een van die mees sensitiewe studies van koloniale, landelike patriargie. Die boek is ʼn belangrike verwysingspunt in Marlene van Niekerk se Agaat.

In Sutherland bly ons gewoonlik op Nicol en Marina van der Merwe se plaas Blesfontein. Die plaas is op die Roggeveld se eskarp. As jy op die eskarpkant staan kan jy die Cederberge sien en onder jou die Tankwa-Karoo, of die Ceres-Karoo soos sommige mense dit hier noem.

Vir meer as drie eeue jaag die boere hier hul skape elke winter met die Oubergpas af na onder toe, sodat die skape nie van winterkoue en sneeu omkom nie. Soos meeste van die ander boere, het Nicol en Marina ook ʼn plaas onder in die Tankwa-Karoo. Dis al hoe jy hier kan boer.

Karel Schoeman se bemoeienis met Sutherland se geskiedenis kom natuurlik van sy belangstelling in die wêreld van NP van Wyk Louw. Ons hou in Sutherland stil, sodat ek foto’s kan neem van hoe die huis waar NP van Wyk Louw en WEG Louw grootgeword het vandag lyk.

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Philip de Vos. Skrywersblok op ‘n skrywersblog
Andries Bezuidenhout. Afskeid en vertrek, iemand? →

2e gedagtes oor “Andries Bezuidenhout. Die Louw-huis in Sutherland”

  1. Andries Bezuidenhout says:
    7 January 2011 at 18:53

    Daniel, as ek geweet het, het ek ‘n fles saamgeneem en dalk meer van die gruis en minder van die wolke in die agterplaas afgeneem! Toe ek daar was het die son die agterplaas meer laat bulder as flikker.

    Reply
  2. Daniel Hugo says:
    7 January 2011 at 12:20

    Toe ek baie jare gelede by die Louw-huis was, het ek ‘n Consul-inlêflessie vol gemaak met die fyn blou gruis uit die agterplaas, waaroor Van Wyk Louw in “Beeld van ‘n jeug: duif en perd” skryf:

    Ons agterplaas die flikker van die son
    …
    Die helderte is oor my boek en in
    my oë; die gruis is warm aan my skeen.

    Met ‘n verhuising het die botteltjie en sy inhoud spoorloos verdwyn. Gelukkig sal Louw se manjifieke gedig standhou solank Afrikaans bestaan.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d