Ek soek ʼn kopie van Karel Schoeman se Afskeid en vertrek, of selfs die Engelse vertaling daarvan genaamd Take leave and go. My eie kopie lê in Trompsburg en ek wil dit graag aan ʼn nuwe kennis in Kaapstad stuur wat besig is om Schoeman te ontdek. Daar is min Engelssprekende Suid-Afrikaners wat Schoeman ken of waardeer, helaas. Dis nogal lekker om met iemand wat nie Afrikaans is nie daaroor te kan gesels. Nogal ʼn formidabele Engelssprekende wat Die laaste Afrikaanse boek deurgewerk het (“I read slowly when I read Afrikaans, only about fourty pages a night…”), omdat hy in die sestigs belangstel en nou nogal ʼn interesse in Schoeman self ontwikkel het. Meer onlangs het hy Hierdie lewe gelees, wat ek dink Schoeman se beste boek is, en toe toevallig ook ʼn draai op die Roggeveld gaan maak. Maar Afskeid en vertrek het ʼn ander, eie relevansie vir die hede, as apokaliptiese boek oor die toekoms.
Wil iemand in Kaapstad en omgewing afskeid neem (permanent, of tydelik) van ʼn kopie van Afskeid en vertrek? Dis nêrens in die handel te vinde nie.
You must be a registered student/staff member to access library e-resources.
You need to type your student/personnel no. (without the P or S) and PIN.
ai tog arme ek, ek tik in “oe” mmm niks nie. Ek is nie student of dosent nie. Ek het ‘n goeie dosyn of meer brinks ( ok kootjie emmer en fees van malles en cervantes se maar ‘n twintigtal amper twee dosyn) Ek het ook laat Karel “ontdek” , net so handvol in my boekrak. Ek koop nou die dag in ‘n liefdadigheidswinkel R5 ek gee toe maar R20 ‘n soos nuut pragtig Karel se vertaling van middeleeuse Iers se gedigte; “Uit die Iers”
http://0-www.samedia.uovs.ac.za.innopac.up.ac.za/cgi-bin/getpdf?year=1990&refno=2400&topic=6
Brink se resensie.
Ek het Brink se resensie gelees (uit De Kat, jaargang 6 nr. 3, van bl. 86 af, September 1990 – dankie Desmond!) en dis nogal heel relevant vir die gesprek wat op Marius Crous se blog oor gedigte op die underground gevolg het. Brink kontrasteer Emma Huismans se “Berigte van weerstand” met “Afskeid en vertrek” – Huismans vra morele vrae oor geweld en Schoeman estetiseer dit, volgens hom. Brink is darem nie net negatief oor “Afskeid en vertrek” nie, maar gegewe die agtergrond van die noodtoestand, kan ek verstaan hoekom hy geïrriteerd was met Schoeman se verwyderdheid van Suid-Afrika se alledaagse werklikheid. Ek wonder tog hoe Brink die boek nou sal lees. Ek het dit as ʼn futuristiese werk gesien, ʼn tipe stedelike weergawe van “Na die geliefde land” (alhoewel Brink tereg uitwys dat Uys Krige nog lewend was in die verhaal, m.a.w. dis in geskiedenis geplaas). Dis ʼn skerp resensie, maar die opmerking oor Schoeman en Emily Dickenson is regtig snaaks. Volgens Brink borduur sy met taal in ʼn gedig en Schoeman oor 230 bladsye – “en dan móét dit sanik”.
John, ek kan nie sy resensie van Die Laaste Afrikaanse Boek onthou nie. Sal dit bietjie gaan soek. Ek dink beide Brink en Schoeman het hulle fair share swakker boeke geskryf, maar (veral) die latere romans van Schoeman ken min gelyke in Afrikaans. Vir my is Die Uur van die Engel die een. ‘n Mirakel van ‘n boek. (Terloops, John, verskoon asb maar my onder-die-belt opmerking op jou onder-die-belt opmerking elders op hierdie blad. Ek kon myself in die hitte van die oomblik, er, gewoon nie help nie.)
Brink hou nie van Schoeman nie, punt. Hy is waarskynlik suur omdat Schoeman ‘n veel groter en interessanter skrywer is as hy wat Brink is. Het julle Brink se venynige, katterige resensie oor Die laaste Afrikaanse boek gesien? Pateties.
Het jy al ooit Andre P Brink se ekstreem-kritiese resensie van die boek gelees? Brink het regtig nie van Afskeid en Vertrek gehou nie.
Dankie Desmond. Ek het nog nooit die Engelse weergawe raakgeloop nie. Dis 2dehands in die VSA beskikbaar, maar hulle lewer nie hier af nie. Dit het destyds ‘n rave review in the NY Times gekry.
Ek het ‘n kopie, maar ek dink nie ek kan dit weggee nie… Ek het ‘n rukkie terug die Engelse vertaling in een of ander Bargain Books-tipe plek gesien. Sal my oge oophou.