Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
20 January 20114 September 2013

Andries Bezuidenhout. Gedig of liriek, liriek of gedig?

Soms sukkel ek om te besluit of ʼn idee ʼn gedig of ʼn liriek moet word. Soms is dit eers die een en word later die ander. ʼn Baie goeie liriek sou ʼn gedig ook kon wees, maar met my is dit selde die geval, hoofsaaklik dalk omdat kwatryne met paarrym nogal oordadig kan wees. Die volgende is die eerste weergawe van die gedig van hierdie spesifieke idee, wat uit Tom Waits se “Soldier’s Things” gebore is, maar dit heeltemal wysig met ʼn ander konteks en ʼn besliste storielyn:

TESTAMENT
(Lees saam met Soldier’s Things van Tom Waits)

Bokse, koeverte, albums, leggers –
op jou instruksies hier laat aflaai.
Maak oop, pak uit, sorteer.
Ons wat met ʼn lewe se skrapnel
honger waters bootsmanloos navigeer
(ekskuseer die rym en melodrama, vriend).

Jy’s twee of drie op die strand,
Violet of Anna hou dop,
jou in die een oog, in die ander die see.
Skoolrapporte. Beste vordering, selde afwesig.
Ja, sure. In liggaam. Anders in gees.
Nou afwesig, vir altyd, vir goed.
Jikwit tennisspan, jy voor in die middel,
septer ʼn raket.
Tweede rugbyspan, melkbaarde hou aan balle vas.
Pro Patria-medalje, ongebeitsde stewels, baret,
pelotonfoto in Langa of Khayelitsha,
skote uit Ondangwa, pips, boshoed.
Ou identiteitsboek, nommer wat uitmond in 00 0,
staatsdiensgroen, pienk stempel, dié oorblufte portret
het in die 92-referendum gestem.
Varsitydas. Koshuispet.
T-hemp met the doors of culture and learning
wat somewhere over the rainbow sou oopgrendel.
Gradeplegtigheid in Bat Man-mondering.
Sjampanjeprop, spyskaart van een of ander dinee,
draft vir ʼn liefdesbrief,
dalk ʼn poging tot liriek of gedig.
Verseëlde maar verstreke government issue kondoom.
Vriende, óns, Marius, dis óns en jy
wat vir Vic Falls se sproei so lag,
oë wat op wha’ever by Voëlvry wag.

Dít alles, Marius, het jy vir ons nagelaat
en instruksies om dit ter aarde te bestel
by hierdie genommerde erf langs ander Van Wyks,
brandwagsipresse buite Wellington, Wes-Kaap, Afrika.
Wat de fok moet ons beitel in graniet,
“Hier rust Marius van Wyk niet”?
Anyway, jou testament beweer
jy’t vooruit vir die gat betaal.

Iemand laat uit Brisbane weet
die ooswind het jou as kom haal.

Ek het toe besluit om dit om te skakel in ʼn liriek vir die Brixton Moord & Roof Orkes, want my kop draai op die oomblik om nuwe lirieke vir ons volgende album. Na ʼn ernstige paneelklopsessie het dit in die volgende verander (Die stomme, wyle Marius se van moes ook sommer verander, ter wille van die ritme):

WAAR MARIUS VAN DER MERWE RUS

Koeverte, albums, leggers, ʼn boks –
op jou instruksies hier gelos.
Maak oop, pak uit, sif, sorteer,
ons wat deur jou skrapnel navigeer.

Hier’s jy twee of drie op die strand,
nog vas aan Violet of Anna se hand.
Skoolrapporte sê: Altyd daar gewees.
Ja, sure. In liggaam. Anders in gees.

Refrein:
Skerwe en flarde, wat bly oor
as jou borskas besluit om jou longe te versmoor,
foto’s, papiere, ʼn muntstuk vir die reis,
vir die gemantelde bootsman om rigting te wys?

Tweede rugbyspan hou balle vas,
melkbaarde, truie skoon gewas.
Jikwit tennisspan, jy heel voor –
die jaar toe jy jou bybel verloor.

Gradeplegtigheid, koshuispet,
Pro Patria-medalje, stewels, baret,
pelotonfoto in Khayelitsha of Langa,
boshoed, dear Johnny, skote uit Ondangwa.

Refrein

Ou ID boek wat eindig in 00 0,
staatsdiensgroen, die stempel onthul
jy’t in die laaste wit referendum gestem.
ʼn R5 noot en ʼn Parker pen.

T-hemp met the doors of culture and learning
wat over the rainbow lig sou bring.
Sjampanjeprop, spyskaart van ʼn pompous dinee,
draft vir ʼn liefdesbrief, ʼn gedig of twee.

Refrein

Verseëlde, verstreke government kondoom,
ʼn blaartjie gepars van jou daggaboom.
Vriende, óns, wat by Vic Falls lag,
oë wat op wha’ever by Voëlvry wag.

Jou testament wat in swart op wit bepaal
jy’t anyway vooruit vir die gat betaal.
Wat de fok moet ons beitel in graniet,
“Hier rust Marius van der Merwe niet”?

Op refrein se melodie:
Dít alles toe ons jou kratte oopmaak
en instruksies om dit hier ter aarde te laat
onder brandwagsipresse buite Pretoria
in ʼn genommerde erf langs jou ma en pa.

Maatskaplike werker stuur uit Brisbane nuus
vir jou as het die wind die rivier gekies.

Die melodie wat ek daarvoor geskryf het, is ʼn buierige drietyd, wat meestal tussen B mineur en G wissel, soms E mineur, my gunstelingakkoord. ʼn Lekker tranetrekker. As ons van Phoenix of Nashville was, sou dit ʼn uitstekende country tune kon maak. Ek sal dit hierdie week aan die band voorlê om te sien wat hulle daarmee wil aanvang. Baie keer maak ons veranderinge nadat ons dit ʼn paar keer tussen trom en baskitaar rondegemoker het. Die borskas wat die longe versmoor is dalk bietjie too much vir ʼn refrein.

ʼn Volgende stap sou natuurlik kon wees om van die ergste rymdwang ontslae te raak en dit weer in ʼn gedig te verander. Die liriek se einde werk vir my beter as die gedig s’n.

Die band se volgende gig, saam met Die See

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Desmond Painter. November se ruiter in swart
Nini Bennett. Poësie en kontemporêre musiek: Van Koos du Plessis tot Danie du Toit →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: "Wilma Stockenström: Met my wysvingertop" (Ronel Foster, red.)
  • Joan Hambidge. Athol Harold Lannigan Fugard
  • Resensie: “Strik” (Gerhard Barkhuizen)
  • Anne-Marie Bartie. Kidnapping-accused mom told State witness she sold Joslin Smith to a sangoma, court hears

Nuutste bydraes

  • Gerard Scharn. dirge
  • Willem M. Roggeman.
  • Miel Vanstreels. Die jare
  • AVBOB Persverklaring
  • Wat lees jy? – “Die skuld wat bloed betaal” (Sandra Skinner)

Nuutste kommentaar

  1. Willem Hendrik Meyer on Kan iemand help?4 March 2026

    Dis wel my werk wat ek gedoen het vir die Oor die einders van die bladsy projek van die Noordwes…

  2. Alwyn Roux on Kan iemand help?4 March 2026

    Hierdie is die werk van Hennie Meyer.

  3. Petra Pienaar-Nel on Joan Hambidge. T.T. Cloete en die kanon3 March 2026

    Uit watter bundel kom die gedig oor Leopold?

  4. Thurston Cooper on Thurston Cooper. Stink Voete2 March 2026

    Trots om te sien dat my gedig “Stink Voete” vandag op Versindaba verskyn het. Dankie aan Marlies Taljard vir die…

  5. Rene Bohnen on Kan iemand help?28 February 2026

    Dit lyk soos Hennie Meyer (Winkel van Wanklanke) se werk, hy het sulke vuurhoutjieboksies gemaak vir 'n projek, ek dink…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d