Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
24 February 20116 September 2013

Desmond Painter. Steve Reich, The National, en die verhouding tussen klassieke musiek en rock

Ja, ek was stillerig vir ‘n week, maar ongelukkig nie omdat ek in São Paulo was nie. Ek moes my besoek op die laaste nippertjie uitstel (tot September, waarskynlik) en sedertdien is ek so besig (met persoonlike en werksadministrasie, met voorbereiding vir ‘n opkomende module, met nagraadse studente…) dat ek nie by blog kon uitkom nie. Om die waarheid te sê, ek kom nie eers by lees uit nie. Ek proe-proe so aan Kundera se jongste essaybundel, Encounter, maar ek vorder maar stadig met die roman langs my bed — en met akademiese leeswerk gaan dit nog swaarder. Kom ons sê maar dis die hitte… 

Bryce Dessner
Bryce Dessner
Op musiekfront het dinge darem heelwat beter gegaan. Ek luister soos gewoonlik onverpoos na alles en nog wat. En ons het hoeka baie lanklaas musiek gesels op hierdie webblad. My album van die jaar 2010 in die kategorie: rock was beslis The National se High Violet. En in die kategorie: klassiek? Dis ‘n moeiliker een; en ek wil amper sê: The National se High Violet! Dit is ook nie so verregaande nie. Ek het vantevore al opgemerk dat The National se voorstuwende, polsende perkussie my aan Steve Reich se musiek herinner. Hierdie week vind ek uit The National beskou Reich inderdaad as ‘n direkte invloed. Volgens hulle kitaarspeler, Bryce Dessner: “Our drummer Bryan Devendorf, and my brother Aaron and I are huge fans of Steve Reich. And I think the way he uses pulsing rhythms and layered textures in this piece [hy verwys hier na Reich se ‘Music for 18 musicians’ – DP] has been an influence on us.”
Steve Reich
Steve Reich

 

Die bewondering is klaarblyklik wedersyds. In ‘n onderhoud met Reich in die jongste Gramophone sê hierdie 75-jarige Amerikaanse komponis dat die ou grense tussen klassieke en rock musiek (en musikante) vir hom al hoe minder betekenis het; en noem hy The National dan as ‘n spesifieke voorbeeld van ‘n rockgroep wat ook ‘n aanvoeling vir kontemporêre klassieke idiome het. En dit bly nie by praat nie: The National se Bryce Dessner het verlede jaar elektriese kitaar gespeel op ‘n opname van een van Reich se jongste komposisies — ‘n stuk “klassieke” musiek, 2 x 5, wat hy vir ‘n rock-ensemble geskryf het.

En dan is einste Dessner self natuurlik ook ‘n klassiek-opgeleide kitaarspeler en komponis. Hy het, in ‘n soort parallelle loopbaan, al etlike klassieke komposisies vir kontemporêre ensembles gekomponeer: vir die New York Guitar Festival in 2006 byvoorbeeld “Memorial”, vir kitaar, altviool en perkussie. Hy het selfs al ‘n opdragwerk, “Aheym (Homeward)”, vir die bekende Kronos Quartet gelewer… In die vroeë twintigste eeu het groot modernistiese komponiste soos Bartok en Stravinski hulle deur volksmusiek en jazz laat beïnvloed; waarom sou dit nou anders wees met rock?

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

Desmond Painter. Conversation 16 →

2e gedagtes oor “Desmond Painter. Steve Reich, The National, en die verhouding tussen klassieke musiek en rock”

  1. Desmond Painter says:
    25 February 2011 at 12:42

    In 1990 was ek een aand by ‘n konsert waar Johannes Kerkorrel met net klavier, ‘double bass’ en (soms) klarinet-begeleiding gesing het. Hy het heelwat van die songs wat later op Bloudruk sou verskyn gespeel, maar ook heelwat van sy ‘kabaret’-tipe songs wat nooi opgeneem is nie. Een van hulle was ‘Welkom in Welkom’… Ai, as daar toe al ordentlik selfone was het ek ‘n bootleg gemaak. Nou het ek net vae herinneringe van ‘n magiese aand. Geniet ie veldwerk; sien jou by Woordfees!

    Reply
  2. Andries Bezuidenhout says:
    25 February 2011 at 12:30

    Desmond, dankie vir ‘n lekker stuk hier! Ek wens ek kon aan ‘n behoorlike gesprek daaroor deelneem, maar ek hardloop rond om veldwerk in Welkom (wens dit was Sao Paulo!) te gaan doen. The National se perkussie herinner my ook soms aan Joy Division.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Elisma van Zyl. Tydloos
  • Paul Kloppers. hemelrog
  • ND Cronjé. navigasie
  • Digtersprofiel: Vincent Oliphant
  • ND Cronjé. wiskunde

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d