Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
4 April 20116 September 2013

Desmond Painter. Conversation 16

High Violet
High Violet

Ek het al vantevore op hierdie blog geskryf oor The National se High Violet, myns insiens een van die groot rock albums van die afgelope klompie jare. Wat individuele liedjies betref, is dit maar moeilik om gunstelinge uit te sonder: dit is ‘n soort eenheidsalbum, ‘n liedsiklus, ‘n hedendaagse Winterreise; en verder was bykans elke enkele snit al op ‘n stadium uitgesonder vir ‘repeat play’ op my kar se CD-speler…

Ek het wel spesifiek groot bewondering vir die groep se volwasse, komplekse liedjies oor verhoudings; en wat dit betref is ‘Conversation 16’ beslis een van my gustelinge — ‘n liedjie waarna ek weer en weer kan luister. Nou sien ek The National het ‘n amptelike musiekvideo vir Conversation 16 laat maak, ‘n professionele gedoente, kompleet met bekende Hollywood akteurs in die ‘rolverdeling’… 

Dis ‘n heel kreatiewe video, maar die visuele verhaal wat daarin vertel word pas nie vir my by die toonaard en die emosionele nuanses van die liedjie nie. Ten minste, dit pas nie by wat ‘Conversation 16’ by my oproep nie. Miskien is dit maar net omdat ek my eie ‘video’ vir die liedjie in my kop het; iets donderker, dreigender, hartseerder; maar ook iets meer alledaags en gelate. Die voorstede, nie die Wit Huis nie; Stellenbosch, nie Washington nie. ‘Conversation 16’ is vir my ‘n liedjie waarna ‘n mens laatnag alleen in jou kar luister. Die enigste beelde wat dit nodig het: die liggies wat op die dashboard gloei; die laaste voorstedelike huise wat verbyskuif; en dan, in die voorruit se raam, die donker N1 uit die stad uit. Kyk maar self hier na die die video; en hier is die lirieke sommer ook:

 

Conversation 16

I think the kids are in trouble
Do not know what all the troubles are for
Give them ice for their fevers
You’re the only thing I ever want anymore
Live on coffee and flowers
Try not to worry what the weather will be
I figured out what we’re missing
I tell you miserable things after you are asleep

Now we’ll leave the silver city ’cause all the silver girls
Gave us black dreams
Leave the silver city ’cause all the silver girls
Everything means everything

It’s a Hollywood summer
You never believe the shitty thoughts I think
Meet our friends out for dinner
When I said what I said I didn’t mean anything
We belong in a movie
Try to hold it together ’til our friends are gone
We should swim in a fountain
Do not want to disappoint anyone

Now we’ll leave the silver city ’cause all the silver girls
Gave us black dreams
Leave the silver city to all the silver girls
Everything means everything

I was afraid, I’d eat your brains
I was afraid, I’d eat your brains
‘Cause I’m evil
‘Cause I’m evil

I’m a confident liar
Had my head in the oven so you’d know where I’ll be
I’ll try to be more romantic
I want to believe in everything you believe
I was less than amazing
Do not know what all the troubles are for
Fall asleep in your branches
You’re the only thing I ever want anymore

Now we’ll leave the silver city ’cause all the silver girls
Gave us black dreams
Leave the silver city to all the silver girls
Everything means everything

I was afraid, I’d eat your brains
I was afraid, I’d eat your brains
‘Cause I’m evil
‘Cause I’m evil
‘Cause I’m evil

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Desmond Painter. Steve Reich, The National, en die verhouding tussen klassieke musiek en rock
Andries Bezuidenhout. Bloodbuzz Ohio →

1e kommentaar op “Desmond Painter. Conversation 16”

  1. Andries Bezuidenhout says:
    4 April 2011 at 10:12

    Snap!

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Elisma van Zyl. Tydloos
  • Paul Kloppers. hemelrog
  • ND Cronjé. navigasie
  • Digtersprofiel: Vincent Oliphant
  • ND Cronjé. wiskunde

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d