Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
8 March 20116 September 2013

Desmond Painter. David Briggs: orrel en improvisasie

David Briggs

Op sy persoonlike webblad word David Briggs (geb. 1962) bekendgestel as “Organ Recitalist, Composer, Conductor and Improviser”. Hy is uitvoerende kunstenaar sowel as komponis, en sy gespierde, intense orrelspel en -komposisies laat ‘n mens soms wonder of hy as ‘n soort medium optree vir ‘n amalgamasie van Miles Davis, Jimi Hendrix, Fransz Liszt en JS Bach… 

En in ‘n sekere sin is dit ook so. Briggs skryf wel meestal liturgiese musiek (“kerkmusiek”), maar hy vind kreatiewe aansluiting en inspirasie by jazz- en rockmusikante soos Miles Davis en Jimi Hendrix — veral wat betref hulle gebruik van improvisasie, daardie intuïtiewe ontginning van die musikale moment wat goeie instrumentele “solo’s” in jazz en rock kenmerk.

Hiermee, eerder as dat dit ‘n afwyking van erkende klassieke musiekpraktyk is, herverbind Briggs hom aan ‘n lang tradisie van improvisasie in die klassieke musiek; ‘n kuns wat in die tye van Bach, Beethoven en Liszt (almal van hulle “performer-composers”) tweede natuur was, maar wat in die hedendaagse konsertkultuur en skeiding van die funksies “komponis” en “uitvoerende kunstenaar” grootliks in die slag gebly het. 

Briggs is een van die interessantste, opwindendste hedendaagse komponiste wat ek die afgelope jaar ontdek het, en die opname van sy Messe Pour Notre-Dame, wat in 2010 deur Hyperion uitgereik is, was beslis in my Top 10 klassieke albums van die jaar. In hierdie opname word Briggs se toonsettings van dele van die Mis afgewissel met sy werklik verruklike improvisasies. So skryf Presto Classical daaroor: “This disc includes Briggs’ Messe Pour Notre Dame, and features four movements of David Briggs’ own improvisations — the Introit, Offertorium, Élévation and Sortie. Very much aligned with French liturgical practice, this is Briggs captured in the heat of the improvised, unedited moment. These improvisations display a masterful range of mood and colour. There is delicacy, reflection and repose, alongside mighty bombast and truly gothic ‘shock and awe’. Listening to them is an uniquely thrilling musical experience.”

Die orrel word natuurlik deur Briggs self gespeel, terwyl Cambridge se uitstekende Trinity College Choir die sang behartig en Stephen Layton optree as dirigent. As jy van koor- en orrelmusiek hou, moenie dat hierdie een by jou verbygaan nie. En as Jimi Hendix en Miles Davis jou ding is, kom luister ten minste met ‘n oop gemoed!

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Desmond Painter. Nog ‘n David Briggs gedig

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d