Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
10 March 201120 July 2024

Pieter Odendaal. Kom glip in by SLiP

Die Stellenbosch Literary Project
Die Stellenbosch Literary Project

Tam-tararam-tam-tam-tam-tam! (lees: die tekstuele ekwivalent van pyrotechnics, sternum-vibrerende klankeffekte en juigende joliges.) As jy dit nog nie weet nie, SLiP is op pad. Dis nou die Stellenbosch Literary Project, ‘n inisiatief geloods deur Prof. Leon de Kock van die US se Engels Departement wat ten doel het om ‘n virtuele platform te skep vir Suid-Afrikaanse letterkunde in al haar gedaantes en tonge. Oor 7 dae gaan ons webwerf, www.slipnet.co.za, live gaan.

Twee maande gelede stuur ek ‘n e-pos aan die man wat Triomf vertaal het nadat ek ‘n voëltjie hoor fluit het dat hy ‘n projek vir die bevordering van ‘n meertalige literêre dialoog wil loods en ‘n side-kick nodig het.  Aanvanklik was Leon de Kock redelik deurmekaar gewees oor hierdie mannetjie wat pro-letterkunde is en terselfdertyd sy taalstudies vir biologie versaak het. Maar ons het dadelik gekliek en staan nou op die vooraand van iets wat ek dink bitter groot gaan wees. Tans bestaan ons bestuurspan uit Hale Tsehlane, Riaan Oppelt, Annel Pieterse, Prof. Leon de Kock en ek. Hale is ‘n digter in eie reg, Riaan verorber films en musiek en Annel is besig met haar doktorale proefskrif oor podiumpoësie. Leon de Kock het geen bekendstelling nodig nie: As digter, vertaler, akademikus en romansier (ja, sy eerste roman, Bad Sex, verskyn later die jaar) het hy die Suid-Afrikaanse literêre landskap al platgery met sy 4×4-verstand.

So, wat is SLiP se storie? Op ons tydelike tuisblad stel Leon de Kock dit as volg:

Our aim is to slip in some quality attention on major issues, important and emergent writers, and significant new publications in the field of South African writing – in all languages, and across all lines. The slipway tracks embedded in our logo signify crossings and intersections of any and all kinds. We reject all exclusivist agendas and partisan solidarities apart from a commitment to the project of literary writing.

Ons volledige “missie en visie” (ek haat hierdie term – dit laat my dink aan besighede en mense met lang, geldgierige vingers) kan op www.slipnet.co.za gelees word. Ons gaan ook verskeie  bloggers hê wat hul sê gaan sê:

  • Finuala Dowling – befaamde digter wat ook die Poetry Project (ons aanlyn-skryfskool) gaan orkestreer
  • Professor Sarah Nuttall – skrywer en akademikus
  • JC Blyk (beter bekend as Johannes van Jerusalem) – digter en mistikus
  • Khanyisile Mbongwa – uitvoerende kunstenaar en aktivis wat onder andere een van die stigterslede van die Gugulective is en bekend is vir haar video-gedigte
  • Corina van der Spoel – boekhandelaar en events-koördineerder
  • Dr. Daniel Roux – ‘n gerekende literêre kritikus wat oor die wel en weë van literêre teorie op sy blog “Theory Bytes” gaan berig
  • Jacob Dlamini – historikus en skrywer van Native Nostalgia

As jy nie reeds jou lippe aflek nie, sal die volgende inligting jou honger woordmaag behoorlik laat grom: SLiP wil ook ‘n aanlyn resensie-argief daarstel waar alle resensies (of dit nou op dooie bome of virtueel verskyn) van alle nuutverskene Suid-Afrikaanse literêre werke beskikbaar sal wees. Hiermee nooi ons dan ook resensente uit om resensies vir SLiP te skryf (stuur ‘n e-pos aan info@slipnet.co.za indien jy sou belangstel). Op die oomblik sukkel ons nog om voldoende fondse in die hande te kry, sodat ons ons resensente slegs met die betrokke geresenseerde boek en harte wat warm van dankbaarheid klop kan vergoed, maar sodra ons genoeg oë op ons blad kry, kan ons begin om hulle te betaal.

Buiten vir die webwerf gaan SLiP ook maandelikse poësiegeleenthede by Amazink in Kayamandi onder die titel “InZync” aanbied. Ons eerste aand is op die 1ste April en die volgende digters gaan optree: Finuala Dowling, Ingrid de Kok, Mbali Vilakazi en Primrose Mrwebi. Hulle sal opgevolg word deur ‘n string jong, bloeiende digters vanuit die Stellenbosch-area en enigiemand is welkom om aan hierdie oop mikrofoon-sessie deel te neem.

Meer inligting sal binnekort op ons webtuiste verskyn; hou intussen ons Facebook-profiel dop by http://www.facebook.com/SLiP.Group

*

Dankie aan Leon en Marlise wat goedwilliglik ingestem het dat ek ‘n bloginskrywing aan SLiP kon afstaan. Ten spyte van ons taal- en kulturele verskille, worstel alle skrywers in ons land met soortgelyke kwessies en daarom is dit lewensbelangrik om platforms te skep waar ons daaraan herinner kan word dat ons om dieselfde laatnagvuur sit om stories vir mekaar vertel.

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Onderhoud met Cas Vos
Nuwe webtuiste vir Suid-Afrikaanse lettere →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d