Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
23 March 201123 March 2011

Nuwe webtuiste vir Suid-Afrikaanse lettere

Die Stellenbosch Literary Project
Die Stellenbosch Literary Project

Einde verlede week is SliP, of te wel Stellenbosch Literary Project, amptelik op die internet gevestig en die eerste aanduidings is reeds dat hierdie ‘n besonderse webblad gaan wees wat ‘n belangrike bydrae gaan lewer tot die breë Suid-Afrikaanse letterkunde. Die projekleier is Leon de Kock en rondom hom het hy ‘n gedugte span redaksionele medewerkers byeen gebring, bestaande uit: Pieter Odendaal (webmeester),  Hale Tsehlana, Annél Pieterse en Riaan Oppelt.

Volgens die aankondiging op die hoofblad is SliP se oogmerk soos volg: “As our acronym suggests, our aim is to slip sideways into the online literary reporting game. We are not here to be all things to all people, or to cover every possible literary-cultural topic. However, if there is something amiss in the literary world, and the slip is showing, we will not blanch at the idea of highlighting it! We’ll go big on big issues, but we won’t try to spread ourselves so wide that you can’t see where we began and where we might end, either.”

Onder die bloggers wat tot die webblad gaan bydrae, is daar bekende name soos Finuala Dowling, Corina van der Spoel, Sarah Nuttall, JC Blyk (beter bekend as Johannes van Jerusalem), Khanyisile Mbongwa en Stellenbosse akademikus Daniel Roux. Van almal is daar reeds plasings wat gelees kan word.

Finuala Dowling
Finuala Dowling

Nog ‘n opwindende projek is die Poësie-leerskool wat deur Finuala Dowling bedryf gaan word. Hiervolgens plaas sy ‘n bepaalde opdrag aan die hand van ‘n gekose vers op die webblad vir aspirant digters. Die idee is dan dat daar gesprek gevoer word oor die aspekte wat deur Finuala uitgelig word. Vir haar eerste projek het sy Frank O’Hara se gedig “Lana Turner has collapsed” gekies.

Besoek gerus dié nuwe toevoeging tot ons literêre kuberlandskap en vergewis jou van wat op die groter verhoog van ons letterkunde aan die gebeur is.

Vir jou leesplesier volg Finuala Dowling se projekgedig onder aan die Nuuswekker.

***

Vanoggend is daar sommer heelwat nuwe inhoud om aan te kondig: Zandra Bezuidenhout se omvattende resensie van Breyten Breytenbach se bundel, die beginsel van stof, is geplaas; Philip de Vos besin op sy kenmerkende manier oor die toedrag van 60 jaar later, terwyl die amptelike notule van die skrywersvergadering wat op 12 Maart plaasgevind het, ook vir kennisname en bespreking geplaas is. Hoe voel JY oor die aangeleenthede wat daar bepraat is?

Ten slotte fokus ek jou aandag op ‘n hele aantal vertalings deur Peter Louw wat ontvang en in die vertaalkamers geplaas is. Volg gerus die blikvanger se skakels op die hoofblad om betrokke vertalings te lees.

En daarmee eers weer groete. Geniet dié middel-van-die-week dag.

Mooi bly.

LE

 

Lana Turner has collapsed

 

Lana Turner has collapsed!

I was trotting along and suddenly

it started raining and snowing

and you said it was hailing

but hailing hits you on the head

hard so it was really snowing and

raining and I was in such a hurry

to meet you but the traffic

was acting exactly like the sky

and suddenly I see a headline

LANA TURNER HAS COLLAPSED!

there is no snow in Hollywood

there is no rain in California

I have been to lots of parties

and acted perfectly disgraceful

but I never actually collapsed

oh Lana Turner we love you get up

 

© Frank O’Hara

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Pieter Odendaal. Kom glip in by SLiP

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d