
Einde verlede week is SliP, of te wel Stellenbosch Literary Project, amptelik op die internet gevestig en die eerste aanduidings is reeds dat hierdie ‘n besonderse webblad gaan wees wat ‘n belangrike bydrae gaan lewer tot die breë Suid-Afrikaanse letterkunde. Die projekleier is Leon de Kock en rondom hom het hy ‘n gedugte span redaksionele medewerkers byeen gebring, bestaande uit: Pieter Odendaal (webmeester), Hale Tsehlana, Annél Pieterse en Riaan Oppelt.
Volgens die aankondiging op die hoofblad is SliP se oogmerk soos volg: “As our acronym suggests, our aim is to slip sideways into the online literary reporting game. We are not here to be all things to all people, or to cover every possible literary-cultural topic. However, if there is something amiss in the literary world, and the slip is showing, we will not blanch at the idea of highlighting it! We’ll go big on big issues, but we won’t try to spread ourselves so wide that you can’t see where we began and where we might end, either.”
Onder die bloggers wat tot die webblad gaan bydrae, is daar bekende name soos Finuala Dowling, Corina van der Spoel, Sarah Nuttall, JC Blyk (beter bekend as Johannes van Jerusalem), Khanyisile Mbongwa en Stellenbosse akademikus Daniel Roux. Van almal is daar reeds plasings wat gelees kan word.

Nog ‘n opwindende projek is die Poësie-leerskool wat deur Finuala Dowling bedryf gaan word. Hiervolgens plaas sy ‘n bepaalde opdrag aan die hand van ‘n gekose vers op die webblad vir aspirant digters. Die idee is dan dat daar gesprek gevoer word oor die aspekte wat deur Finuala uitgelig word. Vir haar eerste projek het sy Frank O’Hara se gedig “Lana Turner has collapsed” gekies.
Besoek gerus dié nuwe toevoeging tot ons literêre kuberlandskap en vergewis jou van wat op die groter verhoog van ons letterkunde aan die gebeur is.
Vir jou leesplesier volg Finuala Dowling se projekgedig onder aan die Nuuswekker.
***
Vanoggend is daar sommer heelwat nuwe inhoud om aan te kondig: Zandra Bezuidenhout se omvattende resensie van Breyten Breytenbach se bundel, die beginsel van stof, is geplaas; Philip de Vos besin op sy kenmerkende manier oor die toedrag van 60 jaar later, terwyl die amptelike notule van die skrywersvergadering wat op 12 Maart plaasgevind het, ook vir kennisname en bespreking geplaas is. Hoe voel JY oor die aangeleenthede wat daar bepraat is?
Ten slotte fokus ek jou aandag op ‘n hele aantal vertalings deur Peter Louw wat ontvang en in die vertaalkamers geplaas is. Volg gerus die blikvanger se skakels op die hoofblad om betrokke vertalings te lees.
En daarmee eers weer groete. Geniet dié middel-van-die-week dag.
Mooi bly.
LE
Lana Turner has collapsed
Lana Turner has collapsed!
I was trotting along and suddenly
it started raining and snowing
and you said it was hailing
but hailing hits you on the head
hard so it was really snowing and
raining and I was in such a hurry
to meet you but the traffic
was acting exactly like the sky
and suddenly I see a headline
LANA TURNER HAS COLLAPSED!
there is no snow in Hollywood
there is no rain in California
I have been to lots of parties
and acted perfectly disgraceful
but I never actually collapsed
oh Lana Turner we love you get up
© Frank O’Hara