Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
17 March 20119 May 2011

Marius Crous. Voorblaaie en Spivak se bestuurslisensie

1

Diorama
Diorama

Een van die mooiste omslagontwerpe is seer sekerlik die op Johann Lodewyk Marais se Diorama. Ek onthou toe ek destyds my eerste bundel voorgelê het vir publikasie het ek ewe kordaat genoem dat ek graag ‘n Keith Alexander-skildery voorop wou hê.  Maar Nichol & kie was slim genoeg om op die kaartontwerp te besluit.

Diorama spog met ‘n swoele oerwoudstoneel met ‘n bruisende waterval en in die helderste kleure. Poster-agtig mooi. Sommige mense kan dit as kitsch afmaak, maar vir my is dit ‘n koloniale landskapskildery wat bo ‘n kaggel hoort; ‘n Edeniese aanklag teen die mensdom.

Wie onthou nog uit hul studiejare daardie klein geel Duitse boekies? Was dit van Reclam Verlag? Piepklein en in sulke helder kerriegeel omslae. Voorts was daar ook die kartonbuiteblaaie van die ander Duitse tekste met sulke lyntekeninge op.

In Afrikaans dink ek was die voorbladontwerp nog altyd ‘n tipe van ‘n lokmiddel om die koper (en hopelik leser) aan te spoor. Met die klassieke kortverhaalreeks van Human & Rousseau word hiervan wegbeweeg en is die voorblaaie, byna nes Eybers se digbundels al die jare, gestroop van enige ontwerp.

Gaan dit om die inhoud? Die naam van die skrywer? Of moet uitgewers mense lok met voorbladontwerpe? En hoekom was ons al die jare nog so sku vir slapbandboeke? Romans in sierlike blink harde omslae met foto’s en kunstige ontwerpe. Mense koop immers met die oog.

J P Smuts se Burgerband was altyd vir my een van die boeke met die onooglikste voorblaaie. Voorop, ‘n man met ‘n geweer wat skiet na flappende oop boeke. Hoekom dan tog? Mooi voorblaaie was daar tog vele: die skelet op Die anatomie van melancholie, die ontwerpe van Agaat en Die sneeuslaper of Die hemel help ons. Te veel om op te noem. En die gewaagdste? Onthou jy nog As die nood hoog is?

Vuurwiel
Vuurwiel

Ek wil ook nog die interessante gesprek ondersoek tussen die omslae van Carol Anne Duffy se Rapture en Joan Hambidge se Vuurwiel. Die leë beddens. Die lakens. Die tematiese ooreenkomste.

Ewe interessant is die keuse van omslag vir die Engelse vertaling van ‘n roman. Watter nuwe “betekenisse” word geaktiveer? Hoe word die keuses gemaak met die oog op ‘n buitelandse mark? Triomf met sy miniatuurskildery teenoor die Bagdad Café-agtige helder voorblad van die Amerikaanse uitgawe. Nogal ‘n heel opwindende tekstuele speletjie wat mens kan speel met omslae en hoe hulle met elke herdruk verander.

Julia Kristeva
Julia Kristeva

 

Dan is daar ook die omslae van Julia Kristeva se vroeëre akademiese boeke. Lesers van Kristeva se werk het deur die jare gewoond geraak aan die jong meisie met die vasgebinde hare en die skerp, skraal gesig. Op latere boeke is die senior Kristeva in pakkie (seker Chanel?) en met gestyfde hare.

 

2

Spivak
Spivak

Ek lees in ‘n onderhoud met Spivak (Public Culture 13(1), 2001) in antwoord op die vraag oor haar eie ervaring as vertaler: Toe sy in 1967 haar toets vir haar bestuurslisensie moes aflê, het sy filosofies gewonder oor die antwoorde op haar vrae. Volgens haar het sy gefaal in ‘n lae-vlak epistemiese vertaling wat die Iowa Motorlisensiedepartement aan haar gestel het, maar kon as jong akademikus wel Derrida se Of grammatology vertaal. Spivak gebruik hierdie voorbeeld om aan te toon dat alle leeswerk eintlik ‘n vorm van vertaling is. Probeer en tref.

Mens kan jou net die filosofiese kammagesprek tussen Mr Cop en die jong Indiese intellektueel voorstel; die filosofiese gesprekke oor die nut van driepuntdraaie en die epistemologie van die blindekol.

  

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Digstring: Johann Lodewyk Marais. RICHARD E. LEAKEY
Marlies Taljaard.Beeld en teks 2: Thomas Baines – Johann Lodewyk Marais →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Joan Hambidge. Kerstyd 2024
  • Joan Hambidge. The upturn palm
  • Albi Prinsloo. Verlossing
  • Retha van Deventer. ekwilibrium
  • Hennie Maartens. Water

Nuutste bydraes

  • Elmarie Nienaber Van Kampen. trapklip no 12
  • Nuwe bundel van Miel Vanstreels
  • Marthé McLoud. 31 Desember 1997
  • AVBOB Persverklaring
  • Digtersprofiel: Daniel Hugo

Nuutste kommentaar

  1. Rina Cascione on Nini Bennett. My Octopus Teacher5 December 2025

    'n Allerlieflike gedig oor 'n wonderlike dokumentêr. Dankie Nini! Jy het dit met soveel verbeelding vasgelê.

  2. Johan on Sanette Scheepers. Vrykoop5 December 2025

    Ek hou daarvan en ek verstaan die inhoud.

  3. Ben Nel on Andrea Sieberhagen. Ontsnapping5 December 2025

    Andrea, jy is ‘n rots Baie dankie vir jou bydrae tot die samelewing! Groete Ben

  4. Schalk Botha on Andrea Sieberhagen. Een helder ster4 December 2025

    Dis dalk nie die beste aand om hierdie impakvolle gedig te lees en te bedink nie; veral om uit ‘n…

  5. Marthé McLoud on Johann Lodewyk Marais. Johann de Lange in Sunnyside en Pretoria.3 December 2025

    Ek geniet die artikelreeks oor Johann verskriklik baie. Baie interessant. Dankie daarvoor.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d