Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
21 March 201118 March 2011

Film oor Ingrid Jonker se lewe op pad

Advertensie
Advertensie

In Nederland sit die film-entoesiaste in afwagting op Black Butterflies, die film oor die lewe van Ingrid Jonker, wat die einde van die maand in hul teaters begin draai. Volgens alle aanduidings is hierdie inderdaad ‘n film wat reg laat geskied aan die tragiese kompleksiteit van een van ons literêre ikone; in só ‘n mate dat De Contrabas van verlede week af elke week twee kaartjies as pryse gaan weggee.

Op Black Butterflies se amptelike webtuiste, word Ingrid Jonker soos volg getakseer: “Ingrid Jonker (1933-1965) was een van de meest invloedrijke Zuid-Afrikaanse dichters van haar generatie. Vaak wordt ze vanwege haar grote talent, haar schoonheid en eeuwige hunkering naar liefde vergeleken met Virginia Woolf, Sylvia Plath en Marylin Monroe. Tijdens haar korte leven was ze al een zeer gewaardeerd schrijfster, maar pas nadat Nelson Mandela haar beroemde gedicht ‘Het Kind‘ voordroeg, tijdens de opening van het parlement in 1994, krijgt Ingrid de waardering van het grote publiek die ze verdient. Mandela noemt haar zowel een Afrikaner als een Afrikaan en Ingrid groeit uit tot een waar icoon. Haar werk wordt tot op de dag van vandaag door miljoenen Zuid-Afrikaners gelezen en op scholen onderwezen.”

Ingrid Jonker
Ingrid Jonker

Nog ‘n interessante stuk oor dié film wat gelees kan word, is Carina van der Walt se voorskou op LitNet. Veral oor die volgende is ek verheug aangesien dit die Afrikaanse digkuns aan nog ‘n groter gehoor gaan bekendstel: “Sonder poësie in die film sou die filmmakers Jonker ‘n onreg aangedoen het. Dan was die ondertone in die film te swart. Dis haar pragtige, lugtige poësie wat alles draaglik maak. Vandaar miskien die titel: Black Butterflies. Die film begin en eindig met aanhalings uit verskillende gedigte. Jonker se jongmeisie-kamermure is in die film vol met poësiereëls geskryf. Van Houten (die aktrise wat Jonker vertolk) mymer poësie; skryf ingedagte reëls neer op ‘n toegewasemde spieël.”

Vir jou verdere leesplesier volg die gedig “Korreltjie niks is my dood” in die Engelse vertaling van Antjie Krog en André Brink en onder aan vanoggend se Nuuswekker.

***

En daarmee eers weer groete. Geniet hierdie ekstra rusdag en wat ook al daarop mag volg.

Mooi bly.

LE

 

Little Grain of Sand

Grain little grain of sand
pebble rolled in my hand
pebble thrust in my pocket
a keepsake for a locket

Little sun big in the blue
a granule I make out of you
shine in my pebble little grain
for the moment that’s all I can gain

Baby that screams from the womb
nothing is big in this tomb
quietly laugh now and speak
silence in dead-end street

Little world round and earth-blue
make a mere eye out of you
house with a door and two slits
a garden where everything fits

Small arrow feathered into space
love fades away from its place
Carpenter seals a coffin that’s bought
I ready myself for the nought

Small grain of sand is my word, my breath
small grain of nought is my death

© Vertaling: 2007, Antjie Krog & André Brink
Uit: Black Butterflies (Human & Rousseau)

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Ilze Gertenbach. Die moontlike terapeutiese waarde van skeppende werk
Elly de Waard. Gedicht aan Ingrid Jonker →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Elisma van Zyl. Tydloos
  • Paul Kloppers. hemelrog
  • ND Cronjé. navigasie
  • Digtersprofiel: Vincent Oliphant
  • ND Cronjé. wiskunde

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d