Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
18 April 201120 July 2024

Pieter Odendaal. Oor Larkin en die liefde, o die liefde

Die meeste versaaktes eet berge sjokolade, drink bierriviere leeg of wandel doelloos in woude vol winkels rond om die brandbeeld van hul geliefde se gesig, die lenige hande, die soepel mond, uit hul kop te kry. Ander radeloses kies om iewers onder ’n boom te gaan sit en te lees. Te lees en te lees en te lees – totdat iemand iewers oor tyd- en taal- en ouderdomsgrense heen iets sê wat treurig in jou keel kom lê. Iets soos Phillip Larkin se “Love Again”:

Love again: wanking at ten past three
(Surely he’s taken her home by now?),
The bedroom hot as a bakery,
the drink gone dead, without showing how
to meet tomorrow, and afterwards,
and the usual pain, like dysentery.

Someone else feeling her breasts and cunt,
someone else drowned in that lash-wide stare,
and me supposed to be ignorant,
or find it funny, or not to care,
even … but why put it into words?
Isolate rather this element

That spreads through other lives like a tree
and sways them on in a sort of sense
and say why it never worked for me.
Something to do with violence
a long way back, and wrong rewards,
and arrogant eternity.

Ag, en ja, hy was ’n ou drek van ’n omie, maar hy kon gedigte skryf wat jou aan die strot gryp – veral as jy jou in ’n toestand van post-verhouding melankolie bevind. Ek vermoed in elk geval dat die terugkerende geteem van ’n versaakte (“hoekom het jy my verlaat?”) niks anders as narsistiese verontwaardiging is nie (“kan jy dan nie sien hoe awesome ek is nie?”). En alle narsiste (lees: digters) is tog gekke drekke, nie waar nie?

Want as jy eers met jouself opgeskeep sit, gaan jy vanselfsprekend vir jou woordspieëls maak om jou skete in al hulle objektiewe glorie te aanskou. Wys vir die ganse mensdom hoe opgeneuk jy is sodat hulle kan begryp hoekom jy so alléén is. Worstel met jou duiwels.
Kasty jouself. Eet minder, skryf meer.
Plaas jou kop op ’n blok of in ’n oond.
(Maak onsensitiewe verwysings na digters
wat werklik troubled was.)
Later, as jy afgekoel en opgevlam
en afgekoel en opgevlam en afgekoel het,
maak asof die een in die spieël
jou geliefde is en dra jou verse
van verloëning hardop aan die ander voor.
Bedel om vergifnis.
Stort jou ingewande uit.
Wees melodramaties.
Skryf hoërskoolpoësie.
Verbrand jou poëme.
Skryf poësie oor jou onvermoë
om poësie te skryf.
Post iets op Versindaba.
Klop jouself op die skouer.

Herhaal.

********

Meiose

Ek wil hierdie geleentheid graag gebruik
om jou DNS te bedank
vir sy pragtige self-vertalings,
die selle wat vergader
om jou te bou.

Vir die hoë konsentrasie melanien
wat jou oë spoelklippe maak,
die keratien wat hier
en daar haartjies kweek,
jou porieë wat bedwelmend
fluister, hul asems hoendervleis.

Laat ek dan ook sommer nou
jou bene bedank vir hulle ondersteuning –
sonder hulle sou jou spiere nie soos druiwe
in die wingerd van jou lyf kon hang nie;
en jou tendons, daardie onvolprese kabels,
wat jou bewegings glad laat geskied

en my snags laat wakker lê:
die ritme van jou stap,
die grammatika van jou vêr, vêr hande
en die wegdraai van jou gesig
soos die laaste reël van ’n gedig.

© Pieter Odendaal, April 2011.

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

7e gedagtes oor “Pieter Odendaal. Oor Larkin en die liefde, o die liefde”

  1. Pieter Odendaal says:
    25 April 2011 at 16:36

    Dankie vir al die mooi woorde.

    Reply
  2. Rene says:
    25 April 2011 at 15:42

    Dit is werklik mooi en raak!

    Reply
  3. Amanda Lourens says:
    21 April 2011 at 09:53

    Regtig baie mooi, veral die laaste twee reels.

    Reply
  4. Thomie says:
    19 April 2011 at 23:14

    ek dink. dankie.

    Reply
  5. Beatrice Russo says:
    19 April 2011 at 09:32

    Petrus, jy maak mooi!

    Reply
  6. Charl-Pierre says:
    18 April 2011 at 16:39

    Meiose is werklik baie mooi.

    Reply
  7. Anneke says:
    18 April 2011 at 14:14

    Wow. Die gedig is werlik pragtig. Volgens my meer treffend as Larkin,hehe. Seker omdat dit in Afrikaans is. Goed om te sien jyt die lingo van jou nuwe kursus ingebring in jou skryfwerk. Dit voel baie vars. Hoop dit gaan nog goed.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Koos de Wet. vóór die smelting
  • Digtersprofiel: Gert Vlok Nel
  • Meyer van Rensburg. Spieëlkamer
  • Margaret Cordier-Biermann. Verlossing
  • Wynand J Booysen. koue afgrond

Nuutste kommentaar

  1. Miel Vanstreels on Miel Vanstreels. Voorlopig1 August 2026

    Dankie, Marieta

  2. Conrad on Hans du Plessis. Psalm 121 (Stemgreep)30 July 2026

    Goeie middag ek is n koorleier van die VGK Kerk Kraaifontein en is op soek na die SATB Blad musiek…

  3. Marieta McGrath on Miel Vanstreels. Voorlopig30 July 2026

    Stout gedig! Baie snaaks!

  4. Bernie on Rainer Maria Rilke. Almal wat Jou soek, beproef Jou (vert.)29 July 2026

    Kan die vertaler dalk verduidelik waarom hy hoofletters gebruik in sy vertaling terwyl Rilke kleinletters gebruik.

  5. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Plaagbeheer28 July 2026

    Ja, hoe beheer ‘n mens die plaag waarvan in die slotreël gewag gemaak word …?

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d