Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
20 April 201127 May 2011

R.S. Thomas – vertaling in Afrikaans

R.S. Thomas – vertaal deur Daniel Hugo

 

 

 

Weg

na R.S. Thomas

 

Daar was ‘n plant wat geblom het

en ‘n hand het dit kom pluk.

 

Daar was ‘n stroom wat gevloei het

en ‘n lyf het dit vuilgemaak.

 

Daar was ‘n suiwer spieël

van water en ‘n gesig het gekom

 

en daarin gekyk. Daar was woorde

en oorloë en verdrae, en voete

 

het die aarde vertrap en wiele

het dit verskroei; en daar was

 

‘n ontploffing. Daar was stof

en stilte; en uit die stilte

 

het ‘n plant gegroei, en die dou

het daarop gevorm; en ‘n stroom

 

het uit die dou gesypel om

‘n spieël te skep, en die spieël was leeg.

 

(Uit: RS Thomas. Collected Poems 1945-1990.)

 

 

 

Die leë kerk

na R.S. Thomas

 

Hulle het hierdie klipstrik

vir hom gestel, hulle lok hom met kerse

asof hy soos ‘n enorme mot uit die donkerte

sal verskyn om hier sy vlerke te kom klap.

Maar hy het voorheen in die mensdom

se vlam verskroei en ontsnap, wat agterbly

is ‘n verskeurde noodsaak.

Hy sal nooit weer in ons strik

 

trap nie. Waarom kniel ek dan nog

en stryk my gebede op ‘n hart

van klip? Is dit in die hoop

dat een van hulle sal ontvlam

en op sy verligte mure die skaduwee

sal gooi van iemand groter as my begrip?

 

Vertalings: Daniel Hugo, April 2011

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Herman de Coninck – vertaling in Afrikaans
Yvette Christiansë – vertaling in Afrikaans →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Gedigkompetisie: Praat ’n slag (weer) met N.P. van Wyk Louw en/of sy grootwordwêreld!
  • Meyer van Rensburg. Werkwese
  • Resensie: “Krap – oop toe om rond uitkrap” (Koos de Wet)
  • Koos de Wet. vóór die smelting
  • Digtersprofiel: Gert Vlok Nel

Nuutste kommentaar

  1. Hester Steenkamp on Digtersprofiel: Melt Myburgh3 August 2026

    Oewerbestaan is een van my kosbaarste besittings. Die bundel lê my baie na aan die hart.

  2. Miel Vanstreels on Miel Vanstreels. Voorlopig1 August 2026

    Dankie, Marieta

  3. Conrad on Hans du Plessis. Psalm 121 (Stemgreep)30 July 2026

    Goeie middag ek is n koorleier van die VGK Kerk Kraaifontein en is op soek na die SATB Blad musiek…

  4. Marieta McGrath on Miel Vanstreels. Voorlopig30 July 2026

    Stout gedig! Baie snaaks!

  5. Bernie on Rainer Maria Rilke. Almal wat Jou soek, beproef Jou (vert.)29 July 2026

    Kan die vertaler dalk verduidelik waarom hy hoofletters gebruik in sy vertaling terwyl Rilke kleinletters gebruik.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d