Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
10 May 201117 May 2011

Andries Bezuidenhout. Burgersdorp in beeld, of twee beelde

I

Burgersdorp, in die Noordoos-Kaap naby die Garieprivier en dus die Vrystaat se grens, is een van die plekke wat ’n besonderse rol in die stryd om die erkenning van Afrikaans gespeel het. Inwoners van die dorp het in 1893 reeds ’n taalmonument opgerig: ’n klassieke marmerbeeld van ’n vrou wat ’n boek in haar linkerarm vashou. Met die wysvinger van haar regterhand vestig sy die aandag op die boek. 

 

 

Taalmonument(e), Burgersdorp

Burgersdorp het inderdaad ’n ryke oes van Afrikaanse skrywers opgelewer! Een van die mees kleurryke taalstryders van Burgersdorp was ongetwyfeld Jan Lion Cachet. As Oom Jan was hy verantwoordelik vir ’n aantal versies, onder meer die volgende reëls oor die Afrikaanse taal:

Ek is ’n arme boerenôi,
By vele min geag.
Maar tog is ek van edelbloed,
En van ’n hoog geslag.

Lion Cachet se eie afkoms is nogal interessant. Hy was die eerste dosent aan die Gereformeerde Kerk se teologiese skool in Burgersdorp. Hy is in Nederland gebore en was van Joodse afkoms. Sy ouers is gekersten toe hy elf jaar oud was. Hy het in 1860 as onderwyser na Suid-Afrika gekom en onder Dirk Postma teologie bestudeer.

Gereformeerde Kerk, Burgersdorp
Gereferomeerde Kerk, Burgersdorp - detail

’n Besoek aan Burgersdorp gee ’n mens insig in die bitterheid en felheid waarmee die taalstryders die Engelse gepak het. Tydens die Anglo-Boereoorlog, in 1901, het lord Milner die beeld laat verwyder. Die hele dorp is deur die Engelse gedwing om te aanskou hoe Piet Kloppers, ’n rebel wat aan die kant van die Boere-republieke geveg het, tereggestel is. Lion Cachet se seun is in die oorlog doodgeskiet.

Ná die oorlog, in 1907, is ’n replika van die beeld opgerig. Die oorspronklike beeld is in 1939 in King William’s Town opgegrawe. Maar dit was sonder kop en regterarm – erg verrinneweer. Vandag staan die oorspronklike en die replika neffens mekaar op die plein. Ek sien egter dat die replika se vinger, wat na die boek moet wys, ook nou afgebreek is. Dit het seker gebeur toe die volk boeke vir sepies verruil het!

Oor die "vyand van die Afrikaner"...

’n Inligtingsbrosjure oor Burgersdorp noem dat “kleurlinge… saam met die boeregesinne vanaf Graaff-Reinet, Cradock en Colesberg” daar kom woon het. Dit noem ook: “Die kleurlinggemeenskap het sedert 1957 apart van die blankes en swart mense ontwikkel.”

Wat ’n eufemisme! Vandag nog, sê die brosjure, woon hulle in die Eureka-woongebied.
Dit was natuurlik die taalstryders se grootste fout: Om meer as die helfte van die taal se sprekers te ontken en te misken. Hulle is van die kieserslys geskrap, uit woongebiede verwyder en mog nie biblioteke en toneelteaters besoek het nie. Hulle het reggekry waarteen N.P. van Wyk Louw gewaarsku het en wat lord Milner self nie kon regkry nie – om Afrikaanssprekers van hul moedertaal te vervreem.

II

GEREFORMEERDE HEILDRONK OP JAN LION-CACHET
(na ʼn besoek aan Burgersdorp)

as die oggend oopbreek is selfs die winter helder
vlas fladder bo en hier onder is jou beker al koud
die moer en die papbord se vet het gestol
maak die boek toe trek die gordyn eenkant
sê hulle moet die stoof stook hulle moet water kook
en as warrelwinde stofwolke opklits dink jy soms terug
onthou jy winters polders meulens wat knars
en beur en pomp teen vog wat in mure muf
onthou jy hoe pa hout in die herd pak die huis kil
en klam lig skuifel flou oor die vloer stil
lê gragte onder gerwe rook teen die lae lug
dit was lank gelede vir jou ʼn skeepsreis ver
na ʼn ander vaster land jou mense altyd op vlug

hoe reis jy van die laeland avondland waterland
na hierdie land waar alles bars en los is
waar dorings deur die sole steek
die son die vel se bolwerk breek?
hier waar dit oop en droog is die hemel hoog is
hier op die vlaktes van burgersdorp tussen koppies
rantjies waar skape vrank aan bossies kou
en rustenburg waar osse doringbome uit die aarde ruk
vir ploeg en plant en die skemer vlamme uit die klowe pluk
op hiérdie vlaktes het jy stuurs jou stoere kerk kom bou
het jy pen en toga opgeneem gedig en betoog
met totius pannevis en hoogenhout sodat ons moedertaal
gehoor kan word in raad kantoor en skoollokaal

seun van salomon lion-cachet en rachel hamburger
seun van ʼn ou en ander diaspora die klokke lui goties
in afrika rig die doppers psalms na bowe:

mazel tov oom jan
mazel tov

 

Taalmonument, detail 1
Taalmonument, detail 2
Taalmonument, detail 3
Taalmonument, detail 4

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Desmond Painter. By die Taalmonument

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Augustus-kompetisie
  • Resensie: “om my kastele in Spanje te sloop” (jaco barnard-naudé)
  • Resensie: "wanneer woorde asemhaal" (Maritha Broschk) & "swartland" (Rudolph Willemse)
  • Sonja Loots in gesprek met Alwyn Roux oor "Weerskyn"
  • Resensie: "Kinderlê" deur Lynthia Julius

Nuutste bydraes

  • Resensie: “De Ontdekking van het eiland: breytenbachiana” (Yves T’Sjoen)
  • Resensie: “Feesmaalgang” (Dietloff van der Berg)
  • Jacobus Swart. Franz Kafka
  • Gerard Scharn. Abstract portret door Wopko Jensma
  • Marthé McLoud. Gogo

Nuutste kommentaar

  1. Gerard Scharn on Jacobus Swart. Franz Kafka14 May 2025

    Beste Jacobus Swart, het leven van Kafka kort maar compleet weergegeven. Tientallen boeken hoeven nu niet meer gelezen te worden.

  2. Ena on Celesté Fritze. Vergetedal8 May 2025

    Mooi, Celeste!

  3. Barbara Steyn on Celesté Fritze. Vergetedal8 May 2025

    Soooo mooi beskryf!!!

  4. Anira van der Walt on Floris van Zyl. ‘n tafereel van haat en lus en liefde7 May 2025

    Pragtige gedig Floris.

  5. Anita Van der Walt on Nuwe Versindaba-kompetisie: Skryf ‘n ekfrastiese gedig7 May 2025

    Ekfrasties se moer Eksellent eksekutief Eksklusief eksegeties Eksoties beproef

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d