Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
17 May 201117 May 2011

Zandra Bezuidenhout. Met leedwese

MET LEEDWESE

 

Ek het nie reg gemaak met jou nie Pa

wou nie dat jy by my in-kyk nie

het weggeskram van alle praat

en aan-raak met `n stywe rug vermy

die wig wat tussen ons sou  bly

tot met jou sterwe vroeg in Mei

toe jou gesig so naby was

wou ek verduidelik

in die halflig van `n dodekamer

dat ek bang was

dat jy my drif sou ken.

 

Ek het gesien hoe jy al-wetend kyk

jou oë tergerig as jy my toevallig teëkom

hoe ek in die gang jou blik ontduik

wanneer `n kêrel aanklop voor die dans

jy het geweet hoe ek al vroegaand liggies sweet

en dat die polsing van die trom en basviool

die glytoon van saksofoon

my oor die rand sou stoot

tot in die nag `n warm hand

die bandjies van my flambojante rok

laat glip oor die sonbruin skulp

van skouers en hals

tot alles kartelend oop was

hoe ek en hy uitasem

die ritme van die nag sou ry –

 

want jy was self `n sater van `n Pa

die tekens het jy immers

op jou vingerpunte saamgedra

voortaal en spel was vir jou mooi

ja jy het geweet

alles was uitgeknip om te verlei

ek het jou skrams gegroet

die geur van Worth-parfuum

het in die gang bly hang

toe jy so skuinskop

in die voordeur agterbly.

 

Ek het nie reg gemaak nie Pa

omdat jy naby was

en uit dieselfde seebamboes gesny.

 

 

© Zandra Bezuidenhout. Mei 2011

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Resensie: Braille-briewe (MM Walters)
Zandra Bezuidenhout – vertaling in Engels →

2e gedagtes oor “Zandra Bezuidenhout. Met leedwese”

  1. Zandra Bezuidenhout says:
    26 November 2012 at 10:58

    Dankie vir kommentaar op ‘n gedig wat lank gelede geplaas is, Zelda. Dis ‘n gedig oor ‘n situasie wat my na aan die hart lê, soos jy dit klaarblyklik aangevoel het.
    Zandra

    Reply
  2. Zelda says:
    24 November 2012 at 20:31

    Hartvol Zandra!

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies
  • Carla Botha. Lesse in Wêreldreise
  • Stephan du Toit. Moed

Nuutste bydraes

  • Johann Lodewyk Marais. Swartoogtiptol
  • Hennie Maartens. blommeprag
  • Joan Hambidge. Sheila Cussons en die verwikkelde lyn
  • Johann Lodewyk Marais. Seisoen
  • Koos de Wet. Onse Raka

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Joan Hambidge. Sheila Cussons en die verwikkelde lyn17 August 2026

    Marlies Taljard: Johann se Lange het destyds in "Kaapse Paragrawe" soms oor Sheila Cussons geskryf. Sien byvoorbeeld dié onderhoud wat…

  2. Andries Fourie on Andries Fourie. Soos die val van ‘n veer16 August 2026

    Baie dankie Anne-Marie!

  3. Joan Hambidge on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Borges11 August 2026

    Dank. Albei is wonderbaarlike digters. Ek lees nou weer die hele Cussons en hoe sy Neruda en Borges vir ons…

  4. Mirinda on Krige Visser. lykskou10 August 2026

    Iets wat mens nooit sal vergeet nie....veral wanneer so jonk en sensitief...en die reuke sal mens altyd bybly...

  5. Eugene Vorster on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Borges10 August 2026

    Beste Professor Hambidge, baie dankie vir hierdie boeiende artikel. Dit inspireer ‘n mens om verder oor Borges & Cussons te…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d