Andries Bezuidenhout. Die Fluitende Predikantsvrou

Dis suiwer poësie. Dis hoë kultuur. So hoog as wat dit kom. Boonste rakke. Hoër as die boonste rakke. Dis nie uit die boonste rakke nie. Dis ver bo die boonste rakke. Dis op die hoogste dakke. Dit laat Afrikaans saam met die ander wêreldtale praat. Nee! Sing! Dit laat Afrikaans saam met die ander wêreldtale SING! Of fluit. Dis ʼn merkwaardige opname. ʼn Oorwinning. Dit wys dat skoonheid oor alle boosheid kan seëvier. Dis die triomf van die lippe. Van asem – asembenemend – wind oor lippe en deur die orrelpyp. Dis  ʼn nuwe era! Dis die daeraad van Afrikaans. Dis die uitmuntende, die uitstekende, die Fluitende Predikantvrou! Luister hier – dit slaan jou asem weg. En sy het nou ʼn werf op Facebook. Sluit vandag aan!

Bookmark and Share

9 Kommentare op “Andries Bezuidenhout. Die Fluitende Predikantsvrou”

  1. Ek dink ons Afrikaners sukkel nog so bietjie om die aanbieding reg te kry. Kyk na die video http://www.youtube.com/watch?v=P1z0cbSWfXU
    Jy kan dan ook sommer die twee wȇreldtale Bayerisch en Schwyzerdütsch hoor.

  2. Andries Bezuidenhout :

    Arnold, dis voorwaar uitmuntend. Die lewensvreugde wat uit haar borrel lig die gees. Maar ek dink tog Anita Briel jodel haar onder die tafel in (alhoewel haar onderbaadjies dalk nie so treffend is nie – daar kan die man van “Noot vir ‘n Noot” uithelp). Ek dink ook Anita Briel staan ‘n groter kans om massahisterie by ‘n gehoor uit te lok. Daarom dink ek Afrikaans is ‘n w^reldser taal as Schwyzerdütsch. O moedertaal, o soetste taal! (Vergeet maar van die Tannenbaum.)

  3. Leon Retief :

    Andries, ek het daardie CD al jare! Toe ons nog in die Kaap was het ek so ‘n groot rak vir my CDs gehad, een van die rakke is gemerk as “Gallery of Grotesques”. Haar CD was daar, asook ander soos Michael Bolton se opera-CD. AS jy Bolton se opera-“sang” nie ken behoort jy dit aan te skaf!

  4. Andries Bezuidenhout :

    Leon, hier’s ‘n mooi storie oor Ryne de Beer deur Johannes de Villiers. Ek dink sy’s in 2008 oorlede: http://152.111.1.88/argief/berigte/beeld/2004/07/31/B5/13/02.html

  5. Louis :

    Ai, Leon. Nou’t jy my sommer vrot van die heimwee … Hoe goed onthou ek nie daardie rak met “groteske treffers” van jou nie! En hoe almal stemmig in die sitkamer sit en jy wat met groot entoesiasme vertel van die nuwe tenoor wat jy glo ontdek het waaraan jy ons wil bekendstel.
    En dan is dit ‘n bulderende opname van ‘n 1969 Lola T70 Mark III wat in volle toere (en maksimum volume) deur die draaie snorkel.
    Sug. 🙁
    En wie was daai vrou wat so vals gesing het? Florence iemand? Sy was só dikwels die laaste histeriese groet voordat jy ons na ‘n aand se gekuier die wye, wilde nag in verwilder het.

  6. Leon Retief :

    Florence Foster Jenkins. Ai ja, dit was lekker aande daai… Nou’s ek ook sommer vol heimwee…

    Ja, daai Lola het pragtig geklink, so ook my gunsteling, die 1966 BRMH16 – ‘n baie onsuksesvolle renmotor, maar daai klank! Ook maar goed ons buurman daar in die Kaap is redakteur van ‘n motortydskrif en het nie omgegee oor die gebulder in die middernagtelike ure nie.
    @ Andries, dankie ek het gaan kyk na die skakel. ‘n Vriend van my was toenteryd diaken in die plattelandse gemeente waar sy mev. dominee was. Die pastoriepaar neem toe ‘n babatjie aan en toe die kleinding opdaag reël die susters van die gemeente vir haar ‘n kombuistee en vra die hoofouderling om ‘n toespraak te lewer. Hy het nie geweet dis ‘n aangenome kind nie, het die gewone goeters gesê wat mens met so ‘n geleentheid kwytraak en sluit sy toespraak af deur te sê dat hy net vir mev. dominee wil bedank dat sy haar swangerskap so goed weggesteek het dat mens nooit iets kon sien nie en dat DIT nou is wat hy van ‘n predikantsvrou verwag…

  7. Leon Retief :

    @Louis: so van die klank van motorenjins gepraat,gaan kyk gerus hierna – maar draai die klank vol oop. Die skouspel self is ook die moeite werd!

  8. Louis :

    Sjoe, Leon. Ek het toe gaan kyk, maar vir my smaak is dié mezzo ‘n bietjie wankelrig in haar hoë register. Die remmerke in die draaie was egter vir my absoluut fassinerend. 🙂

  9. Leon Retief :

    Ag nee man Louis man! Maar terwyl ons nou tussen musiek en motorsport is (en OK, ek weet dis my Parow Arrow streek wat nou kop uitsteek) – 1) watter nou oorlede F1 renjaer was ‘n opgeleide klassieke pianis en
    2) Watter tweemalige motorfiets wereldkampioen is ook ‘n opgeleide klassieke pianis?

    Dis nou vandag se nuttelose maar interessante informasie-vraag :-).

  •