My kop in Kanada. Binnekort sal die eerstejaarvraestelle my terugroep Suid-Afrika toe. Dis omdat ek alweer Arcade Fire se The Suburbs in die dieseltrok luister. Dit het pas 300 000 op die klok geslaan en ʼn liggie waarsku my om alweer die “T-BELT” te vervang. Dis baie duur. Ek luister spesifiek na “Suburban War” – hier is ʼn video met die tune. As Arcade Fire dit live speel, klim een van die bandlede aan die einde van sy klavier of orrel af en gaan sit op ʼn ekstra stel tromme. Dan looi hulle – twee stelle tromme op een slag. Goeie video (nie deur die band self nie), maar dit sou beter gewees het as hulle dit net ʼn paar sekondes vroeër laat eindig het.
Arcade Fire is van Montreal af. Ek hou van die stad. In die laat-1990s het ek ʼn slag al die pad van die middestad af tot by L’Université du Québec à Montréal (ek moes die spelling op Google gaan soek) gestap. Dit het my ʼn dag geneem, maar die son het my nie gebrand nie. Die osoonlaag is nog heel daar bo in die noorde. Plate en plate en plate voorstedelike huise. Die ouer deel van die stad is pragtig. Victoriaanse en Edwardiaanse huise. Die dele wat in die sewentigs gebou is, is ook vir my mooi, maar op die manier wat Vereeniging, Secunda of Walvisbaai mooi is. Sulke diners waarin mense slaptjips met ʼn vreeslike bruin sous en ʼn wit soort kaas op eet. Daar’s ʼn naam daarvoor wat ek nie nou kan onthou nie, maar dit klink amper soos Rusland se president se van.
Dis vreemd dat Montreal se voorstede selfs vir my so bekend kan voel. Moeg en gaar in die taxi as ʼn mens na ʼn aand op die Plateau huis toe ry, straatligte wat verby waggel. Alistair, jou voormalige tromspeler Ockert se nuwe band member wat van Yellowknife af kom, ʼn dorp in die noorde waar De Beers diamante myn. Sy Koreaanse meisie wat ook van een of ander voorstad af kom. Voorstedelinge herken mekaar, al praat die Arcade Fire song van ʼn suburban war – “and now the music divides us into tribes, you choose your side, I’ll choose my side…” Ek weet nie. Iewers is daar ʼn diep erkenning en herkenning, maak nie saak van watter land jy af kom nie. Kleinburgerlikheid is universeel.
Dalk besef die Kanadese dit maar net nie, omdat die hele Kanada ʼn voorstad is. Kelowna was ʼn bietjie soos Potchefstroom vir my. Dis ʼn dorpie ʼn ent van Vancouver af, aan die ander kant van die land. Jong mans het met ʼn bakkie (“pickup truck”) verby gery en vir my geskree: “Faggot!” My sommer tuis laat voel. En siende dat Wal-Mart nou hierheen (dis nou Suid-Afrika toe) kom en McDonalds reeds deel van die landskap is, hoef Suid-Afrikaners nie eers meer Noord-Amerika toe te emigreer nie. Dis net ʼn kwessie van tyd voor die elite hier in limo’s ry. (Daar’s baie Suid-Afrikaners in Kelowna spesifiek.)
Om by gedigte uit te kom. Ek lees Margaret Atwood se ouer gedigte. The Circle Game is in 1966 gepubliseer, ʼn paar jaar voor my geboorte. “The City Planners” lees so:
Cruising these residential Sunday
streets in dry August sunlight:
what offends us is
the sanities:
the houses in pedantic rows, the planted
sanitary trees, assert
levelness of surface like a rebuke
to the dent in our car door.
No shouting here, or
shatter of glass; nothing more abrupt
than the rational whine of a power mower
cutting a straight swath in the discouraged grass.
But though the driveways neatly
sidestep hysteria
by being even, the roofs all display
the same slant of avoidance to the hot sky,
certain things:
the smell of spilled oil a faint
sickness lingering in the garages,
a splash of paint on brick surprising as a bruise,
a plastic hose poised in a vicious
coil; even the too-fixed stare of the wide windows
give momentary access to
the landscape behind or under
the future cracks in the plaster
when the houses, capsized, will slide
obliquely into the clay seas, gradual as glaciers
that right now nobody notices.
That is where the City Planners
with the insane faces of political conspirators
are scattered over unsurveyed
territories, concealed from each other,
each in his own private blizzard;
guessing directions, they sketch
transitory lines rigid as wooden borders
on a wall in the white vanishing air
tracing the panic of suburb
order in a bland madness of snows.
Ek wens ek het die tyd en energie gehad om dit in Afrikaans te vertaal. Maar of een of ander rede is my kop nou in Kanada en kan ek nie. Ek dink aan ou vriende. Arcade Fire: “All my old friends are staring through me now.” Ek wonder hoe gaan dit met Ockert in Montreal. Ons het lank gelede saam ‘n band begin – of was dit ‘n tribe?
Leon, op daai noot, nog ‘n liriek van Arcade Fire:
Let’s go downtown and watch the modern kids
Let’s go downtown and talk to the modern kids
They will eat right out of your hand
Using great big words that they don’t understand
They’re singing
Rococo, Rococo, Rococo, Rococo…
Rococo, Rococo, Rococo, Rococo…
They build it up just to burn it back down
They build it up just to burn it back down
The wind is blowing all the ashes around
Oh my dear God what is that horrible song?
They’re singing
Rococo, Rococo, Rococo, Rococo…
Rococo, Rococo, Rococo, Rococo…
They seem wild but they are so tame
They seem wild but they are so tame
They’re moving towards you with their colors all the same
They want to own you but they don’t know what game
They’re playing
Rococo, Rococo, Rococo, Rococo
Rococo, Rococo, Rococo, Rococo
Ek dink dis tot ‘n groot mate ‘n goeie beskrywing, maar aan die ander kant het hy duidelik nog nie genoeg Kanadese ontmoet nie. Saam met die “sincerity” kom ook ‘n verstikkende politieke korrektheid, sodanig so dat ek nie dink dat mens kan se dat Kanada werklik vryheid van spraak het nie.
Leon, ‘n vriend van my beweer al die Kanadese wat hy al ontmoet het is soos “sincere postgraduate students”. Vir die rekord, ek het groot respek vir wat die Kanadese anders kon doen as die suidelike bure. Ek’s ‘n groot aanhanger van welsynstate – call me old fashioned.
Giegie… wat ek probeer se is ek dink nie Kanada is meer (of minder) voorstedelik as enige ander Westerse land nie. Ek dink GK Chesterson het als begin toe hy gese het Kanada is ‘n aangename plek om te besoek, maar nie vir die hele naweek nie 🙂
Dankie Leon. Daar is darem mere en berge ook!
“Poutine” is die woord wat jy soek vir die slap tjips-dis. Die hele Kanada ‘n voorstad? Nee wat…
“I think the suburbs are more interesting than people will let on. In the suburbs you find uncentred lives… So that people have more freedom to explore their own imagination, their own obsessions.” JG Ballard.
Ek was nog nie in Montreal nie, maar wel in Toronto. Dit was ook erg herkenbaar: ‘n soort rustic Bellville. Daar is dele van Toronto waarvan ek dan ook baie hou, waar ek myself kan sien uithang op Vrydagaande. Bloor Street, as ek reg onthou, was sommer ‘n lekker strip vol bars en restaurante. Maar die middestad is gewoon vervelig. ‘n Regte bankgebied. So mens het voorstede, maar sonder die stad…
Ek dink ek het dit al voorheen iewers op hierdie bladsy geskryf, maar Arcade Fire se The Suburbs het ‘n voorganger in Springsteen se ewe “sprawling” The River.