Andries Bezuidenhout. Double negative

Nuutste poging tot portretstudie – Ivan Vladislavić. “Double negative” gelees en weer deur Goldblatt se “The structure of things then” geblaai. Wens ek kon skilder soos Goldblatt foto’s neem. Wens ek kon gedigte skryf soos Vladislavić romans skryf. (Die Meccano op die verfstuk kom uit “The exploded view”, of soos ek dit onthou. Ek oorweeg om ‘n paar Meccano-stukke op die skildery te plak.)

Bookmark and Share

5 Kommentare op “Andries Bezuidenhout. Double negative”

  1. Desmond :

    Andries, mal oor jou portret. Ek het vanoggend in Thessaloniki aangekom. Vir die reis Vladislavic se nuutste op die lughawe gekoop en in die vliegtuig gelees. Wat ‘n boek!!

  2. Andries Bezuidenhout :

    Desmond, ek merk nog vraestelle. Maar tussendeur het ek “Double negative” gelees. Voorwaar ‘n besonderse boek. Moenie moeilikheid maak daar in Griekeland nie, die arme mense het reeds genoeg drama met die IMF!

  3. Desmond :

    Andries, die aktiviste kamp sommer hier op die stadsplein uit, gereed vir die revolusie! Dis hoeka tyd dat die Grieke weer iets bydra tot ons politieke woordeskat en praktyke…

  4. Andries Bezuidenhout :

    En nou sien ek die Ingelse wil nie help betaal nie. Lord Byron tol in sy graf.

  5. Desmond Painter :

    Vanaand begin die groot anti-rassisme fees in die stad — my vriend en kollega is een van die organiseerders. Ek het een in Kreata bygewoon in 2004, gehelp stoele pak en plakkate opplak en so aan. Groot pret. Basies ‘n fees waar immigrante van oraloor kos verkoopp en musiek maak. En seminare en goed op radio en op verhoog.

  •