Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
23 June 201129 June 2011

Vat vyf! Rufus Gouws, ‘n redakteur van ANNA

Prof. Rufus Gouws is voorsitter van die departement Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit van Stellenbosch en leksikografiedosent, en ook lid van die redaksie wat die eerste Afrikaans-Nederlands / Nederlands-Afrikaanse woordeboek (ANNA) wat onlangs by Pharos verskyn het.

“Eintlik is ANNA ‘n verliefdheidswoordeboek waarin Nederlands sy liefde verklaar aan Afrikaans. Soos ‘n jongman besef sy eerste liefde is so éénders as hy en terselfdertyd so wonderbaarlik ánders dat dit sy asem wegslaan, so gedra Nederlands hom teenoor Afrikaans. Hierdie gevoel is herkenbaar by die meeste Nederlanders wat al ooit Afrikaans gelees het. 30 000 van die 60 000 woorde in ANNA vertoon volgens Martin ‘n herkenbare ooreenkoms. In die amalgamering staan Nederlandse en Afrikaans woorde deurmekaar in alfabetiese volgorde. Dit is iets nuuts in die wêreld van die leksikografie.” – Carina van der Walt op LitNet

 

Rfus Gouws
Rufus Gouws

Rufus, ANNA is nie net ‘n belangwekkende publikasie nie, maar ook ‘n broodnodige een; gesien die groter skakeling tussen Afrikaans en die Lae Lande. Wanneer en hoe het hierdie projek tot stand gekom?

Dit is ‘n inisiatief van die stigting ZASM (Zuid-Afrikaansche Spoorwegmaatschappij) waar lede in die laat negentigerjare besef het daar is baie stukkies Afrikaans wat hulle lees maar nie reg verstaan nie. ZASM, onder leiding van die destydse voorsitter Harry Brinkman, het toe in 1999 ‘n spannetjie van drie, Willy Martin van die Vrije Universiteit Amsterdam, Luc Renders van die Universiteit van Hasselt en vir my, gevra om ‘n haalbaarheidsondersoek na ‘n tweetalige woordeboek met Afrikaans en Nederlands as taalpaar te doen. Ons eenparige aanbeveling was dat so ‘n woordeboek saamgestel moet word. Die bal is toe aan die rol gesit en Harry Brinkman het geweldig baie moeite gedoen om geld vir die projek in die hande te kry. ZASM het ‘n groot bydrae gemaak en in Suid-Afrika het die Universiteit van Stellenbosch en die destydse Potchefstroomse Universiteit eweneens die hand diep in die sak gesteek. Media 24 het ook deur middel van die Joan Louw Trust ‘n bydrae gelewer. Later het verskeie ander gewaardeerde instellings ook finansiële bydraes gelewer.

Uiteraard moes daar vele medewerkers betrokke gewees het by ‘n projek van hierdie omvang. Wie was die rolspelers en wie sou jy uitsonder as die vernaamste dryfkragte agter ‘n projek wat sekerlik ook maar sy weg deur heelwat stormwaters moes vind?

Willy Martin & Adriaan van Dis
Willy Martin & Adriaan van Dis

Die oorspronklike driemanskap was  deurgaans as redaksie betrokke by die werk. Isa Maks van Amsterdam en Elsa Boekkooi  (Port Elizabeth) het later ook deel van die redaksiespan geword. Die eerste deel van die leksikografiese werk is in die Departement Afrikaans en Nederlands van die Universiteit van Stellenbosch gedoen met Daniel Hugo, Karlien Cillie en Adri van Eeden as medewerkers. In Suid-Afrika en Europa was daar ander medewerkers wat die woord by die daad help voeg het. Die een sterk dryfveer was deurgaans Harry Brinkman. Hy het die projek begin, waarskynlik soms getwyfel of daar uiteindelik sukses sou wees maar hierdie twyfel nooit teenoor die redaksie laat blyk nie. Hy moes herhaaldelik by ZASM, en elders, om bykomende befondsing aanklop en het dit altyd met oorgawe en met sukses gedoen. Hy het die projek met kundigheid bestuur; selfs nadat sy termyn as voorsitter van ZASM verstryk het.

Hierdie woordeboek, wat nou eers in Suid-AFRIKA deur Pharos uitgegee is, is ‘n geruimte tyd reeds in Nederland beskikbaar. Is daar op hierdie vroeë tydstip al ‘n aanduiding van hoe die ontvangs daarvan in Nederland is?

Die woordeboek is Paasnaweek in Amsterdam bekend gestel en ‘n week of twee later in Antwerpen. Ek het nog geen formele reaksie daarop gesien nie; slegs ‘n kort bespreking vanuit Nederland op Litnet. Die informele kommentaar was goed en ek verstaan die boek verkoop ook heel skaflik in Nederland en België.

Tussen Afrikaans en sy stamtaal is daar natuurlik baie woorde was as “valse vriende” beskryf kan word; vandaar die noodsaaklikheid van ‘n woordeboek soos hierdie. Kan jy dalk vir ons enkele van die meer algemene “vals vriende” uitwys?

Tydens die beplanning van ANNA het ons reeds gesê dat hierdie woordeboek die gebruikers van vals vriende bewus moet maak. Daarom word sulke inskrywings in die woordeboek ook op ‘n spesiale manier gemerk. Baie van die vals vriende, en nou praat ek nie eers oor Nederlandse katte nie, is woorde wat selde kommunikasieprobleme gee omdat hulle nie in dieselfde konteks gebruik word nie – byvoorbeeld woorde soos mus en rat. Die werklike lastigheid kom by gevalle waar die konteks nie help nie, byvoorbeeld die woord amper wat in Afrikaans en Nederlands voorkom  maar net mooi teenoorgestelde betekenisse het. Die woord kar is deel van albei tale maar daar is ‘n wesenlike stylverskil tussen wat in Nederlands en wat in Afrikaans as ‘n kar beskou word. Om kommunikatiewe verleentheid te voorkom, wys ANNA hier op die ooreenkomste en verskille.

Uiteraard beoog julle prominente bekendstellingsgeleenthede, soos byvoorbeeld die SAVN-kongres in Julie-maand. Gee ‘n bietjie meer inligting oor hierdie – en ander – geleenthede wat die publiek kan bywoon? Kontakbesonderhede sal ook verwelkom word.

By die SAVN-kongres praat Willy Martin en ek op 13 Julie oor ANNA. Die woordeboek sal ook daar te sien en te koop wees. Op 26 Augustus word ‘n deeglike makietie by SASNEV in Pinelands beplan. Pharos speel ook hier ‘n belangrike rol en navrae kan aan Wanda Smith gerig word  by 021 406-3033.

Baie dankie, Rufus. Nogeens geluk! En mag die skone dame genaamd ANNA nog dekades lank ‘n prominente figuur in ons tekstuele midde wees …

Verdere leesstof:

 

Op LitNet Carina van der Walt se verslag van die Nederlandse bekendstelling in Amsterdam.

Op BookSA die onderhoud met prof. Rufus Gouws.

By Die Burger  Willem de Vries se berig oor ANNA.

Op Pharos se webtuiste die flapteks en ander relevante inligting.

Pharos Groot Woordeboek Afrikaans en Nederlands:

Kategorie: Tweetalige woordeboeke
ISBN: 9781868901203
Datum Vrygestel: 30 Mei 2011
Prys (insl. BTW): R 995.00
Formaat: Hardeband, 2112 pp

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Koos de Wet. vóór die smelting
  • Digtersprofiel: Gert Vlok Nel
  • Meyer van Rensburg. Spieëlkamer
  • Margaret Cordier-Biermann. Verlossing
  • Wynand J Booysen. koue afgrond

Nuutste kommentaar

  1. Miel Vanstreels on Miel Vanstreels. Voorlopig1 August 2026

    Dankie, Marieta

  2. Conrad on Hans du Plessis. Psalm 121 (Stemgreep)30 July 2026

    Goeie middag ek is n koorleier van die VGK Kerk Kraaifontein en is op soek na die SATB Blad musiek…

  3. Marieta McGrath on Miel Vanstreels. Voorlopig30 July 2026

    Stout gedig! Baie snaaks!

  4. Bernie on Rainer Maria Rilke. Almal wat Jou soek, beproef Jou (vert.)29 July 2026

    Kan die vertaler dalk verduidelik waarom hy hoofletters gebruik in sy vertaling terwyl Rilke kleinletters gebruik.

  5. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Plaagbeheer28 July 2026

    Ja, hoe beheer ‘n mens die plaag waarvan in die slotreël gewag gemaak word …?

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d