Andries Bezuidenhout. ‘n Neko Case tune vir die pad

Ek het Neko Case se musiek deur Danie Marais ontdek. Danie is ʼn musiekmissionaris en ek is dankbaar dat hy my gereeld uit ʼn toestand van stagnasie red. Sommige mense noem Neko Case se musiek “country noire”, dalk omdat haar verlede as drummer in punk bands effe deurskemer. Sy’s ook van die Grand Ole’ Opry verban, kwansuis omdat sy haar hemp uitgetrek het. Sy beweer dit was warm, sy’t nie bedoel om ʼn punk protesaksie te trek nie. Hier’s ʼn video op YouTube met “Hold on, hold on”.

Bookmark and Share

7 Kommentare op “Andries Bezuidenhout. ‘n Neko Case tune vir die pad”

  1. Andries hierdie keer blameer ek jou vir die tyd wat ek by die youtube tydvraat spandeer. Dankie dat jy jou ontdekking met ons deel.

    Gaan kyk bietjie na hierdie video wat deur ‘n bewonderaar gemaak is. http://www.youtube.com/watch?v=9AXVBtBJjLw
    Country nostalgie op sy beste.

  2. Andries Bezuidenhout :

    Dankie vir die lekker country wals Arnold! Die beelde laat my ‘n bietjie dink aan die video vir Springsteen se “Ghost of Tom Joad”. Welcome to the New World Order van deindustrialisering.

  3. Danie Marais :

    Andries, maak jy nou hierdie musiekmissionaris bly vanmôre. By jou val die goeie woorde altyd op vrugbare bodem.

    Hier’s een van my groot gunstelinge op Case se laaste album, Middle Cyclone (2009).
    http://www.youtube.com/watch?v=WkKbRslydU0

  4. Andries Bezuidenhout :

    Oeg, dis mooi. Ek hou van die kontrabas en die borsels (kwasse?) op die snaartrom.

  5. Desmond :

    As dit nie vir Danie Marais was nie, het ek soos baie 30-somethings al lankal opgehou om na nuwe rock en pop te luister, en nostalgies vasgehaak op die ‘golden oldies’ uit my jeug. Neko Case was beslis een van die bekerings wat die missionaris so gereeld bewerkstellig! Dankie vir die skakels hierbo.

  6. Danie Marais :

    Mens moet missionarisse nooit aanmoedig nie. Hierdie is vir my een van die songs van die jaar – die Fleet Foxes se “Helplessness Blues”:
    http://www.youtube.com/watch?v=KyP0DACgdgc

    Die klanke en harmonieë kom uit die folk-rock van die 60’s, maar die misnoeë met individualisme en die uitsigloosheid van bewegingsvryheid wat die lirieke verwoord, is baie kontemporêr:

    I was raised up believing I was somehow unique
    Like a snowflake distinct among snowflakes, unique in each way you can see
    And now after some thinking, I’d say I’d rather be
    A functioning cog in some great machinery serving something beyond me

    (En dan sing Robin Pecknold nog met die kinderlike erns van ‘n man wat nie die kruk van ironie nodig het nie.)

  7. Andries Bezuidenhout :

    Dankie Danie! Brixton Barnard luister ook op die oomblik Fleet Foxes. Mooi visuals in die video.

  •