Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
1 August 20114 August 2011

Bernard Odendaal. Twee nuwe gedigte

 

 Gala-toeskouer

            A postcard from the Volcano

 

Lig- en skaduhale snelskryf die wind-,

boom- en son-

onderons oor die Wallace

Stevens-verse op my skoot. ‘n Rilbont bal rol uit die hoek

van my oog tot teen

my been

en ek kyk op: mededingerslae van die swemmers laat skitter- en skadu-

rimpelinge agter hulle wat vergly

verglad, deursigtig stol – stille waters

                 

agtergrond waarteen kinderledemate ywerend-muterend kom ‘n reeks verdwene

hardloophoudings in die meters tot hier

digby

my

– “hallo Oom/jammer Oom/ bye Oom” – bal en al daarmee heen.

Die son

 

skuif ‘n aks in die trans,

onooglik glorieryk.

 

En ek lees weer, die beendere

in andermansgedig tot lewe,

“smeared with the gold of the opulent sun”.

 

Sintaktikus

 

Geesdriftig, skeel sintaksis maar ons woorde min

ons storm met ‘n horde rededele in

– tot -kus kom keur, die wat en hoe;

toeslaan met die Gideonsbende: sin.

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Bernard Odendaal en Hennie van Coller. Die liriese intrige in Antjie Krog se Lady Anne (1989)
Resensie. “Chokers en survivors” (Nathan Trantraal) →

2e gedagtes oor “Bernard Odendaal. Twee nuwe gedigte”

  1. Bernard Odendaal says:
    15 August 2011 at 12:59

    Dankie, Johan.

    Reply
  2. Johann Lodewyk Marais says:
    2 August 2011 at 07:09

    Dit is interessante taaleksperimente.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • bevan boggenpoel. winter
  • Willem de Swyger. Ou Steenmaker
  • Krige Visser. olie op die vier
  • Miel Vanstreels. Terug
  • Elisma van Zyl. Tydloos

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d