Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
28 September 201128 September 2011

Carina Stander. Vier verse oor lugskoonmaakplante

LUGSKOONMAAKPLANTE

(Opdraggedigte vir skilder Salome Prinsloo se uitstalling, Sep 2011, Pretoria) 

 

lugplante

 

dag en nag skilder sy

die lugplante om iets goddeliks

– Asem wat asem skép –

vas te vang in kleur

 

sy sien die vlieënde motte

in ‘n maanorgidee, in ‘n lintroos

se oopkrul op ‘n stoep,

in die sleutelblom

se blare, wit gemarmerd

en sy kan iets vlietend verf

 

sy kan lug verewig

 

tot aan die vroegste snak

en die laaste sterf

 

 

orgideë

 

hier is baie orgideë –

‘n bontspul van dansende dogters

met sproetgesiggies en slangvelrokkies

 

hul draakbekkies

vreet die planeet

se giftige lug

 

 

spekboom

 

aan die jong spekboom se pers takke

blom die trosse

oitjiepienk

 

die boom vergrys en verkrom deur die jare

word lugtig

maar sonder die verstopte are!

 

 

baniaan

 

iewers in woud wat water spoeg

skud ‘n baniaanboom die vuilheid

uit sy ruie baard uit

 

© Carina Stander, 2011

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Digstring indeks
Carina Stander – vertaling in Engels →

3e gedagtes oor “Carina Stander. Vier verse oor lugskoonmaakplante”

  1. Johann Lodewyk Marais says:
    9 February 2012 at 15:49

    Dankie vir die vriendelike woorde, Carina Stander!

    Reply
  2. Carina Stander says:
    5 February 2012 at 21:09

    Johann Lodewyk, sien ek nou eers jou kommentaar van Okt hier raak. En aan die een wat “Duiwelsnuif” en “Eenhoring” en ‘n sin soos “die middelste had ‘n fyn blaarrank/ soos ‘n boerenooi se Sondagsrok” kon opdig: ‘n groot dankie!

    Reply
  3. Johann Lodewyk Marais says:
    25 October 2011 at 20:11

    Ek hou baie van jou plantgedigte, Carina.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Augustus-kompetisie
  • Resensie: "Miniatuur". (Johann de Lange)
  • Boekbespreking: “Taboek” (Riku Lätti)
  • Resensie: “Stil gesprek” (Jan Pretorius)
  • Resensie: Vlindervreter ( Melanie Grobler en Christiaan Diedericks)

Nuutste bydraes

  • 100 Duitse Bestes: Gottfried Benn (1886-1956) (II)
  • Jakes Moller. Peter Place straat, Bryanston
  • “Stil gesprek” (Jan Pretorius) nou in Duits beskikbaar
  • Digtersprofiel: Andries de Beer
  • Digtersprofiel: Anita van der Walt

Nuutste kommentaar

  1. Eugene Vorster on RIV Christiaan Diedericks7 July 2025

    “Live your Truth” vir Chris skielik is dit stil/ byna subliem/ (jy sal verstaan)/ net nou en dan ‘n nat…

  2. Charl-Pierre Naude on Resensie: “Merang” (Neil Cochrane & Alwyn Roux Reds.)7 July 2025

    Hierdie is 'n teleurstellende en ongeinspireerde resensie deur 'n resensent van wie mens veel meer verwag. Dit lyk meer na…

  3. Bernardus Johannes Odendaal on Ingeborg Bachmann – vertaling in Afrikaans5 July 2025

    Ek stem met Daniel saam!

  4. Bernardus Johannes Odendaal on 100 Duitse Bestes: Gottfried Benn (1886-1956) (I)3 July 2025

    Baie dankie, Joan!

  5. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Gottfried Benn (1886-1956) (I)3 July 2025

    Skitterende digter! Puik vertaal.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d