Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
28 September 201128 September 2011

Carina Stander. Vier verse oor lugskoonmaakplante

LUGSKOONMAAKPLANTE

(Opdraggedigte vir skilder Salome Prinsloo se uitstalling, Sep 2011, Pretoria) 

 

lugplante

 

dag en nag skilder sy

die lugplante om iets goddeliks

– Asem wat asem skép –

vas te vang in kleur

 

sy sien die vlieënde motte

in ‘n maanorgidee, in ‘n lintroos

se oopkrul op ‘n stoep,

in die sleutelblom

se blare, wit gemarmerd

en sy kan iets vlietend verf

 

sy kan lug verewig

 

tot aan die vroegste snak

en die laaste sterf

 

 

orgideë

 

hier is baie orgideë –

‘n bontspul van dansende dogters

met sproetgesiggies en slangvelrokkies

 

hul draakbekkies

vreet die planeet

se giftige lug

 

 

spekboom

 

aan die jong spekboom se pers takke

blom die trosse

oitjiepienk

 

die boom vergrys en verkrom deur die jare

word lugtig

maar sonder die verstopte are!

 

 

baniaan

 

iewers in woud wat water spoeg

skud ‘n baniaanboom die vuilheid

uit sy ruie baard uit

 

© Carina Stander, 2011

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Digstring indeks
Carina Stander – vertaling in Engels →

3e gedagtes oor “Carina Stander. Vier verse oor lugskoonmaakplante”

  1. Johann Lodewyk Marais says:
    9 February 2012 at 15:49

    Dankie vir die vriendelike woorde, Carina Stander!

    Reply
  2. Carina Stander says:
    5 February 2012 at 21:09

    Johann Lodewyk, sien ek nou eers jou kommentaar van Okt hier raak. En aan die een wat “Duiwelsnuif” en “Eenhoring” en ‘n sin soos “die middelste had ‘n fyn blaarrank/ soos ‘n boerenooi se Sondagsrok” kon opdig: ‘n groot dankie!

    Reply
  3. Johann Lodewyk Marais says:
    25 October 2011 at 20:11

    Ek hou baie van jou plantgedigte, Carina.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Resensie: “Krap – oop toe om rond uitkrap” (Koos de Wet)
  • Koos de Wet. vóór die smelting
  • Digtersprofiel: Gert Vlok Nel
  • Meyer van Rensburg. Spieëlkamer
  • Margaret Cordier-Biermann. Verlossing

Nuutste kommentaar

  1. Miel Vanstreels on Miel Vanstreels. Voorlopig1 August 2026

    Dankie, Marieta

  2. Conrad on Hans du Plessis. Psalm 121 (Stemgreep)30 July 2026

    Goeie middag ek is n koorleier van die VGK Kerk Kraaifontein en is op soek na die SATB Blad musiek…

  3. Marieta McGrath on Miel Vanstreels. Voorlopig30 July 2026

    Stout gedig! Baie snaaks!

  4. Bernie on Rainer Maria Rilke. Almal wat Jou soek, beproef Jou (vert.)29 July 2026

    Kan die vertaler dalk verduidelik waarom hy hoofletters gebruik in sy vertaling terwyl Rilke kleinletters gebruik.

  5. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Plaagbeheer28 July 2026

    Ja, hoe beheer ‘n mens die plaag waarvan in die slotreël gewag gemaak word …?

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d