Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
17 October 201117 October 2011

Andries Bezuidenhout. Melville se poësiefees, 2011 – fotobeeld

Dis nie met groot fanfare afgekondig nie. Die fees se baniere het ʼn underground kwaliteit gehad – dit is nie dwars oor strate opgehang nie, maar tussen die pilare van Melville se 1930s-geboue. Die Facebook-bladsy is eers ʼn week of wat voor die fees opgesit, die program selfs later. Maar nuwe bundels is die wêreld ingestuur (een van Gail Dendy), gesprekke is gevoer (een oor die nalatenskap van Wopko Jensma), gedigte is in binnehowe en restaurante voorgelees, weefwerk tussen beeldende kuns en woordkuns is teen mure opgehang (deur Hans Pienaar en Charl-Pierre Naudé), musiek is in teaters opgevoer, ʼn imbongi het van Melville se dakke af geroep (darem deur luidsprekers, spookagtig in die kalklig), gedigte is sommer op straathoeke voorgelees – enigiemand kon kom luister.

Ek wil nie veel hier sê nie, laat die foto’s eerder praat. Ek wil egter twee punte maak, oor wat die fees vir my besonders gemaak het:

Eerstens, die intieme skaal en aard van die voorlesings. Daar was twee geleenthede vir Afrikaanse gedigte – die een in ʼn restaurant se binnehof (“Melon Courtyard”) en die ander in ʼn aardige kroeg/restaurant (“Love & Revolution”). Daar was nie mikrofone en luidsprekers nie. Hans Pienaar het elke digter op sy rustige manier voorgestel en dan het mense sommer opgestaan waar hulle sit en hul gedigte voorgelees. In Love & Revolution het ek sommer op die vloer gesit, dalk die beste plek in tye van liefdeloosheid en revolusies wat skeef loop. Die spanning tussen van die digters het die geleentheid ʼn vreemde tipe energie gegee.

Tweedens, die ware Johannesburgstyl. Dit was ʼn Suid-Afrikaanse fees, waarin Afrikaans ook verteenwoordig was, as een van baie tale. Op ʼn persoonlike noot was dit vir my lekker om my musiek aan mense te kon voorstel wat nie andersins daarna sou luister nie. Ek het gepraat oor Voëlvry se verbintenis met Johannesburg en die vertoning met Kerkorrel se “Gee jou hart vir Hillbrow” afgeskop; dinge van daar af verder geneem. Al kon sommige van die mense in die gehoor – waarskynlik die meerderheid – nie Afrikaans verstaan nie, was die ontvangs tegemoetkomend en het ek welkom gevoel.

Gee jou gedigte vir Hillbrow...
Banier tussen pilare
Gedigte op straathoeke
Christo van Staden, ook bekend as Johannes van Jerusalem
Corné Coetzee lees voor, Hans Pienaar luister
Toast Coetzer lees: "Die Here is my herderspastei..."
Loftus Marais lees, Harry Kalmer heel links
Charl-Pierre Naude lees, Johann Lodewyk Marais in die gehoor
Rene Bohnen lees
En Cornel Judels
Heidi Papadopoulos
Johann Lodewyk Marais, oor Livingstone en Lamu

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Andries Bezuidenhout. Dis Maandag en dis Toast Coetzer se verjaarsdag
Hans Pienaar. Digkyk / Eye poetry →

8e gedagtes oor “Andries Bezuidenhout. Melville se poësiefees, 2011 – fotobeeld”

  1. Rene Bohnen says:
    24 October 2011 at 17:10

    Dankie Johann, ek dink ook dit was ‘n besondere geleentheid met ‘n heel eie karakter.

    Reply
  2. Johann Lodewyk Marais says:
    24 October 2011 at 07:39

    Dankie, Rene, vir jou verslae en foto’s oor hierdie boeiende geleentheid. Dit is nou ‘n stukkie literatuurgeskiedenis.

    Reply
  3. Andries Bezuidenhout says:
    21 October 2011 at 13:47

    En foto’s:
    http://www.litnet.co.za/cgi-bin/giga.cgi?cmd=cause_dir_news_item&news_id=110922&cause_id=1270

    Reply
  4. Andries Bezuidenhout says:
    21 October 2011 at 13:46

    Rene Bohnen se verslag op LitNet:
    http://www.litnet.co.za/cgi-bin/giga.cgi?cmd=cause_dir_news_item&news_id=110993&cause_id=1270

    Reply
  5. Andries Bezuidenhout says:
    17 October 2011 at 12:03

    Louis, as ek reg gehoor het, is sy pas klaar met ‘n M in kreatiewe skryfkunde aan die UP. So ek neem aan daar’s iets wag wag vir drukkersink.

    Reply
  6. Louis says:
    17 October 2011 at 11:17

    En dan is ek sommer baie opgewonde om te sien dat Cornel Judels deel was van die program … Sit al jare lank en lippe (ore?) lek vir nog gedigte uit haar pen. Hoop darem dat sy voluit aan’t skrywe is?

    Reply
  7. Andries Bezuidenhout says:
    17 October 2011 at 10:26

    Marlise, dis blykbaar ‘n liriek vir Toast se nuwe band, genaamd “Simply Dead”.

    Reply
  8. Marllise says:
    17 October 2011 at 10:13

    Dankie hiervoor Andries – dit klink al luidende vir my alles was uiters stimulerend…Sou graag daai gedig van Toast volledig onder oge wil sien: “Die Here is my herderspastei…”

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Joan Hambidge. Kerstyd 2024
  • Jacques Boshoff. Ontoereikend
  • Sharon Goliath. Here Hoe Groot Is U
  • Ruan Fourie. kindness is modern magic
  • Cobus Kruger. Deepfakes

Nuutste bydraes

  • Daniel Hugo. Rust-mijn-ziel: Digters gedenk Aucamp
  • Jacques Boshoff. Die hond in Desember
  • Elisma van Zyl. My Magnificat
  • Johann Lodewyk Marais. Windhoek se “onvolmaakte” kunswerk
  • Resensie: “waar daar eens ’n see was” (Jennifer Pape)

Nuutste kommentaar

  1. Bernard Odendaal on Rus in vrede Tony Ullyatt10 December 2025

    Voorwaar droewe nuus. As letterkundedosent, digter en poësievertaler ‘n uitmunter gewees.

  2. Rina Cascione on Nini Bennett. My Octopus Teacher5 December 2025

    'n Allerlieflike gedig oor 'n wonderlike dokumentêr. Dankie Nini! Jy het dit met soveel verbeelding vasgelê.

  3. Johan on Sanette Scheepers. Vrykoop5 December 2025

    Ek hou daarvan en ek verstaan die inhoud.

  4. Ben Nel on Andrea Sieberhagen. Ontsnapping5 December 2025

    Andrea, jy is ‘n rots Baie dankie vir jou bydrae tot die samelewing! Groete Ben

  5. Schalk Botha on Andrea Sieberhagen. Een helder ster4 December 2025

    Dis dalk nie die beste aand om hierdie impakvolle gedig te lees en te bedink nie; veral om uit ‘n…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d