Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
14 November 201124 February 2014

Johann Lodewyk Marais. Kremetart

KREMETART

Adansonia digitata

 

Met G.E. Wickens se kaart op my knie

het ek ver agter hulle aan gery

– van die Laeveld tot in die Sahel,

van die Caprivi tot by Mombasa –

en my aan hulle voorkome verkyk.

Ver suid onder die boom by Tshokwane

het ek ‘n merkie op die kaart gemaak

en nog gemaak tot langs die Luvuvhu.

By Sagole het ek al slingerend

deur die dik rooi sand aangery gekom,

in die toiletboom van die Caprivi

broek losgemaak, op Kukonje-eiland

na ‘n uil hoog in die takke gekyk,

in Mombasa laat in die aand gesien

hoe mense ná die roep van die muedzin

verby die boom in Nkrumahweg loop,

hoe wortels by die Takwa-ruïnes

tussen die grafte in dwing en later

die bome al langs die Lunatic Line

tot op die Yatta-plato aangestip.

By die Victoriameer het ek lank

met die gids in een se koelte gesels,

in Kartoem hulle by die samevloeiing

van die Blou en die Wit Nyl saam sien staan,

van Timboektoe na Dakar geoefen

aan nuwe name (“hamao”, “oro”

en “calebassier du Sénégal”)

en op ‘n Vrydagmark in Kaïro

die ovaal vrugte oopgebreek sien lê

en ‘n hand vol pitte soos die woorde

van ‘n gedig in my kaart toegevou.

 

© Johann Lodewyk Marais, 2011

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Andries Bezuidenhout. Melville se poësiefees, 2011 – fotobeeld
Johann Lodewyk Marais – vertaling in Engels →

2e gedagtes oor “Johann Lodewyk Marais. Kremetart”

  1. Johann Lodewyk Marais says:
    16 November 2011 at 15:53

    My belangstelling in kremetartbome het my twee keer Londen toe laat vlieg om in die Royal Botanic Gardens, Kew, oor hulle te gaan navorsing doen.
    G.E. Wickens het in die plante van die Sahel gespesialiseer en baanbrekerswerk oor Adansonia digitata gedoen. Wickens en Pat Lowe se “The Baobabs: Pachycauls of Africa, Madagascar and Australia” het in 2008 verskyn.
    Dit was fassinerend om na Wiskens se materiaal te kyk. Name soos ”hamao”, “oro” en “calebassier du Sénégal” waarna ek in die gedig verwys, het ek daar gekry.
    Ek het byna 1 000 bladsye uit Wickens se versameling gekopieer en Kew het my nooit daarvoor laat betaal nie.
    Onlangs het Thomas Pakenham en Rupert Watson ook pragtige boeke oor hierdie boom gepubliseer.
    Die wonderlikste is natuurlik om self na kremetartbome te gaan kyk …

    Reply
  2. Andries Bezuidenhout says:
    15 November 2011 at 06:34

    Dankie vir ‘n lieflike gedig, JLM. My neef Nico, wat gereeld in Angola kom, sê daar’s kremetartwoude teen die kus waar die Namib se noordelike mespunt in savanna in bloei.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Resensie: “Krap – oop toe om rond uitkrap” (Koos de Wet)
  • Koos de Wet. vóór die smelting
  • Digtersprofiel: Gert Vlok Nel
  • Meyer van Rensburg. Spieëlkamer
  • Margaret Cordier-Biermann. Verlossing

Nuutste kommentaar

  1. Miel Vanstreels on Miel Vanstreels. Voorlopig1 August 2026

    Dankie, Marieta

  2. Conrad on Hans du Plessis. Psalm 121 (Stemgreep)30 July 2026

    Goeie middag ek is n koorleier van die VGK Kerk Kraaifontein en is op soek na die SATB Blad musiek…

  3. Marieta McGrath on Miel Vanstreels. Voorlopig30 July 2026

    Stout gedig! Baie snaaks!

  4. Bernie on Rainer Maria Rilke. Almal wat Jou soek, beproef Jou (vert.)29 July 2026

    Kan die vertaler dalk verduidelik waarom hy hoofletters gebruik in sy vertaling terwyl Rilke kleinletters gebruik.

  5. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Plaagbeheer28 July 2026

    Ja, hoe beheer ‘n mens die plaag waarvan in die slotreël gewag gemaak word …?

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d