Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-M)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
14 November 201124 February 2014

Johann Lodewyk Marais. Kremetart

KREMETART

Adansonia digitata

 

Met G.E. Wickens se kaart op my knie

het ek ver agter hulle aan gery

– van die Laeveld tot in die Sahel,

van die Caprivi tot by Mombasa –

en my aan hulle voorkome verkyk.

Ver suid onder die boom by Tshokwane

het ek ‘n merkie op die kaart gemaak

en nog gemaak tot langs die Luvuvhu.

By Sagole het ek al slingerend

deur die dik rooi sand aangery gekom,

in die toiletboom van die Caprivi

broek losgemaak, op Kukonje-eiland

na ‘n uil hoog in die takke gekyk,

in Mombasa laat in die aand gesien

hoe mense ná die roep van die muedzin

verby die boom in Nkrumahweg loop,

hoe wortels by die Takwa-ruïnes

tussen die grafte in dwing en later

die bome al langs die Lunatic Line

tot op die Yatta-plato aangestip.

By die Victoriameer het ek lank

met die gids in een se koelte gesels,

in Kartoem hulle by die samevloeiing

van die Blou en die Wit Nyl saam sien staan,

van Timboektoe na Dakar geoefen

aan nuwe name (“hamao”, “oro”

en “calebassier du Sénégal”)

en op ‘n Vrydagmark in Kaïro

die ovaal vrugte oopgebreek sien lê

en ‘n hand vol pitte soos die woorde

van ‘n gedig in my kaart toegevou.

 

© Johann Lodewyk Marais, 2011

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window)
  • Click to share on Twitter (Opens in new window)

Lees meer

← Andries Bezuidenhout. Melville se poësiefees, 2011 – fotobeeld
Johann Lodewyk Marais – vertaling in Engels →

2e gedagtes oor “Johann Lodewyk Marais. Kremetart”

  1. Johann Lodewyk Marais says:
    16 November 2011 at 15:53

    My belangstelling in kremetartbome het my twee keer Londen toe laat vlieg om in die Royal Botanic Gardens, Kew, oor hulle te gaan navorsing doen.
    G.E. Wickens het in die plante van die Sahel gespesialiseer en baanbrekerswerk oor Adansonia digitata gedoen. Wickens en Pat Lowe se “The Baobabs: Pachycauls of Africa, Madagascar and Australia” het in 2008 verskyn.
    Dit was fassinerend om na Wiskens se materiaal te kyk. Name soos ”hamao”, “oro” en “calebassier du Sénégal” waarna ek in die gedig verwys, het ek daar gekry.
    Ek het byna 1 000 bladsye uit Wickens se versameling gekopieer en Kew het my nooit daarvoor laat betaal nie.
    Onlangs het Thomas Pakenham en Rupert Watson ook pragtige boeke oor hierdie boom gepubliseer.
    Die wonderlikste is natuurlik om self na kremetartbome te gaan kyk …

  2. Andries Bezuidenhout says:
    15 November 2011 at 06:34

    Dankie vir ‘n lieflike gedig, JLM. My neef Nico, wat gereeld in Angola kom, sê daar’s kremetartwoude teen die kus waar die Namib se noordelike mespunt in savanna in bloei.

Kommentaar is gesluit.

Meeste gelees

  • Versindaba kompetisie: “Mediese” poësie. Wen R7 000+ in prysgeld!
  • Wedstryd: Skryf ʼn parodie of ʼn pastiche
  • Resensie: "Grondstof" (Helena Ewert)
  • Bester Meyer. Water bind my aan jou naam
  • Resensie: "Silwerwit in die soontoe" (Imke van Heerden met Anil Bas en Etienne van Heerden)

Nuutste bydraes

  • Andrea Sieberhagen. Ontredderd
  • Andrea Sieberhagen. Klaskamer: Die ander kant
  • Riaan le Roux. Herbergsaam
  • Joan Hambidge. Om ʼn stad te verbeel(d)
  • Digtersprofiel: Jolyn Phillips

Nuutste kommentaar

  1. Rina Cascione on Nini Bennett-Moll. Wanneer bemarking paradeer as literêre kritiek26 November 2023

    Nini, ek het jou skrywe met aandag gelees en begryp nie waarom daar so 'n storm losgebars het nie. Jy…

  2. Mart-Marié Uys on Nini Bennett-Moll. Wanneer bemarking paradeer as literêre kritiek26 November 2023

    Baie geluk met hierdie skrywe. Jy herinner mens weer wat die werklike verskil tussen lekemenings op Facebook en verantwoordbare resensies…

  3. Marlies Taljard on Nini Bennett-Moll. Wanneer bemarking paradeer as literêre kritiek24 November 2023

    Die ergste is dat so baie van hierdie stokperdjie- en leunstoelkritici op die keurpanele van die belangrikste literêre pryse dien.…

  4. Mellet Moll on Nini Bennett-Moll. Wanneer bemarking paradeer as literêre kritiek24 November 2023

    Die onbedoelde gevolg van die prys wat Crito ingestel het, is natuurlik die feit dat dit die skrywers van lesersindrukke…

  5. Dewald Koen on Nini Bennett-Moll. Wanneer bemarking paradeer as literêre kritiek24 November 2023

    Dankie vir 'n besonders insiggewende en interessante artikel, Nini.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2023 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon