Verlede week het Corina van der Spoel, bestuurder van die Boekehuis in Aucklandpark (foto), by monde van ‘n persverklaring bekend gemaak dat die Boekehuis nou inderdaad gaan sluit. Op 28 Januarie, met ‘n voorafgaande uitverkoping van alle voorraad. Dit op sigself is nie nuus nie, aangesien Media24, eienaars van dié ikoniese boekwinkel, reeds verlede jaar blyke van hul voorneme tot sluiting gegee het. Nogtans het die hoop bestaan dat iemand van iewers af na vore sal kom met ‘n lewensboei vir dié sukkelende onderneming … Sug. Klaarblyklik het dit toe nié gebeur nie.
Hieronder volg haar skrywe wat by BooksLive verskyn het:
Dear Friends of BOEKEHUIS
BOEKEHUIS wishes you health, happiness and lots of reading time for 2012!
It is with sadness that I have to announce that BOEKEHUIS Bookshop will be finally closing its doors on Saturday 28 January 2012. It has been decided by its owner, Media24 that the shop will close down.
We have received so many encouraging messages and phone calls supporting and expressing appreciation for the project that was BOEKEHUIS, too many to thank each individually. Thank you for demonstrating your solidarity with everything BOEKEHUIS stands for so eloquently. It has been very heartening, both personally and, more importantly, in terms of arguing for the continuation of public culture and public intellectual life. Do know your voice has not been a solitary one but that the friends of BOEKEHUIS form a network from Joburg to Cape Town, Paris, London, Berlin, Amsterdam and further afield.
The life of ideas and letters continues regardless.
May your reading journey be interesting and inspiring!
With very best wishes and thanks,
Corina van der Spoel
Na aanleiding van hierdie verklaring van voorneme het Jean Liou van AFP ‘n uiters insiggewende berig geskryf wat steeds op AFP se webtuiste gelees kan word. “South Africa may have produced two Nobel laureates in literature but a famous bookshop in Johannesburg is nevertheless about to close, a victim of the country’s poor reading culture,” skryf Liou.
Hierna word daar gekyk na bepaalde aannames oor waarom daar juis ‘n swak “reading culture” in Suid-Afrika bestaan. Elitha van der Sandt, hoof van die South African Book Development Council (SABDC), word soos volg aangehaal: “Only about one percent of the population buy books […] And although the country can boast Nobel prize-winning authors such as Nadine Gordimer (1991) and J.M. Coetzee (2003), their works are mostly read abroad.”
Ander is weer van mening dat die hoë boekpryse – en die regering se onwilligheid om BTW op boeke af te skaf – grotendeels vir die ontoereikende leeskultuur verantwoordelik is: “The cheapest (book) start at 120 rand ($14, 11 euros) — a high price in a country where most of the 50 million people earn around 2,000 to 3,000 rand a month. While a few books sell very well, most books will sell only a thousand or so copies,” het Beth le Roux, wat aan die Universiteit Pretoria vebonde is en in die uitgewersbedryf spesialiseer glo gesê. “This means that publishers have small print runs, which also keeps the costs (and the prices) high. A sales tax rate of 14 percent and transport costs for imported books only add to the problem”, het sy bygevoeg. “To make it onto the bestseller list, you only need to sell a few thousand copies of a book here.”
Volgens Le Roux se berekening beloop die boekbedryf se totale jaarlikse omset ongeveer 3.5 biljoen rand; hiervan verteenwoordig twee derdes akademiese – en skoolboekverkope. Van die oorblywende “algemene mark” vorm die verkoop van geestelike boeke ‘n magtige 20%.
Uiteindelik bevind sy die volgende: “A more fundamental problem however, is illiteracy. In South Africa 18 percent of adults over the age of 15 are unable to read, and many of those who can read still struggle. These depressing statistics are a legacy of the apartheid system, which gave lower quality schooling to the non-white population.”
Niks word egter gesê oor die multilinguale aspekte en die impak daarvan op ons boekbedryf nie: die feit dat ‘n minderheidstaal as algemene besigheids – en onderigstaal gebruik word terwyl die meerderheid sprekers dit as tweede of selfs derde taal gebruik. Ook nie die regering se onentoesiastiese lippediens aan sogenaamde meertaligheid en die bevordering van ‘n (gedifferensieerde) leeskultuur nie … Waarskynlik is ook dít apartheid se skuld.
Nietemin, uiteraard het sowel Corina van der Spoel se verklaring as Liou se AFP-berig, heelwat bespreking op FaceBook uitgelok. Myns insiens is Frederik de Jager, hoofuitgewer van Umuzi, se kommentaar by verre die mees relevante. (Hy het dit in reaksie op ene Johann se voorstel dat die Boekehuis oorgeskakel moet word na ‘n konsessiebedryf, geplaas.)
@Johann en ander: Niemand kan vreugde put uit die sluiting van ‘n boekwinkel nie, en allermins so ‘n besondere een soos Boekehuis. Maar ek lees die winkel is teen ‘n verlies van ‘n miljoen rand per jaar bedryf. Hoe sou jy dit in ‘n konsessiebedryf omskep? Ek wil my nie uitspreek oor die verdienste van die eienaars se besluit oor die winkel se lot nie, maar as uitgewer bevind ek en seker al my kollegas ons dikwels in ‘n soortgelyke posisie om kritiek te verduur weens onwilligheid om ‘n verliesmakende publikasie aan te pak. Ons word van gebrek aan geloof en nog erger dinge beskuldig. Maar die kritiek word selde gerig na waar dit meer gepas is: die oorweldigende gebrek aan ondersteuning deur die publiek, van wie slegs EEN PERSENT boeke koop. En daaragter die oorstelpende ongeletterdheid in Suid-Afrika, en daaragter die verloedering van die onderwys, en daaragter die maatskaplike toestand van die meerderheid mense … ‘n oneindige regressie waarvan die brieke ook nie bra aangedraai word deur die regering se herhaalde weiering om BTW op boeke af te skaf (“Dit sal net rykes bevoordeel”), die krimpende ruimte vir boeke en ander intellektuele inhoud in die tradisionele media, en die groeiende kompetisie van die sosiale media nie. So as enigeen voel hulle het rede om te kla, maar ook die reël wil onderskryf dat jy self die verandering moet wees wat jy verlang, hier is voorstelle: gaan koop gereeld boeke, gaan besoek fisieke boekwinkels, lees boeke en bespreek hulle so wyd moontlik, raak betrokke by geletterdheidsprogramme en skenk boeke wanneer daarom gevra word. (En as jy toevallig ‘n minister van finansies is: skaf BTW op boeke af!)
Amen.
***

Ditto Desmond en Andries,
Dat ‘n paar woorde ‘n landskap kan oopskryf
Andries, ek is mal oor die beheerste woede van hierdie salvo Dylanesque bittervuur van jou!
deur slawe gemaak
deur fasciste gekaap
deur skrywers bewaak
hoe kwyn sy, hoe kwyn sy nou
in die sak van die bekhouers
van die boekhouersaak
Ek gaan nou maar my stuiwer ook ingooi. Die feit dat Boekehuis toemaak is ‘n skandaal – net soos die sluiting van Boeke-Insig. Ek glo steeds Boeke-Insig het gevou omdat daar geen behoorlike bemarking en verspreiding gedoen is nie. Jy kon dit net in die groot sentra en by boekwinkels kry – het elke maand my dinges afgesukkel om ‘n kopie of twee in Robertson te kry.
Ek sê nie dis die geval met Boekehuis nie, maar dit lyk nie asof Media24 rerig iets gedoen het om dit te bemark nie.
Media24 se nasionale boekeblad is pateties om die minste te sê – ek koop dit nie eers meer nie – selfs die boekebylaag van Huisgenoot is beter en dit sê baie. Dieselfde geld ook vir Rapport se boekeblad elke week en die bylaag is ook maar so-so.
Ek kry die indruk Media24 stel net nie meer daarin belang om Afrikaans en Afrikaanse letterkunde te bevorder nie – dit maak seker nie genoeg geld vir die aandelehouers nie. Dankie tog vir Versindaba, Litnet en ander webwerwe waar ‘n mens nog resensies ens kan kry.
Dis ‘n helse frustrasie as jy ver van boekwinkels ens is en dan kan jy nie eers ‘n resensie of onderhoud in ‘n koerant kry nie – hoe die hel wil hulle hê ‘n mens moet nuwe Afrikaanse boeke koop as jy nie van hulle weet nie.
Sommer net dankie vir die Nuusbrief Louis – dit help darem dat ek so min of meer weet wat verskyn. Enige idee wanneer Kannemeyer se Coetzee-biografie gaan verskyn – of is ek nou weer te haastig.
Aha! En daarmee is geen fout te vind nie, Adriaan. Trouens, dit behoort elke Afrikaanssprekende se ingesteldheid te wees. Dankie vir die gesprek.
Geagte Louis, alles in orde. Na aanleiding van bogenoemde stuk wou ek slegs my bereidwilligheid illustreer van: “…dat jy self die verandering moet wees wat jy verlang…”
Adriaan, dit spy my, maar hiervoor sien ek nie kans nie. Dit sal uiters onprofessioneel van my wees om Corina (of enigiemand anders) met so ‘n versoek te nader.
Ek hoop jy verstaan.
Louis, kom ons neem Boekehuis, siende dat dit die besigheid onder bespreking is. Ek ken nie die individue betrokke by hierdie spesifieke onderneming nie maar ek glo jy doen wel. Jy kan dalk hulle “bottom line” per maand vir winsgewendheid vis. Onthou, my woorde was “deeglike bemarking”.
Adriaan, ek verstaan nie die vraag nie? Watter punt is dit wat jy wens te staaf? In jou vorige opmerking het jy dit myns insiens oor skrywers (en boekhandelaars) se onwilligheid om die “doodsonde” van bemarking te pleeg … Ek het jou daarop probeer wys dat dit gewoon nie waar is nie. Wat het dit te make met die “skatting” van verkope; veral indien ek nie weet wat oorhoofse kostes en prysstruktuur van die besigheid is waarna jy verwys nie? Een besigheid kan 100 boeke per maand verkoop en wins wys terwyl ‘n ander 10,000 boeke kan verkoop en ‘n verlies ly …
Ek sê jou wat Louis, vandag is Woensdag die 11/01/2012. Ek het genoeg besigheid op my eie onderneming se boeke vir minstens die res van die maand.Dit gun my ‘n bietjie vrye tyd. Veronderstel Boekehuis trek ‘n volledige voorraadlys op (pryse ingesluit) vir my, dalk ‘n eksemplaar of twee. Na jou skatting, watter getal verkope moet ek oortref teen Saterdag 28 Januarie om my punt te staaf?
Ek het ook van die gritty underground gevoel gehou. En die digters wat ek ken tree oral op as hulle gevra word – lees vir 7 mense, lees vir 50 mense, in sale, in sitkamers, in eetplekke, enigiets. Altyd. My ondervinding is ook dat mense wat sulke lesings bywoon gewoonlik sommer daar boeke ook koop. Die probleem is moontlik dat te min mense sulke lesings bywoon? Op hierdie webblad het ‘n gesprek plaasgevind rondom die kwessie dat soveel mense gedigte skryf, dit op webblaaie en sosiale netwerke plaas, honderde gedigte, maar nie een van daardie skrywers koop digbundels nie. Ek verstaan dit nie. Ek verstaan ook nie dat dieselfde mense dan kla dat hulle nooit deur uitgewers gepubliseer sal word nie, omdat gedigte glo nie verkoop nie! Waar is die logika? Ek betreur die heengaan van Boekehuis – Corina het soveel moeite gedoen om sprekers te reel en ek het mense ontmoet, mense hoor praat, waartoe ek andersins nie toegang sou gehad het nie. Phillip Tobias is maar een voorbeeld.
@Adriaan. Ek het baie van jou gedig oor die Melville Poetry Festval gehou, maar ek moet noem dat die plekke waar ek sessies bygewoon het (en by opgetree het) skoon stoele gehad het. Ek het van die gritty, underground gevoel van die sessies op sypaadjies gehou.
Hierdie rubriek is op Boekehuis se stoep geskryf:
http://152.111.1.87/argief/berigte/rapport/2009/01/06/RH/11/andries4jan.html
Die aftakeling van instellings en praktyke wat geletterdheid en leeskulture in stand hou en bevorder is soos Louis skryf inderdaad ‘n wereldwye probleem, en dit is nie die skrywers en boekhandelaars se skuld nie. Was skrywers al ooit meer betrokke by bemarking as juis vandag? Ek glo nie!
Adriaan, jy staan en blaf by ‘n boom sonder katte. Ek ken al die skrywers hierbo persoonlik (met die uitsondering van Wysneus en Celeste Fritze) en glo my, hul “kuierkleertjies” ter bevordering van die leeskultuur is al erg verslete; so ook die ander deelnemers aan hierdie webblad. (Trouens, wat dink jy is die implikasie van die “kollektief” op die banier van hierdie webblad? Alle gepubliseerde Afrikaanse digters neem vrywillig en sonder noemenswaardige vergoeding deel aan hierdie inisiatief – wat deur Marlise as webmeester vir hulle in stand gehou word – ten einde die digkuns te ondersteun en te bevorder. Plaaslik sowel as internasionaal.)
Bemarking? Wel, die boekwinkel op Stellenbosch waarvoor ek verantwoordelik is, hou byvoorbeeld sedert 1 Junie 2002 toe ons deure geopen het, elke Saterdag ‘n boekpraatjie waartydens ‘n nuwe publikasie bekend gestel word. Nog nooit in dié 10 jaar was daar ‘n skywer wat “nee, dankie” gesê het nie. (Dieselfde geld die Versindaba-poësiefees wat ek en Marlise van 2005 tot 2009 gereël het.) Ook tree bykans alle skrywers wat ek van weet gereeld by skole op, spreek leeskringe toe, doen onderhoude op radio en vir die media, ens. ens. Vir my as boekhandelaar is daar ook gereelde optredes by biblioteke, buiteverkope by kongresse, kunstefeeste, e.a. geleenthede waarby boeke betrokke is. (En hier praat ek nie net van “soms” of “dan en wan” nie. Verlede jaar was ons winkel by ongeveer 35 buiteverkope betrokke; persoonlik moes ek 3 biblioteek-streekdiensterade toespreek, 7 skole besoek, ens. ens.)
En dan is daar sommer BAIE ander mense – meestal “gesigloses” soos die lede van leeskringe, en my eie personeel, byvoorbeeld – wat selfs nog veel meer doen as ek om die leeskultuur te bevorder …
Nee wat, Adriaan. Die agressiewe toon van jou kommentaar is totaal misplaas. Ten minste wás daar ‘n Melville Poetry Festival; vuil stoele of te nôt.
Jou kommentaar herinner my aan ‘n opmerking wat wyle Danie Craven by geleentheid gemaak het: “Dis waar dat hoë bome die meeste wind vang,” het hy gesê. “Maar dit is ook waar dat die meeste honde juis dáárdie bome kies om hul been teen te lig.”
Glo my: géén skrywer, allermins die digters, staan onbetrokke by die bemarking van hul boeke en die bevorder van ‘n sogenaamde “leeskultuur” nie. Breyten Breytenbach en Corina van der Spoel by uitstek.
En ja, elke keer wat jy jou beursie uithaal om vir ‘n boek-aankoop te betaal, is uitnemendheid jou reg.
Het enige van hierdie skrywers al die doodsonde nl. deeglike bemarking oorweeg? Ek praat nie van ‘n webblad, ‘n resensie of advertensies hier en daar nie, seker in die hoop dat besigheid hom by hul lessenaar gaan aanmeld en in hul skoot val. Ek praat van jou kuierkleertjies aantrek en jou voete die praatwerk laat doen. Hoeveel van hierdie skrywers het al ‘n dag afgestaan om in skole se biblioteke aan hulle potensiële mark voorlesings te doen? Te besig om die teorie van alles in koolstof te giet? Neem byvoorbeeld daardie fiasko, die Melville Poetry Festival,hulle het nie eers die ordentlikheid gehad om vir die leserspubliek skoon stoele voor te sit nie. In daardie geval kan hulle maar by die verkeerslig met hulle boeke gaan staan vir ‘n sympathy sale. Graag sluit ek af met ‘n aanhaling van Breyten: “… maar fok hulle né Ouboet
die ou en nuwe kapitaliste
vernaam gepoephol in hulle stralers en Mercedesse…”
Verskoon my, is Breyten homself nie die Mercedes van die Afrikaanse digkuns nie? Of is uitnemendheid slegs vir sommiges beskore?
Wysneus, ek stem nie saam met jou stelling nie. Waarskynlik was dit waar in die era van Afrikaansgerigte biblioteke en gratis skoolhandboeke, maar tans is die Afrikaanssprekendes waarskynlik die taalgroep wat die ganse boekbedryf dra. (Onthou: hulle koop waarskynlik net soveel Engelse tekste as die Engelse self, terwyl dit selde indien ooit andersom die geval is …) Selfs die vernaamste Engelse uitgewers soos Penguin en Random House begin dié ding besef; vandaar die toenemende getal Afrikaanse titels wat deur hulle gepubliseer word.
Alhoewel dit beslis nie roomtyd is nie, is dit vir die Afrikaanse boekbedryf darem nog nie heeltemal tyd vir kasaterwater nie …
Ten slotte, twee dinge wat onthou moet word, is 1) hierdie is ‘n wêreldwye tendens en 2) Engels is nie ‘n taal nie; dit is ‘n magsbasis.
Dankie vir jou bydraes.
Louis
Wysneus, tragiese situasie: ‘n volk van skrywers, maar nie van lesers nie!
Afrikaners is nie lesers nie. Dis jammer maar dis waar. Ek’s lief vir my volk en as ek ‘n nasie moet kies om deur baksteenmure te harloop of kaalvoet oor berge te loop of iemand se siel uit te trek dan het ek haar nommer. Maar om te lees of te bespreek? Nee.
@Celeste: presies, nie net ‘n kommersiele ruimte nie, maar ‘n plek waar idees, drome, netwerke, en toekomste dmv taal en talige produksie in die lewe geroep en bestendig word. Boekwinkels is die EINTLIKE toekomsmarkte, nie die JSE of Wall Street nie…
Ek reageer op Johann de Lange se opmerking dat hy dit “eens [is] met Frederik as hy sê dat al dié wat die pen opneem om hulle verontwaardiging uit te spreek oor die toedrag van sake [sluiting van Boekehuis] gerus hulle geld kan sit waar hulle monde is & Afr boeke kan koop.”
Dit is wat my betref juis die mense wat boeke koop (en nie uitsluitlik Afrikaanse boeke nie) wat teen Boekehuis se sluiting protesteer. Waarom sal mens andersins die moeite doen, wonder ek? Boekehuis is/was immers soveel meer as net ‘n boekwinkel. Ter illustrasie: Saam met my het daar eentyd ‘n Sepedi-sprekende metropolisielid, ene Joseph Seakamela, gewerk. Joseph is ‘n skrywer, ‘n goeie skrywer, ook van kinderboeke. Eendag het ek hom vertel van Martie Preller se “Babalela”. Joseph se Afrikaans is uitstekend en hy het die boek verslind … erg verlief geraak op die Babalela. Toe ek hom eendag vertel dat Martie Preller ‘n skryfwerkswinkel by Boekehuis gaan aanbied en dat ek hom wil “stick” om dit te gaan bywoon, was hy in vervoering. En daar het sy vriendskap met Martie en die Babalela begin. ‘n Vriendskap wat uitgeloop het op Joseph se vertaling van “Babalela” in Sepedi (saam met Mirriam Monisi) en Lapa se publisering van die Sepedi-weergawe. Ja, mens is hartseer oor die sluiting van Boekehuis, maar nie net omdat dit ‘n boekwinkel is nie.
@Desmond: Hoor, hoor! Skryf asseblief daai manifes. Die probleem is net dat ‘n manifes oor geletterdheid net deur die geletterdes gelees kan word. Ai. Dan moet jy dit maar opneem en van dakke af uitsaai. En jy sal dit in ten minste vyf of ses tale moet vertaal – maar nie in Engels nie. Definitief nie in Engels nie.
@Johann de Lange: Ja, die die borgskappe wat gaan na sport, en na individuele “sportsterre” (dit het die woord “atleet” lankal vervang), maak ‘n leuenaar van enigeen wat aanvoer “daar is nie geld nie” wanneer dit by ondersteuning van boeke, kuns en kultuur (en ordentlike opvoeding!) kom. Geletterdheid word toenemend ‘n werklik radikale gedagte…
Marx het gepraat van hoe werkers hulle eienaarskap van produksiemiddele verloor en van hulle aktiwiteite, tyd en produkte vervreem word. Is dit nie vandag selfs meer nog die geval nie? Miljoene mense word letterlik vervreem van (verloor eienaarskap van) die mees belangrike “produksiemiddel” waarvolgens ons aan onsself en die wereld gestalte gee en aan ons ervarings betekenis verleen: taal. Ek praat van die imperiale onderwerping en devaluering van klein tale, maar ook van die inperking van taalvaardigheid binne selfs groot, imperiale tale. Ek dink taalpolitiek is paraDIGmaties vir alle politiek vandag. (Ek voel ‘n manifes is op pad…)
Vir jul leesgerief kopieer ek sommer die gedig van Marlene van Niekerk waarna Johann de Lange hierbo verwys hier. (Dié gedig, en ook ander vertaalde verse, kan in die vertaalkamers gevind word.)
Poem for President Motlanthe
Photo DB February 27 at the beginning of a SADC meeting concerning the Zimbabwe crisis
How can you bring your neighbouring country’s mad dictator to the table?
How do you get his slot-mouth to the peace trough?
O president, from the outset you remain virtuous,
you remain in the pink, you scrunch up your snout forgivingly
you clench your buttocks and
brace your breastplate grimly in regent mode
you lead him step by step,
you prick up your ears for the cameras,
your beard
a goatee, your collar
pristine,
how does one please
an expert exterminator of the Matabele, president?
You mumble ubuntu, uhuru, ujamaa, you
embrace a fuck-the-world kind of freedom that you
cribbed from PWB and Smith
(one should know what to stress these days,
one should remember the right things)
How do you bring him inside
this stalactite of power
this rabid grasshopper?
It is evident, mister president,
you handle him softly, you handle him like a chum, the colours of your tie clash
less harshly than his, your breast-pocket handkerchief
puffed up a tad less, on account of his ghostbrittle self,
you let him understand, the two of you are men,
who feel good in your tailor-made suits,
you are cut from the same cloth, your spectacle frames
a little less expensive, the label more local than his
you mark your pace invisibly up the steps of your royal palace,
until you are in step with his tread
like an ageing pig feeding on the bread of grace
Isn’t he and won’t he always be your brother?
(as Stroessner was then the schmak’s brother
not to mention church hat and spouse)
a king just like you?
Even though his people cower totally fucked
beneath the soldier’s heel on your borders
where Kruger lions simper miserably,
even though his subjects gorge on grass,
even though they roll their good-for-nothing money like dung beetles
to bakeries baking clouds of chalk,
even though they suck the bitter piss
of grasshoppers through straws,
even though they have a rat up their arse as their last rations,
even though hospitals are flooded with cholera,
even though they choke on your bone-white flour,
even though your people scream makwerekere at your tightly-guarded walls,
even though their fingers reach for your throat,
how can you deal with a man who does this to his nation
and to your nation for that matter?
to your precious French ideal of Renaissance?
(And I know what I am talking about, my white Vlakplaas guards
had a braai next to their enemies’ corpses
in the name of the lord jesus christ, I was a fool
to think that you could do better in this godforsaken territory
of white and black barbarians)
Now at midnight I rage as if you were ever going to hear me,
and I ask, how in the name of the father do you do it?
You treat him like a gentleman, mister president
you eat a peppermint beforehand just in case
he does not trust
the quiet diplomacy on your breath
you want to show him, mister president,
your love of your neighbours
is unknown in these regions.
O lord and the tamtam, don’t forget the tamtam, president,
The tamtam and the tattoo and stywepap for the chauffeurs,
the carpet and the flag and the foxterrier gang of guards
with surveillance worms in the ear, with armpit-holsters full of lead
with dark glasses of fraternity.
(between your guards and his your safety
a likewise incline of the head, and deodorant and rearview mirrors
of distrust and jujitsu and small electric truncheons
sizzling against the thighs.)
How do you do it, mister president?
In that air filled with Southern African amenability
overflowing neighbourly ardour
and sentiments about human rights,
in that halo of clicking shutters
before the portals, you tilt your head, making yourself famous,
with a glint of bottom teeth
look, my arm is rigid from ceremony,
but I flex my fingers
behind me, warm, affable,
toward your monkey-paw of resentment,
come on then, tata, toward peace, toward truce,
you are my child, over your sins, Motlanthe, I
and all of us here, scatter
bucket loads of Kalahari sand.
I am not ashamed,
I guard you,
I take your hand.
(Uncolledted)
(Tr. by Tony & Gisela Ullyatt)
Korreksie, die begin van die tweede paragraaf moet lees:
Die bedrae geld betrokke by korrupsie & spandabelrigheid, & die morele verrotting van die ANC waarvan die uitnodiging van Mugabe na hulle eeufeesviering net die jongste manifestasie is (hulle sou Ghaddafi waarskynlik ook genooi het as hy nog met ons was), laat mens met min hoop dat die situasie ooit sal verbeter.
Ns. Marlene van Niekerk se vers “Poem for President Motlanthe” is ‘n skitterende verdoeming van hierdie verrotting van binnetoe uit by die ANC.
Net ‘n nota(tjie): die Johann waarmee Frederik so woeker is nié ek nie. Ek is sélf deel van die beleërde boekbedryf & sou kwalik sulke verspotte voorstelle maak. Ek het wél groot simpatie met Corina & haar personeel. Dit is ‘n bitter realiteit dat geletterdheid nie vir die huidige regering ‘n prioriteit is nie (as ek ‘n conspiracy theorist was sou ek gesê het dis in hulle belang om die massas ongeletterd te hou).
Die bedrae geld betrokke by korrupsie & spandabelrigheid, & die morele verrotting van die ANC waarvan die uitnodiging van Mugabe na hulle eeufeesviering (hulle sou Ghaddafi waarskynlik ook genooi het as hy nog met ons was) laat mens met min hoop dat die situasie ooit sal verbeter. Daar is net sóveel wat mense op grass roots vlak kan doen. Die regering & groot besighede móét ook betrokke raak. Die borgskappe wat gaan na sport vergeleke met die kunste is nóg ‘n teken van hoe skeefgetrek ons samelewing is.
Ek is dit eens met Frederik as hy sê dat al dié wat die pen opneem om hulle verontwaardiging uit te spreek oor die toedrag van sake gerus hulle geld kan sit waar hulle monde is & Afr boeke kan koop. Een boek per maand kan al ‘n verskil maak. En skrywers moet miskien ook minder van hulle boeke vir vriende & fans present gee. Ek onthou iets wat Koos Human my járre terug geskryf het, kort na my debuut toe ek ‘n paar ekstra outeurseksemplare bestel het: “As jou vriende nie jou boeke wil koop nie, hoe kan jy verwag dat totale vreemdelinge dit moet doen?” Gelukkig het ék lojale vriende in dié opsig, & ruil net oor & weer kopieë uit met skrywersvriende, ‘n ou & gewaardeerde ritueel.
Versindaba
Ek doen gereeld boekbesprekings vir FineMusicRadio in Kaapstad. Dit behels ook besprekings wat al elders in koerante of op die internet verskyn het en radio is ‘n magtige medium. Miskien kan meer literatore en skrywers hier iets doen? Nie net vir dagblaaie of die internet skryf nie, maar ook vir die radio. Mense luister radio en boekeredakteurs en boekhandelaars weet hoe sleg dit met die bedryf gaan. Die navrae oor ‘n boek ná ‘n uitsending wys dat mense wel kennis neem. Dis wat ek doen vir die bemarking van die boek.
Ook Leeskring elke twee weke waar onderhoude met skrywers gevoer word, dra iets by.