Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
22 March 2012

Andries Bezuidenhout. Die dakke van Dealesville

NG Kerk, Dealesville
NG Kerk, Dealesville

In sy bundel Soom (2012, Griffel) verwys Hennie van Coller so sylangs na Dealesville:

In die Vrystaat is water min, die fontein
lank reeds weg; ons lot word net deur die son
besleg en whisky word ook g’nnie verdunnie.

Van winde kry ons hier genoeg,
veral sirokko’s uit die verre weste
wat Dealesville bring en Petrusburg se reste…

Die dorpie Dealesville is omring deur soutpanne. G’n wonder dat dit stuk-stuk Bloem se kant toe waai nie. In die kerkgebou hang ʼn foto van die dorp soos dit in 1950 gelyk het. Die kerkgebou self is in die middel van die foto. ʼn Mens kan dele van die vliegtuig, waaruit die foto geneem is, se vlerk in die voorgrond sien. Ek verbeel my ek kan soutpanne in die agtergrond bespeur.

Foto van die foto uit 1950
Foto van die foto uit 1950

Die Nederduits Gereformeerde Kerkgebou se hoeksteen is in 1912 gelê. ʼn Plafon van staalpanele gee die gebou se binnekant ʼn besonderse atmosfeer.

Staalplafon
Staalplafon

Wat egter opval as ʼn mens om die gebou stap, is hoe ʼn daklose gedeelte van die kerkgebou nou deur ʼn funksionele sinkdak teen donderbuie (al is dit skaars) beskerm word.

Dak oor dak
Dak oor dak

Op een plek is die nok se punt gebreek om die sinkdak se strak raamwerk te akkommodeer.

Dak oor nok
Dak oor nok

Ek wonder oor hierdie sinkdakskuur wat die kerk se agterkant bedek. Is dit ʼn tydelike maatreël, tot die gemeente genoeg geld het om die oorspronklike dak te restoureer? Of is dit hoe die dak nou maar daar gaan uitsien?

Dan weer: Ten minste is daar ʼn dak oor die gebou, anders as soveel ander historiese kerkgeboue wat gemeenteloos in wind en reën verweer.

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Bernard Odendaal en Hennie van Coller. Die liriese intrige in Antjie Krog se Lady Anne (1989)
Onderhoud: Hennie van Coller (Soom) →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • René Bohnen. Weerklink
  • AVBOB Persverklaring
  • Joan Hambidge. Cussons twee verse oor rose
  • Ferdi Wheeler. Mars
  • Willem M. Roggeman. Het wit van Roger Raveel

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d