Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
13 April 201213 April 2012

René Bohnen. Genees bygelofies

Dit is Vrydag die 13de en April is Poetry Month. Ek glo nie die storie dat 13 ‘n ongelukkige getal is nie, maar ek het sowat ‘n uur gelede dansksy Bibi Slippers die plan gekry om iets te doen wat dalk party ander mense se idee hieroor ook kan verander. Net miskien. Maar ek sal nooit weet nie (en dis die “beauty” daarvan).

Ek het in Desember 2011 ‘n paar Afrikaanse digbundels te koop gekry teen R2 elk. Nee, regtig. Ek het die arme bundels so jammer gekry dat ek almal gekoop het. Sommige het ek nou al uitgedeel aan vriende en ouetehuise. Maar ek het nog steeds vier of vyf “doubles” oor. En vandag gaan ek iets doen wat ek gewoonlik nie doen nie: Ek het nounet al die bladsye uit twee bundels geskeur.  Nou gaan ek na ‘n mall toe ry en ek gaan gedigte agter toiletdeure plak en in koffiewinkels se spyskaarte sit.

Laat die verse dan soos ‘n goeie knertsie val waar hulle wil op hierdie dertiende dag van die cruelest month.

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

10e gedagtes oor “René Bohnen. Genees bygelofies”

  1. Rene Bohnen says:
    24 April 2012 at 05:53

    O ek hou daarvan, Hannalie. Hmmm, ek dink ek gaan vandag op my Pretoria trippie nog ‘n guerilla-gebaartjie met woorde pleeg.

    Reply
  2. hannalie taute says:
    23 April 2012 at 20:18

    wonderlik! dit laat my dink aan ‘guerrilla art”- oftewel in hierdie geval: “guerrilla poets/poetry”

    Reply
  3. Rene Bohnen says:
    14 April 2012 at 05:55

    Ek dink hulle beboet my as ek iets in die Gautrein plak, maar ek wonder, Ian en Marie, ons is sekerlik al mal genoeg vir ‘n flash mob van verse?

    Reply
  4. marie bredenkamp says:
    14 April 2012 at 00:19

    Rene! Briljante idee! Ek loop al ‘n paar jaar met die idee rond vandat ek in ‘n trein in Londen gery het, en daar was oral kort gedigte teen kante geplak – jy kon dit nie mis nie, veral as die wa vol is, en mense staan styf teenmekaar, dan is dit mos soos in ‘n hyser, jy weet nie waar om te kyk nie..Ek het gehoor dit word in busse in Nederland ook gedoen … Al wat jy nodig het is ‘n paar crazy poets!!! Groete, Marie Bredenkamp

    Reply
  5. Ian says:
    13 April 2012 at 16:28

    Mooi. Unsung sushi.

    Reply
  6. Rene Bohnen says:
    13 April 2012 at 13:52

    Wonderlik, Louis, dankie. Ek het nie ‘n helikopter nie, maar ek begin wonder of mens nie dalk elke Vrydag gedigte kan plant op onverwagse plekke nie.

    Reply
  7. Louis says:
    13 April 2012 at 11:52

    En hier is die skakel na ‘n stuk wat ek ‘n paar jaar gelede geskryf het oor die anonieme verspreiding van 100,000 gedigte: https://versindaba.co.za/2010/09/08/wanneer-dit-begin-om-gedigte-te-reen/

    Reply
  8. Everline van Dyk says:
    13 April 2012 at 10:04

    Briljante idee! Hoop iemand iewers gaan in die toekoms meer gedigte lees!

    Reply
  9. Rene Bohnen says:
    13 April 2012 at 09:54

    Dankie Beatrice! Ek is so bly jy plaas die skakels:-)

    Reply
  10. Beatrice B says:
    13 April 2012 at 08:47

    René, dankie vir die lees, ek is so bly om te hoor iemand koop in!

    Hier is die artikel met die ander 17 idees ook: http://www.litnet.co.za/Article/poetry-in-motion-of-iets-van-die-geaardheid

    En die bladsy op poets.org: http://www.poets.org/page.php/prmID/41

    Groete
    Bibi

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • René Bohnen. Weerklink
  • AVBOB Persverklaring
  • Joan Hambidge. Cussons twee verse oor rose
  • Ferdi Wheeler. Mars
  • Willem M. Roggeman. Het wit van Roger Raveel

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d