Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
8 September 20108 September 2010

Wanneer dit begin om gedigte te reën …

Woordbuie in die noorde
Woordbuie in die noorde

Diegene wat vertroud is met Wim Wenders se onvergeetlike film Wings of Desire, sal bly wees om te verneem dat dit nie net engele reën oor Berlyn nie, maar ook (soms) gedigte. So lees ek op The Guardian se webblad die vreemde berig van meer as 100,000 boekmerke waarop gedigte van 80 digters in Duits en Chileens gedruk is, wat uit ‘n helikopter oor die stad uitgestort is.

Dié digterlike stortbui, wat blykbaar ‘n halfuur geduur het, het as oogmerk die verkondiging van wêreldwye vrede. Terselfdertyd was dit ook ter viering van Chile se 200 jaar van onafhanklikheid. Volgens die berig is dit reeds die vyfde soortgelyke gedigtereën wat deur die Chileense-kunskollektief Casagrande georganiseer word. Vorige ontvangers van dié stukkies manna was Santiago (2001), Dubrovnik (2002), Gernika (2004) en Warskou (2009).

Waarom juis Berlyn?

Wel, die beriggewer stel dit soos volg: “Organisers say that just as wartime bombings were intended to ‘break the morale’ of the inhabitants of a city, so the poetry bombing ‘builds a new city by giving new meaning to events of her tragic past and therefore presenting the city in a whole new original way’.” En Berlyn is natuurlik hoeka een van die stede wat bykans verwoes is in lugaanvalle … (Lees gerus ook die berig wat Lyrikline, een van die borge vir dié inisiatief, se webtuiste verskyn het.)

Nou ja, toe. ‘n Mens kan dit ook nie verhelp om te wonder hoe die weervoorspelling oor dié buitengewone gebeurtenis sou geklink het nie? Miskien iets soos: “Oor Berlyn sal woordbuie met stormsterk winde in die namiddag voorkom terwyl dit elders in die wêreld mooiweer en stil sal wees …”

Nietemin, vir jou kyk- en luisterplesier kan jy vanoggend gaan luisterkyk na Danie Marais se voorlesing van sy gedig “In Duitsland waar die wolke in gelid marsjeer.” Die gepaardgaande grafika is deur die bekende grafiese kunstenaar Diek Grobler. En, indien jy ‘n meer teksgerigte leser is, kan jy jou hieronder verlekker aan ‘n ongepubliseerde vers van Daniel Hugo.

***

Goeie nuus is dat ons geliefde webmeester darem weer terug is in die Huis van Ester na haar omswerwinge in die noorde. Alhoewel daar dan niks nuuts is om vanoggend aan te kondig nie, sal dié toedrag van sake (hopelik) verbeter namate sy deur haar vrag agterstallige werk begin waad …

Intussen kan jy die tyd gebruik om in te haal op al jou agterstallige leeswerk. 

Mooi bly.

LE

 

Oujaarsaand 2008

 

elk gewapen met sy eie vuurwerk

laat die Berlyners hulle stad ontplof

tienduisende dans en drink verbete

omhul deur die eggo van ‘n oorlog

 

by die Siegessäule tref ‘n vuurpyl

die oorwinningsgodin in haar gesig

die verlede word in ‘n skyngeveg

seëvierend deur die man op straat besleg

 

(c) Daniel Hugo

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Jan Rabie-Rapportprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Herman Binge-filmprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Breyten Breytenbach-prys vir digkuns 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Boekresensent van die Jaar 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport-prys vir niefiksie 2026

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d