Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
4 June 2012

Johann Lodewyk Marais. Twee dolfyngedigte

BOTTELNEUSDOLFYN

Tursiops truncatus

 

Uit die nousluitende seën

val vlieënde visse, krappe

en ‘n verdwaalde snawelvis

terug in die wye oseaan.

 

O, laat ook die dolfyne vry

uit dié nousluitende seën,

laat die skool gelate wegswem

in hulle magiese koevert.

 

Weggeraap uit hulle voortgang

en nou wagtend op die einde,

kop onder die water, snakkend.

sal hul in verdwasing vergaan.

 

* 

 

KENNETH S. NORRIS

Dolphin days:

The life and times of the spinner dolphin

 

Ek laat die blaaie van sy boek

vinnig deur my vingers fladder

en meteens, stroboskopies, spring

‘n dolfyn uit die bloutes op.

 

Nat en glansend draai hy sy kop

en liggaam soos ‘n tolskaatser:

‘n flikkerende warreling

van stertpunte, vinne, blaaie.

 

Dan keer die dolfyn blitsig terug

na die verbeelde waterlyn

en in die man se beskrywing

sien ek ‘n skaduwee verdwyn.

 

 

© Johann Lodewyk Marais, 2012

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

2e gedagtes oor “Johann Lodewyk Marais. Twee dolfyngedigte”

  1. Everline van Dyk says:
    6 June 2012 at 11:45

    Ek hou van die gedigte, maar mis in albei die sagter vloei van dolfynswem, woorde wat golwend sing.

    Reply
  2. Johann de Lange says:
    4 June 2012 at 18:54

    Uitstekende verse, Johann!

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Resensie: “Krap – oop toe om rond uitkrap” (Koos de Wet)
  • Koos de Wet. vóór die smelting
  • Digtersprofiel: Gert Vlok Nel
  • Meyer van Rensburg. Spieëlkamer
  • Margaret Cordier-Biermann. Verlossing

Nuutste kommentaar

  1. Miel Vanstreels on Miel Vanstreels. Voorlopig1 August 2026

    Dankie, Marieta

  2. Conrad on Hans du Plessis. Psalm 121 (Stemgreep)30 July 2026

    Goeie middag ek is n koorleier van die VGK Kerk Kraaifontein en is op soek na die SATB Blad musiek…

  3. Marieta McGrath on Miel Vanstreels. Voorlopig30 July 2026

    Stout gedig! Baie snaaks!

  4. Bernie on Rainer Maria Rilke. Almal wat Jou soek, beproef Jou (vert.)29 July 2026

    Kan die vertaler dalk verduidelik waarom hy hoofletters gebruik in sy vertaling terwyl Rilke kleinletters gebruik.

  5. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Plaagbeheer28 July 2026

    Ja, hoe beheer ‘n mens die plaag waarvan in die slotreël gewag gemaak word …?

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d