Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
4 June 2012

Johann Lodewyk Marais. Twee dolfyngedigte

BOTTELNEUSDOLFYN

Tursiops truncatus

 

Uit die nousluitende seën

val vlieënde visse, krappe

en ‘n verdwaalde snawelvis

terug in die wye oseaan.

 

O, laat ook die dolfyne vry

uit dié nousluitende seën,

laat die skool gelate wegswem

in hulle magiese koevert.

 

Weggeraap uit hulle voortgang

en nou wagtend op die einde,

kop onder die water, snakkend.

sal hul in verdwasing vergaan.

 

* 

 

KENNETH S. NORRIS

Dolphin days:

The life and times of the spinner dolphin

 

Ek laat die blaaie van sy boek

vinnig deur my vingers fladder

en meteens, stroboskopies, spring

‘n dolfyn uit die bloutes op.

 

Nat en glansend draai hy sy kop

en liggaam soos ‘n tolskaatser:

‘n flikkerende warreling

van stertpunte, vinne, blaaie.

 

Dan keer die dolfyn blitsig terug

na die verbeelde waterlyn

en in die man se beskrywing

sien ek ‘n skaduwee verdwyn.

 

 

© Johann Lodewyk Marais, 2012

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

2e gedagtes oor “Johann Lodewyk Marais. Twee dolfyngedigte”

  1. Everline van Dyk says:
    6 June 2012 at 11:45

    Ek hou van die gedigte, maar mis in albei die sagter vloei van dolfynswem, woorde wat golwend sing.

    Reply
  2. Johann de Lange says:
    4 June 2012 at 18:54

    Uitstekende verse, Johann!

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Joan Hambidge. Kerstyd 2024
  • Resensie: “’n Ander wêreld” (Eunice Basson)
  • Anne-Marie Bartie. alpha centauri
  • Anne-Marie Bartie
  • Stephan du Toit. Witgatboom

Nuutste bydraes

  • Peet van Schalkwyk. Camdeboo, Van der Waltshoek
  • Andrea Sieberhagen. Langpad
  • 100 Duitse Bestes: Ingeborg Bachmann (1926-1973)
  • Resensie: “Briewe van heldinne: Ovidius se Heroïdes” vert. deur W.J. Henderson
  • AVBOB Persverklaring

Nuutste kommentaar

  1. Bernard Odendaal on 100 Duitse Bestes: Erich Fried (1921-1988)3 November 2025

    Dankie, Joan.

  2. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Erich Fried (1921-1988)31 October 2025

    Was es ist! Puik vertaal.

  3. Bernard Odendaal on 100 Duitse Bestes: Erich Fried (1921-1988)30 October 2025

    Dankie, Willemien du Preez. Fried skryf verrassend boeiende gedigte vol abstrakte selfstandige naamwoorde - dit waarteen gewoonlik gewaarsku word deur…

  4. Willemien du Preez on 100 Duitse Bestes: Erich Fried (1921-1988)29 October 2025

    Suiwer eenvoud en insig in wat dit is om mens te wees. 'n Skatkis oopgemaak vir Afrikaans.

  5. Yves T'Sjoen on Resensie: “Poëme” deur Wium van Zyl29 October 2025

    Voor de collectie Ernst van Heerden in het Poëziecentrum zal de bundel van Wium van Zyl een aanwinst zijn. Is…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d