Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
1 August 20121 August 2012

Andries Bezuidenhout. ʼn Lug sonder helder wolke

Vir ʼn hele paar jaar was Molenstraat 3 in Trompsburg my tweede adres. Met ʼn oorslaap op die dorp tydens een van die Brixton Moord & Roof Orkes se rare toere Kaap toe het ek gaan stap. Op die dorp se soom, langs die tennisbaan, was ʼn pragtige huis met ʼn gewel uit die 20s, ʼn stoep en ʼn sonkamer op die hoek. Dit was leeg. Te koop. Met elke oorstop op die dorp het ek weer gaan kyk. Die “Te koop” voor die huis het op dun staalstelte bly staan. Dis dié dat ek toe plan maak. In ʼn land soos Suid-Afrika, waar miljoene mense sonder ʼn behoorlike dak oor die kop moet gaan slaap, is dit obseen as iemand twee huise besit. ʼn Paar morele akrobatiese toertjies later het ek dit saam met familielede gekoop. Die huis sou ʼn skryfplek word.

Vir ʼn tyd lank was dit wél die geval. ʼn Slag of wat het ek selfs vir Karel Schoeman in die winkel raakgeloop en hom nie gesteur nie, soos ek weet hy dit sou verkies. My digbundel is in Molenstraat 3 afgerond, asook koerantrubrieke wat op die vloer uitgepak is om een of ander struktuur vir ʼn bundel te vind.

Vir die grootste deel van die jaar het die huis egter leeg gestaan. Twee jaar gelede het ʼn bende besluit om daar in te trek en dit as basis te gebruik om die hele distrik te besteel. Hulle is deur ʼn buurman en die polisie betrap en sit nou in die tronk. Ek kon myself nie weer so ver kry om terug te gaan en daar te skryf nie. Vriende en familie het soms nog oopgesluit, uitgevee en afgestof om te kuier. Bacchus Nel se toergeselskap het byvoorbeeld onlangs daar oorgeslaap. Hulle was egter ook koeriers vir sleutels en ʼn koopkontrak.

Gister het ek vir die eerste keer in meer as twee jaar teruggekeer. Ek het alles in bokse gepak en die trekmaatskappy ingewag. Nie ʼn helder wolk in die lug nie.

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Ronel Nel. Trompsburg se beskuit is die beste

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • René Bohnen. Weerklink
  • AVBOB Persverklaring
  • Joan Hambidge. Cussons twee verse oor rose
  • Ferdi Wheeler. Mars
  • Willem M. Roggeman. Het wit van Roger Raveel

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d