Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
1 August 201227 July 2012

Joan Hambidge. Voete

Voete

 

Vir Andries Gouws

 

 

‘n Voet is soos ‘n spreekwoord,

dit kom ver vandaan:

by geboorte gryp die dokter

‘n kind aan sy voete;

in ‘n lykshuis word ‘n kaart

om ‘n toon gehang:

die laaste uitkenningsparade

vir ‘n speurder in sy saamsnoer

van leidrade op ‘n koue blad.

En ‘n familielid

se treur en taks

oor die uitleg

in ‘n klinkklaar kis.

Voete is eiesinnig

nes hande. Dit verraai alles

van die besitter:

jy kan op beskeie voet wees

of jou beste voetjie aweregs

onder anderman se tafel voetval.

Of dalk onder die pote raak.

Dis kaart en transport,

jy kan dalk op jou voete dink

en dit perdalks dwars sit.

Met hierdie gedig wil die digter

dalk op gelyke voet staan

met die skilder se eiendoms beperk

en net voor die leser voet aan wal sit,

die kunswerk op vrye voet stel:

voetjie-vir-voetjie volg ek in die voetstappe

van jou portrette wat aan die keel gryp.

En ek wonder wié was hierdie mense

wat jy so nougeset en sonderling

voor die somber voetligte bring?

Leef hulle nog?

Hou hulle voet by stuk?

Of is hulle volhardend ónbewus

tot ewige lewe gebring,

op ‘n voetstuk geplaas,

deur ‘n kunstenaar

met geen blad voor die voet?

  

http://andriesgouws.homestead.com/Feet5.html

©  Joan Hambidge, 2012

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Resensie: Om die gedagte van geel (Petra Müller)
Joan Hambidge wen vanjaar se Woordveertjie vir poësie →

2e gedagtes oor “Joan Hambidge. Voete”

  1. Leon Retief says:
    7 August 2012 at 23:41

    Iets besonders Joan, dankie!

    Reply
  2. Willem Jacobs says:
    7 August 2012 at 08:49

    Hierdie is Pragtig Joan!

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Elisma van Zyl. Tydloos
  • Paul Kloppers. hemelrog
  • ND Cronjé. navigasie
  • Digtersprofiel: Vincent Oliphant
  • ND Cronjé. wiskunde

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d