Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
15 September 201215 September 2012

Joan Hambidge wen vanjaar se Woordveertjie vir poësie

Gisteraand is dit tydens die ATKV se glansgeleentheid by Nooitgedacht buite Stellenbosch bekend gemaak dat Joan Hambidge se bundel Visums by verstek met vanjaar se Woordveertjie bekroon is.

Visums by verstek, wat in 2011 by Human & Rousseau verskyn het, bevat nie net reisgedigte uit Hambidge se oeuvre nie, maar  ‘n hele aantal verse wat nuut is of nog nie in bundels verskyn het nie. Ook gee sy in die inleiding van die bundel belangrike sleutels tot die lees en verstaan en waardering van die spesifieke versameling.

Woordveertjiewenner
Woordveertjiewenner

Tydens die onderhoud wat met haar gevoer was ten tye van die bundel se verskyning het Hambidge soos volg op haar bekroonde bundel se ontstaan uitgewy: “Sedert 1979 verken ek vreemde lande. Van die VSA, Suid-Amerika, die Skandinawiese lande, Europa, Rusland, Hongarye, Tsjeggo-Slowakye, Japan, Sjina, die Britse Eilande, Kanada, Indië, Korea, o.a. – en later Afrika: Egipte, Marokko, Zanzibar, Kenia. Reis was nog altyd gekoppel aan die verwerking van ʼn emosionele insident, hetsy die verwerking van die dood van ʼn verhouding of om groter perspektief te kry op myself. Reis is ʼn proses van liminaliteit, dit is ʼn letterlike verskuiwing van grense in jouself. Jy reis na nuwe plekke wat jou verander. Ek is ʼn nuuskierige mens wat gou verveeld raak. ʼn Ongelukkige displaced jeug waar ek altyd buite alles gevoel het, het my lewensuitkyk bepaal. Ek leef nou volgens my wette, ritmes, begeertes – en ek is voortdurend besig om mites aan die kaak te stel. Oor verhoudings, die lewe, die dood – watookal.  Jacques Lacan en Žižek is bepalend tot my siening van die self…”

Hierdie gedagte word eweneens deur Heilna du Plooy ge-eggo met die samevattende slotparagraaf van haar resensie oor die bundel: “Die mens is ‘n reisiger, deur die wêreld, deur sy eie lewe en ook in sy eie psige. ‘n Digter soos Hambidge ondersoek en bedink en deurdink egter al hierdie soorte reise eksplisiet. Haar poging om wat sy sien en beleef op reise te verstaan en te deurgrond, is vervleg met die pogings om die elemente en aspekte van haar bestaan te deurgrond. Hierdie verstaansprosesse en deurgrondingspogings vorm afsonderlik en saam verhale (een groot verhaal met baie verhaallyne?) want die vertel van verhale is die verstaansritueel van die mens.”

Visums by verstek is Joan Hambidge se 22ste poësie-publikasie.

Die ander finaliste wat om die Woordveertjie meegeding het, is: Onversadig (T.T. Cloete) en grond/Santekraam (Ronelda S. Kamfer). Die beoordelaars vir vanjaar se prys was Marius Crous, Karen de Wet en Danie Marais.

As leestoegif volg ‘n gedig uit Joan Hambidge se bundel.

***

Las Vegas, Nevada

 

Hier staan dobbelhuise neffens kerke

hul plek vol en sy ry met ‘n Greyhound,

geleerbaadjie en gerugsak, die Sondestad binne.

Met ‘n achy breaky heart word die woestyn

die perfekte back drop vir ‘n down town-motel,

waar reisigers en hoere, kortsondig vertoef.

Fear and loathing in Las Vegas. Agter haar lê

die Stad van Engele en vóór haar Miami. Nou,

in die oomblik, beleef sy die Mojave-woestyn,

nageboots in restaurante dwarsoor die wêreld,

met kaktus en klip kompleet. Vir haar is dit hel,

hierdie flikkerstad met sy gebedekrale van $-tekens.

La$ Vegas. Lush Vegas. Leaving Las Vegas.

In die Liberace-museum verpand broer George

handtekeninge namens die virtuose vertolker.

‘n Boekwinkel stal Barthes se Mythologies uit.

Saam met die semioloog vertolk sy die xeriscapes,

nabootsings, afbeeldings, flikkerligte: dollar a fuck.

Sy verkas uit Vegas, op pad na Dallas, op soek

na die American Dream, the greening of America:

na dit wat soos ‘n mirage in die woestyn glimmer.

 

(c) Joan Hambidge (Uit: Visums by verstek, 2011: Human & Rousseau)

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Joan Hambidge. Voete
Resensie: Teen die lig (Hennie Aucamp) →

8e gedagtes oor “Joan Hambidge wen vanjaar se Woordveertjie vir poësie”

  1. Francis Galloway says:
    28 September 2012 at 10:52

    Baie geluk Joan. Hierdie mooi bundel gaan nou self weer op ‘n reis. Mag dit talle nuwe medereisigers leesgenot verskaf.

    Reply
  2. Joan Hambidge says:
    19 September 2012 at 10:22

    Dank aan al my mede-digters wat elkeen op hul eie manier my aanspreek en inspireer deur soveel jare. Vir elkeen van julle gaan dit om die wáre digkuns. By elkeen van julle het ek tegnies gaan kers opsteek. Neruda en Cussons het mos geskrywe: daar is geen digters nie, alleen ‘n digkuns. Jammer ek reageer nou eers; is in die Noorde waar ek gepraat het oor NP van Wyk Louw en die kanon by UJ (Die Van Wyk Louw-gedenklesing). Die Gnostiek en hoe Louw “voltooi” word deur Cussons en De Lange via Bloom, Frank Kermode, Melanie Klein en ‘n skeutjie Žižek. Dank ook vir jou sinryke opmerking, Breyten. En jou goeie blogs, Leon Retief! En vir Daan, JdL en Johann Lodewyk. En dank aan al die kollegas, vriende, e-posse, sms’e, blomme, ruikers en sjampanje. Inmiddels dra ek die veertjie in my tiara.

    Reply
  3. Buiteblaf Breytenbach says:
    19 September 2012 at 07:47

    En mag hierdie veertjie bevestig dat dit, sonder bohaai, veel meer weeg as die emmers afval wat so kwistig vir soetkoek verkoop word, ook elders op hierdie werf. Geluk, Joan!

    Reply
  4. Daniel Hugo says:
    19 September 2012 at 04:14

    Welverdiend en hoog tyd!

    Reply
  5. Johann Lodewyk Marais says:
    18 September 2012 at 20:39

    Ek stem saam, Johann.

    Reply
  6. Johann de Lange says:
    17 September 2012 at 17:53

    Joan, hierdie erkenning is iets wat lánkal reeds moes gebeur het. Ek deel in jou vreugde.

    Reply
  7. Johann Lodewyk Marais says:
    17 September 2012 at 16:06

    Joan Hambidge ontvang erkenning vir ‘n uitsonderlike bundel. Hartlik geluk!

    Reply
  8. Leon Retief says:
    15 September 2012 at 19:24

    Veels geluk Joan, jy verdien dit!

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Elisma van Zyl. Tydloos
  • Paul Kloppers. hemelrog
  • ND Cronjé. navigasie
  • Digtersprofiel: Vincent Oliphant
  • ND Cronjé. wiskunde

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d