Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
15 August 201216 August 2012

Hannalie Taute. “Ouderdom het klein spinnekoppies gemaak.”

Eergister ontvang ek ʼn oproep van my peetmoeder.  Sy sê dat 35 jaar gelede het my moeder verskriklik gesukkel om aan my geboorte te skenk.  Ek is gebore vanuit ʼn see van groen vrugwater.  Daar word beweer dat ek benoud geraak het en my maag binne die baarmoeder begin werk het, daarvandaan die ‘groen’ skakering.

“Ouderdom het klein spinnekoppies gemaak.”  Dit is wat my seuntjie op vier jarige ouderdom kwyt raak terwyl ons gesels oor verjaarsdae en ouderdom.  Dit was vir my so treffend. Ek het dit dadelik in my dagboek neergepen.  Ons grawe baie in die tuin opsoek na goggas en ek weet hy  het  ʼn voorliefde vir spinnekoppe, maar tog het ek geen benul van die wisselwerking tussen woord en idee van ʼn vier jarige.

Ek self is gefassineerd deur spinnekoppe.  Hoe hul alles wat belangrik is toespin.

foto deur Stephan Erasmus
foto deur Stephan Erasmus

Ter viering van my benoude begin 35 jaar gelede, ontvang ek as geskenk die volgende gedig deur  Sjaka S. Septembir (van Porselynnkas faam):

“tyd het lankal verby die krakerige ou deur van middernag gekantel
ek streel oor die landkaart, oor growwe stowwerige Afrika
probeer voel waar jou lyf is, soos ‘n blinde profeet
dronk op my eie verbeelding
wikkel ek om die kaart, draai dan weg en lag
breek om my stukke nag oop en tap brousels
uit eeue wat al vergeet is in my beker
want ek het jou gevind
toegespin in rooi drome
jou lyf opgekrul onder sterre
ek saluheer jou van ver
my skadu groet jou wêreld vir ‘n wyle
klim in jou lyf asof dit ‘n boomhuis is
en lê my kop neer in die holte van jou naeltjie
sodat ek binne jou, die rouvleis genot, van veilige drome
kan proe”

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

Hannalie Taute. In gesprek met Sjaka S. Septembir →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Elisma van Zyl. Tydloos
  • Paul Kloppers. hemelrog
  • ND Cronjé. navigasie
  • Digtersprofiel: Vincent Oliphant
  • ND Cronjé. wiskunde

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d