Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
16 April 201316 April 2013

Hannalie Taute. In gesprek met Sjaka S. Septembir

gesigverf vir speelse projek: Facepaint Fridays on Facebook

 

(in gesprek met Hannalie en haar rooi/blou diagonalestreep masker)

 

vasbeslote gedagtes sit diep in die kristal van jou oë

waar lewe

beweeg

 

wynrooi en ligblou braaksel-lyne

oor die voordeur van jou gesig

waar kinders geheues los torring

in die saamheg van wang, na neus,

na oogbank

tot die gelaat saam in een familie geheg is

 

binne haar het die nuwe vlamwater gesig

‘n wilde ding losgeruk

‘n nuwe volkslied

wat uit haar begin vuur spu

 

die plekke in haar lyf

van glas, het versplinter en gesmelt

na beweeglike krete

die man met die bok-oë

het in haar geslag begin koffie drink

 

gemasker, met moed se kitaar styf gebloudraad

het sy haar nuwe krygerswysie

na die winkelsentrum begelei

daar gestop met haar gedagtes vry geruk van alle kruise

 

toe skep sy weer asem

lê haar terugblik in die spieël, op haar tong

besef weer wie sy is en

lek haarself skoon

 

oor haar skouer bly die lyne wink

bly nuwe wêrelde haar wese weg van hieraf bind

na waarhede

wat sy eendag volkome sal vind

 

(deels ontlont deur Breytenbach se ‘reispapier’ #5, bl 74, Die Windvanger)

 

 

*foto: self

*teks: Sjaka S. Septembir

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Hannalie Taute. “Ouderdom het klein spinnekoppies gemaak.”
Gisela Ullyatt. Facebook en Die Groot Poësiebrander. (Deel 1) →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d