Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
16 August 2012

Chris Lombard sterf na kort siekbed

Dit is met spyt dat ons verneem het van die onlangse afsterwe van Chris Lombard. Chris Johannes Lombard is op 21 Januarie 1929 op Heidelberg in die Wes-Kaap gebore en het in sy leeftyd drie digbundels gepubliseer, te wete Tussen die malgasse op die kaai, wat in 1992 op die kortlys was vir die CNA-debuutprys, Millenium (1995) en Driemaster (2004).

Oor Driemaster het Joan Hambidge geskryf dat Lombard die lot van die enkeling en alleenreisiger ondersoek: “Dit is verse oor verlange, verworpenheid, die gevoel dat die lewe ‘n soort ‘verspeelde lente’ is, sonder kinders en die geborgenheid van die gesin. Maar dit is juis die krag van die digterlike blik: dat hierdie buitetoestand tot digterlike winste aanleiding gee.”

Die digter is verlede week in die ouderdom van 83 na ‘n kort siekte oorlede.

Ons hoop om binnekort ‘n huldeblyk oor Chris Lombard te kan publiseer. Intussen kan Chris se skrywersalmbum by LitNet gelees word.

Hieronder volg een van sy verse wat eweneens op LitNet gevind kan word:

*** 

DIEREBESKERMING

Tydens en na die Oscar Wilde-gekamp
het sprake van dié seksoriëntasie
mense se woorde op hulle lippe
van voorgegewe skok laat verdamp.

Mans het histeries ontken en gefladder;
selfs oudskoliere van Harrow en Eton
het sonder om te blik of te bloos getuig
hulle wis nie onder die adel van so ‘n adder.

Mev. Patrick Campbell was ongeïnhibeer.
“My dear, I don’t care what people do
as long as they don’t do it in the street
and frighten the horses,” kon sy konstateer.

(c) Chris Lombard

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Vlerke vir my houteend
Huldeblyk: Chris Lombard (1929 – 2012) →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • René Bohnen. Weerklink
  • AVBOB Persverklaring
  • Joan Hambidge. Cussons twee verse oor rose
  • Ferdi Wheeler. Mars
  • Willem M. Roggeman. Het wit van Roger Raveel

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d