Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
10 November 2012

Johann Lodewyk Marais ontvang SALA-toekenning vir “Diorama”

 

Saterdagaand is die ontvangers van vanjaar se SALA-toekennings tydens die Africa Century International African Writers Conference in Bloemfontein bekendgemaak. In die kategorie vir Afrikaanse digkuns is Johann Lodewyk Marais (foto) as wenner aangewys vir sy bundel Diorama wat verlede jaar verskyn het. Ander benoemdes in dié kategorie was Johann de Lange (Weerlig van die ongeloof) en Marlise Joubert (Splintervlerk). Al drie bundels is deur Protea Boekhuis uitgegee.

Volgens die lofrede, die volgende:

“Diorama bevat van die mees deurdagte gedigte oor die natuur en die mens se verhouding met die natuur wat die afgelope jare in Afrikaans verskyn het. Die bundel is goed gebalanseer deurdat dit op verskillende wyses, in verskillende afdelings en deur middel van ‘n groot verskeidenheid digterlike vorme die leser uitdaag om betrokke te raak en verantwoordelikheid te neem vir verskeie vraagstukke met betrekking tot natuurbewaring en die natuurlike lewe in Suid-Afrika en die res van Afrika.

Deur klemlegging op individue wat op een of ander wyse by natuurbewaring betrokke was, soos Thomas Baines (die skilder wat kolonialisme deur sy skilderye uitgebeeld het), Jan Smuts (‘n kenner van grassoorte en skrywer van Holism and Evolution), Richard Leaky (bekend om sy paleontologiese studies in Kenia) en Jane Goodall (gorilla-kenner), word die sterk verhaalmatige aard van die bundel gesuggereer.

Diorama
Diorama

Die bundel word gekenmerk deur sterk progressie, soos deur verskeie resensente aangetoon word. Die eerste afdeling van die bundel bevat gedigte oor die oorsprong van die mens, daarna kom onderskeidelik die diereryk, die voël- en insekteryk en die planteryk onder die vergrootglas (in gedigte wat volgens een resensent met fabels vergelyk kan word) waardeur die evolusieproses en die eenheid van alle lewende vorme op aarde gesuggereer word. Die slotafdelings handel oor die mens as vernietiger van sowel sy eie spesie as die ander spesies op aarde. Sodoende kom daar ‘n holistiese beeld van die lewe op aarde te voorskyn wat ‘n beduidende bydrae lewer ten opsigte van sogenaamde “groen” argumente wat tans oral ter wêreld veld wen. Die mens se verantwoordelikheid as beskemer van alles spesies word sterk gesuggereer.

Literêr gesproke is die bundel van hoogstaande gehalte. Marais word dikwels gekritiseer vir sy kort gedigte wat volgens resensente dikwels eenselwig voorkom. Volgens die insigte van die beoordelaars kan die kort gedigte in afdelings II tot IV egter gesien word as ‘n soort poëtiese skryfievertoning van spesies waarin die aard van elke lewende wese in ‘n kort gedig vasgevang word soos in ‘n foto. Die gedigte in ander afdelings is oor die algemeen goed deurdag en deur middel van interessante en stimulerende intertekstuele verwysings word ‘n groot aantal onderwerpe en ‘n wye verskeidenheid wetenskaplike navorsingsterreine betrek wat deel uitmaak van ‘n diggeweefde verhalende bundel – tematiek wat mense oor grense van ras, klas, kleur en nasionaliteit saambind in hulle gemeenskaplike menslike opdrag van bewaring en verantwoordelike omgang met die aarde en wat daarop lewe.”

Wat ‘n prestasie! Van harte geluk, Johann …

As leestoegif volg een van die gedigte uit die bekroonde bundel:

***

 

Rietduiker

Phalacrocorax africanus

 

Hy het uit die kabbelende water

geglip

en op ‘n seepgladde klip

langs die rivier tussen die mopanies

gewip

e n  h o m  m e t  u i t g e s p r e i d e  v l e r k e

in die wit son

droog gedrup en gedrup.

 

© Johann Lodewyk Marais (Uit: Diorama, 2011: Protea Boekhuis)

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← South African Literary Awards (SALA). Doelstellings en prosedure
Johann Lodewyk Marais. Hond →

13e gedagtes oor “Johann Lodewyk Marais ontvang SALA-toekenning vir “Diorama””

  1. Johann Lodewyk Marais says:
    12 November 2012 at 19:58

    Ek waardeer julle meelewing. Skryf is in die algemeen ‘n baie eensame ambag.

    Reply
  2. Buiteblaf Breytenbach says:
    12 November 2012 at 10:31

    Veels geluk, Johann Lodewyk!

    Breyten Breytenbach

    Reply
  3. Zandra Bezuidenhout says:
    12 November 2012 at 10:29

    So ja, Johann! Wel gedaan.
    Zandra Bezuidenhout

    Reply
  4. Marlise says:
    12 November 2012 at 07:44

    Johann, baie geluk weereens met hierdie prys – jy verdien dit! Diorama is ‘n pragtige bundel. Ek is bly ek kon hierdie geleentheid met jou deel (al was die wit wyn nie koud nie) en daardie oomblik van ontvangs ervaar. Jou toespraak daarna het die Afrika gehoor aangeraak!

    Reply
  5. cas vos says:
    12 November 2012 at 05:38

    Johann, baie geluk! Dis ‘n uitstekende bundel.

    Reply
  6. Johann Lodewyk Marais says:
    11 November 2012 at 22:41

    Baie dankie, vriende en kollegas. Die prys laat my deel voel van die gemeenskap van Afrikaskrywers. Geluk ook aan onder andere Ingrid de Kok wat die Engelstalige toekenning ontvang het.

    Reply
  7. Francis says:
    11 November 2012 at 18:11

    Baie geluk Johann. Jy verdien die erkenning vir jou werk. Francis

    Reply
  8. Leon Retief says:
    11 November 2012 at 13:44

    Veels geluk Johann!

    Reply
  9. Johann de Lange says:
    11 November 2012 at 08:39

    My geld was op jou. Na ek Diorama resenseer het vir Litnet was daar min twyfel. Baie geluk, ‘& geniet die meevallertjie.

    Reply
  10. Daniel Hugo says:
    11 November 2012 at 05:23

    Baie geluk, Johann!

    Reply
  11. Joan Hambidge says:
    11 November 2012 at 05:22

    Baie geluk, Johann Lodewyk!

    Reply
  12. De Waal Venter says:
    11 November 2012 at 04:53

    Veels geluk, Johann! Jou verse is ‘n waardevolle verwysingsveld ten opsigte van ons Suid-Afrikaanse ekologie, en ter selfder tyd ‘n verryking van ons digkuns.

    Reply
  13. Hendraak says:
    10 November 2012 at 21:17

    RT @versindaba: Johann Lodewyk Marais ontvang SALA-toekenning vir “Diorama”:   Saterdagaand is die ontvangers van vanjaar se SA… http …

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies
  • Carla Botha. Lesse in Wêreldreise
  • Stephan du Toit. Moed

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. Eerste sneeu
  • johan swanepoel. tafel vir een
  • Resensie: Steierwerk  deur Johan Myburgh
  • AVBOB Persverklaring
  • Wat lees jy? Living the ultimate carnivore lifestyle (Hendrik Marais)

Nuutste kommentaar

  1. Joan Hambidge on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Borges11 August 2026

    Dank. Albei is wonderbaarlike digters. Ek lees nou weer die hele Cussons en hoe sy Neruda en Borges vir ons…

  2. Mirinda on Krige Visser. lykskou10 August 2026

    Iets wat mens nooit sal vergeet nie....veral wanneer so jonk en sensitief...en die reuke sal mens altyd bybly...

  3. Eugene Vorster on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Borges10 August 2026

    Beste Professor Hambidge, baie dankie vir hierdie boeiende artikel. Dit inspireer ‘n mens om verder oor Borges & Cussons te…

  4. Dr PS Swathe on Resensie: “Krap – oop toe om rond uitkrap” (Koos de Wet)6 August 2026

    Naledi, wat het hier gebeur ??

  5. Hester Steenkamp on Digtersprofiel: Melt Myburgh3 August 2026

    Oewerbestaan is een van my kosbaarste besittings. Die bundel lê my baie na aan die hart.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d