Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
24 April 2013

Johann Lodewyk Marais. Hond

Hond

Canis lupus familiaris

 

Die hond poseer teen die blou, blou hemel

en die haelwit wolke wat hom omraam,

maar wat kan ék uit hierdie beelde haal?

 

Die hond staan fier op sy hoë pote

op die uitgestrekte Karoolandskap

asof hy hom uit ydelheid laat kiek.

 

Dit lýk so met die eerste oogopslag,

maar dan val die gespitste ore op

en die krom agter- en reguit voorpote.

 

Die hond is skaars in beheer, word gelei

deur sy natuur en word so die voorwerp

vir dié wat oor hom heers: hom wil teiken.

 

Hy is die som vir alle antwoorde

en in die stip van sy peilende oë

sien ek huiwering en vergetelheid.

 

Alles om hom bly dié uur dieselfde,

bly wag asof ’n skoot nou sal afgaan,

maar vir eers word dooierus geneem.

 

             Na ’n foto van Daniel Naudé

 

© Johann Lodewyk Marais – 2013

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Johann Lodewyk Marais ontvang SALA-toekenning vir “Diorama”
Onderhoud met Johann Lodewyk Marais →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Anne-Marie Bartie. kapitulasie

Nuutste bydraes

  • AVBOB Persverklaring: Wenners van AVBOB Poësiekompetisie
  • Joan Hambidge. Sheila Cussons
  • Koos de Wet. Pollenys
  • Erwin Rode. Die opvaart van die afvalliges
  • Betani Wiese. Tuin

Nuutste kommentaar

  1. Johan Anker on Joan Hambidge. Sheila Cussons2 October 2026

    Baie dankie vir hierdie bespreking! Ek is self n groot bewonderaar van Cussons en het elke Pinkstertyd haar gedigte met…

  2. Joan Hambidge on Resensie: Vers & Kapittel III (Daniel Hugo)28 September 2026

    Dewald, dankie vir hierdie argivering. Die buitengewone kennis van die digter en literator is verbysterend.

  3. Helené Coetzee on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)27 September 2026

    Wat 'n aangrypende boek!

  4. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  5. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d